Saturday, October 28, 2017

Swart Maandag Byeenkomste in protes teen Plaasmoorde.


BETHLEHEM

Middag Almal
Op Maandag, 30 Oktober 2017 sê ons NEE @ Plaasmoorde in Bethlehem - Oos-Vrystaat!


Plek: Raubex Konstruksie Perseel op die Lindley pad.

Tyd: 10h00 & weer om 14h30

Tema: @ Plaasmoorde



Albei sessies sal deur 'n predikant gelei word.
Ons vra dat u die vlg doen;

 - ons petisie teken

- jy 1 van die 2 sessies of sommer albei bywoon.

- ons sal plakkate verskaf, maar as jy jou eie het, bring asb saam.

- bring ook 'n waterbottle saam, dit word warm.

 Dié 2 sessies word wettig gehou.

 Ons vra dat u met u motor, bakkie of trekker opdaag.

 Ons sal reël dat die Media teenwoordig is!

 Versprei asb na al u groepe toe!

 Kom ons sê ALMAL saam dat genoeg nou genoeg is!! Vat aan ons Boere en jy vat aan Ons!!

 Kontak my as jy 'n petisielys wil bekom om by jou werkplek te laat teken asb!



Isoldé


BLOEMFONTEIN

Motoroptog teen #plaasmoorde Maandag in #Bloemfontein

09:10 (GMT+2) Sat, 28 Oct 2017
Bloemfontein - Die Mangaung-Metro-Munisipaliteit het toestemming verleen aan Boere In Nood vir 'n motoroptog teen plaasmoorde, Maandag in Bloemfontein.

Organiseerder Frikkie van der Walt verduidelik die optog sal om seweuur die oggend oorkant die vulstasie by Windmill op die Jagersfonteinpad bymekaarkom.

 “Ons sal agtuur open met gebed en daarna vertrek met polisie op die N1-Noord waar ons by Langenhovenpark se afrit ’n u-draai oor die brug sal maak en weer op die N1-Suid na die casino se afrit sal gaan en die roete so paar keer herhaal.”

Van der Walt meld verder dat geen voetgangers toegelaat word nie so almal moet in of agter op voertuie wees.

 “Almal dra Maandag swart, en die wat kan, maak baniere en dra wit kruise,” versoek Van der Walt.

 Hy sê verder 'n memorandum sal ook aan die polisie oorhandig word.
Vroeër het die Wes-Kaapse plaasvooman, Chris Loubser, in ’n hartroerende video mense gevra om Maandag swart te dra om hul meegevoel met slagoffers en hul teenkanting teen plaasaanvalle te wys.



OFM-Nuus

https://www.ofm.co.za/article/local-news/252519/motoroptog-teen-plaasmoorde-maandag-in-bloemfontein

----------

Goeie middag almal

Die optog is goedgekeur en ons het die toestemmings brief ontvang.

Die byeenkoms.

Almal kom bymekaar vanaf 7 uur maandag oggend oorkant die garage by windmill casino,  ons sal 8 uur open met ñ gebed en daarna vertrek met poliesie se eskort, ons gaan die N1 vat na jhb waar ons by LHP se afrit ñ u draai oor die brug sal maak en weer die N1 terug CA se kant toe sal vat tot by die casino se afrit en sal die roete so paar keer herhaal, ons sal dan gaan tot by die bymekaar kom punt en sal daar die memorandum aan die poliesie oorhandig rondom 11 uur, na die oorhandiging sal daar weer met gebed afgesluit word. Daarna sal almal tyd he tot en met 1 uur om te verdaag vanaf die perseel.

Optog reëls.

Ons mag slegs die linker baan van die N1 gebruik en alle afritte sal vir ons geblokkeer word deur die poliesie.

Ons mag geen wapens of  enige voorwerpe wat iemand kan seer maak by ons dra die dag nie.

Daar is geen voetgangers toegelaat so almal moet in of agter op voertuie wees dis hoekom ons vra dat almal wat deel neem oorkant die garage bymekaar kom saam die poliesie.

