Tuesday, August 16, 2016

Roelof Botes (68) sterf na sy maag oopgesny is

Man sterf na sy maag tydens roof oopgesny is
Huldeblyke stroom in op sosiale media nadat ’n man van Vanderbijlpark, wat tydens ’n rooftog met ’n skerp voorwerp gesteek is, dood aangetref is.
Drie vermeende rowers het Roelof Botes (68) Vrydag omstreeks 20:00 in die agterplaas van sy huis in Bonanne oorval en sy maag oopgesny.
Sy vrou (50) en hul kleinkind was in die huis. Sy het nie gesien wat buite gebeur het nie.
Volgens sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die huis binnegegaan. Hulle het die vrou en haar kleinkind vasgebind en aangerand en die aandete wat reeds voorberei was, opgeëet.
Makhale sê Botes het verskeie steekwonde gehad.
“ ’n Skerp voorwerp is gebruik om hom te steek. Hy is in sy maag, bors en skouer gewond,” sê Makhale.
Die verdagtes het met die gesin se motor en huishoudelike items van die toneel gevlug.
Die polisie wou nie onmiddellik die slagoffers se name bekend maak nie. ’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-sterf-na-sy-maag-tydens-rooftog-oopsny-is-20160816