Ons vra ook dat niemand gedurende die optog alkol sal gebruik nie asb.

 Almal dra asb maandag swart, die wat kan maak asb banniere vir stop plaas moorde en dra wit kruise.

Samewerking is noodsaaklik vir maksimum impak en ons versoek almal om asb maandag die karre optog te ondersteun.

Groete

Frikkie Van Der Walt



Help asseblief boodskap versprei!





Kanonkop Wine Estate

R44, Between Paarl And, 7607 Stellenbosch, Western Cape
Die Boere in Suid-Afrika sê GENOEG IS GENOEG. Ek sê, ons sluit die R44 en N1 op Maandag 30 Oktober vanaf 06:00 in herinnering aan ons Boere wat alreeds deur misdaad in ons land omgekom het.
Sonder Boere sal ons Landbou ekonomie in duie stort. Elke Suid-Afrikaner kan opstaan en DANKIE sê vir n boer wat sorg dat ons kos op die tafel het en dat ons nie lewe in bankkrotskap nie.
Staan op en SKREE GENOEG IS GENOEG. DIE REGERING SÁL LUISTER.

BRING:
Jou pa se GROOTSTE plaasbakkie/trekker/stroper.
Bring jou Polo met jou John Deere sticker.
Vir eendag in jou lewe, staan saam.

Posters, vlae enige iets wat sê Genoeg Is Genoeg


MOSSELBAAI

MOSSELBAAI en Distrikte;
Goeie naand almal. Nadat Dit met die CSF Bestuur bespreek is,  plaas ek hierdie op die groep, sodat Ons as hartenbos heuwels CSF ook met die ander buurtwag groepe op die dorp kan ondersteun.

Hierdie boodskap is by al die Sektor 2 lede / groepe versprei nadat Dit met die voorsitters bespreek is.
Met betrekking tot die toenemende moorde op boere, dirpsmense  in die land is daar besluit om as Boere en Ondersteuners van Boere en dorpsmense wat uitgemoor word, eerskomende Maandag 30 Oktober n optog deur Mosselbaai te hou en n memorandum aan die Burgemeester en SAP te oorhandig.

Die plan is dat ons almal wat kan bywoon om 11:00 vm soveel as moontlik Boere en Plaaswerkers dorpsmense bymekaar kom by die oop stuk grond suid van die Engen garage op Hartenbos, Tussen Hartenbos skool en die Louis  Fourie Pad)
Indien moontlik kom met Trekkers,Bakkies en Lorries en Trokke, karre ens.

Dra swart as julle so gelei voel.
Vandaar sal ons dan n optog deur Mosselbaai hou en verdaag.

Stuur hierdie boodskap aan alle boere en vriende vir wie dit saak maak, van en ondersteuners aan die Landbou.

Dit kan dalk 'n tydjie neem, so laat ons nie haastig wees nie.

Geduld Gaan aan die orde van die dag wees.

Die Verkeers dept is betrokke en Gaan help met die beheer van Verkeer en vloei van die optog.

Ondersteun asb.



Baie Dankie.

Philip.

OUDSHOORN

Boodskap vanaf Herman Mathee, Oudtshoorn/Calitzdorp boer

Goeie more ek is n trots boer wat ok nou al gatvol is om te hoor hoe ons boere uit gemoor raak ek stel voor dat al ons boere met hul trekers Odn tot stilstand bring Maandag midag 12 uur so kan dit nie aan gaan nie ek wil ok he dat my 2 seuns eendag die boerdery kan oor vat en boer so ek soek boere wat murg in hulle pype het en wat boere bloed in hule are het om my te help en te onder steun om so ding te reel vir Maandag jule hoef nie worry nie ek sal voor ry ek kom sommer meu my 8 wiel treker en met nog 2 ander ek is beruit om 40 km te ry met hulle tot op Odn net om my Mede boere te ondersteun so dit het tyd geraak dat ons boere wys wat in ons steek my pa het nie bang kinders groot gemaak nie so dink ek het julle pa hule ok nie ek verwag dat die boere hier my help want hoe is jou hart dan as jy nie wil iets probeer nie al help dit nie veel nie kan ons se ons het iets geprobeer ek is trots n boer te wees km ons staan saam en wys dat jule ok trots is om n boer te wees ek is nie bang nie ek sal voor ry ma as ek terug kyk wil ek trots voel oor ons se boere kom mane wys wat in ons boere steek ons almal trek swaar in die droogte ons kan nie nog toe laat dat mense ons uit moor nie iemand moet net dit help reel leke dag vir almal

🚜🚜🚜🚜🚜🚜

Goeie more ek is n trots boer wat ok nou al gatvol is om te hoor hoe ons boere uit gemoor raak ek stel voor dat al ons boere met hul trekers Odn tot stilstand bring Maandag midag 12 uur so kan dit nie aan gaan nie ek wil ok he dat my 2 seuns eendag die boerdery kan oor vat en boer so ek soek boere wat murg in hulle pype het en wat boere bloed in hule are het om my te help en te onder steun om so ding te reel vir Maandag jule hoef nie worry nie ek sal voor ry ek kom sommer meu my 8 wiel treker en met nog 2 ander ek is beruit om 40 km te ry met hulle tot op Odn net om my Mede boere te ondersteun so dit het tyd geraak dat ons boere wys wat in ons steek my pa het nie bang kinders groot gemaak nie so dink ek het julle pa hule ok nie ek verwag dat die boere hier my help want hoe is jou hart dan as jy nie wil iets probeer nie al help dit nie veel nie kan ons se ons het iets geprobeer ek is trots n boer te wees km ons staan saam en wys dat jule ok trots is om n boer te wees ek is nie bang nie ek sal voor ry ma as ek terug kyk wil ek trots voel oor ons se boere kom mane wys wat in ons boere steek ons almal trek swaar in die droogte ons kan nie nog toe laat dat mense ons uit moor nie iemand moet net dit help reel leke dag vir almal



Stuur asb aan almal wat jy ken

PRETORIA 


 RICHARDSBAAI


VEREENIGING

STUUR AAN SOOS ONTVANG ASB NA AL U KONTAKTE?

Daar is baie stories en videos ivm Maandag 30 Oktober 2017, maar dit gaan ons nie stop nie!
ONS IS N PAAR BOERE WAT GEPRAAT HET, EN ONS IS GATVOL!
Gatvol dat ons altyd die rasiste is!
Gatvol dat daar so baie misdade teen ons blankes gepleeg word, en daar niks daaraan gedoen word nie!
Gatvol vir die moorde en aanvalle op ons in ons dorp, op ons kleinhoewes en op ons plase!
Gatvol dat so baie onskuldige lewens geneem word!
Gatvol om net stil tesit en pakslae te kry!

JA ONS BLANKE VOLK IS GATVOL, GATVOL EN GATVOL!

Nou gaan ons begin opstaan vir ons volk, ons boere en ons kinders se voort bestaan in hierdie land!
Op Maandag oggend 30 Oktober 2017 gaan ons om 5h00 by Checkers Arconpark in Vereeniging by mekaar kom, waarna ons om 5h15 na die R59 snelweg sal beweeg en die snelweg na alle kante sal sluit!

Ons sal daarop aandring dat die burgermeester ons moet kom besoek, waarna ons n boek teen plaas moorde en aanslae teen ons blankes, met ons hantekeninge van almal daar, aan hom sal oorhandig wat hy dan aan die parliment sal moet oorhandig!

Ons nooi al die boere, besighede en die publiek om hande tevat en saam ons te kom staan!

Staan asb hierdie tyd af en kom ons maak n verskil?

Bring u "banner", trekter, trok, bakkie, motor, motorfiets of selfs u perd en kom ons wys dat ons nie gaan toelaat dat ander ons blankes sal onder kry nie, en dat ons nou gatvol is dat hulle probeer om dit reg te kry!
Hierdie aksie sal op n beskaafde blanke manier, sonder enige geweld gedoen word en ons sal deur alles tot stilstand te bring bewys dat ons gatvol is en dat genoeg nou genoeg is!

Ons gaan nie verder toelaat dat ons vertrap word en gemoor word en alles dan net dood gepraat word en onder die tafel in gevee word en daar niks daaraan gedoen word nie!
ASB KOM STAAN SAAM ONS, EN HELP ONS OM GEHOOR TE WORD?

SHARE ASB HIERDIE BOODSKAP MET AL U KONTAKTE SODAT DIT SOOS N VELDBRAND KAN VERSPREI?
ONS HOOP VERTROU EN BID DAT ONS U MAANDAG OGGEND SAL SIEN!

BAIE DANKIE.










Wednesday, August 30, 2017

Vryheid as omvattende begrip.



Vryheid as omvattende begrip

Vryheid is ‘n uiters omvattende begrip. Dit word dikwels slegs as indiwiduele vryheid geïnterpreteer, my reg om my ding te doen sonder inmenging van die owerheid of ander persone. Sonder twyfel is die bevoegdheid om belangrike self te neem, ‘n belangrike aspek van vryheid, maar wie dit as die somtotaal daarvan sien, verskraal die begrip aansienlik.

Verskeie sake wat die afgelope tyd in die nuus was, bevestig die belang van “vryheid om te”, nie net “vryheid van” nie. Die staatskas word uit verskillende oorde onder druk geplaas, grotendeels as gevolg van swak besluitneming. Die grootste eis in die land se regsgeskiedenis, die negentig miljard rand eis teen Transnet se pensioenfonds, is onlangs deur die Vryheidsfront Plus aanhangig gemaak. Dit spruit uit skadelike besluitneming in die bedelings voor en na 1994. Die miljardêr, Mark Shuttleworth, eis ‘n terugbetaling van tweehonderd en vyftig miljoen rand, omdat die staat se valutabeheer maatreëls volgens hom ongrondwetlik is. As die eis slaag, is dit ‘n ope vraag hoe groot die vloedgolf van verwante eise sal wees. Die snelweë, wat volgens beplanning uit e-tolgelde betaal sou word, het ongeveer negentig miljard rand gekos. Dit is grootliks uit die staat se pensioenfonds gefinansier. Op hierdie stadium loop die verlies op, namate tyd verbytik sonder dat daar inkomste is.
Dié drie groot uitgawes staan op ‘n grondslag van ‘n staatsdiens wat reeds deur korrupsie en onbekwaamheid uitgehol is. Wat van die staatshuishouding sal oorbly as die drie “tydbomme” ontplof, is moeilik om te voorspel. Niemand in Suid-Afrika sal die gevolge daarvan vryspring nie.
Soms is Afrikaners spesifieke teikens. Regeringspropaganda en skoolleerplanne hou Afrikaners voor as die oorsaak van swartmense se armoede. Daarvolgens is wetgewing oor grondbesit, arbeid en onderwys spesifiek met dié doel ontwerp, sonder wysing na toestande in Afrika-lande waar Afrikaners afwesig was. Pleks dat suksesvolle skole en kommersiële boerderye as platforms vir toenemende bemagtiging van alle Suid-Afrikaners hanteer word, word dit as oorblyfsels van onreg beskou. Hoewel dit moeilik is om bo twyfel te bewys, is dit ook moeilik om ‘n verband tussen hierdie voorstellings en die oormatig geweld in misdaad te ontken. Grondhervorming word op kommersiële landbou gemik, ‘n terrein waar Afrikaners oorheers.

Die dilemma is dat Afrikaners hierdie sake kan raaksien, vertoë rig, poog om onmisbaar te wees, poog om goeie gesindheid te wek deur die regering in alle opsigte ter wille te wees, maar tog nie (menslik gesproke) hulle lot in eie hande hou nie. Afrikaners se welsyn is van ‘n volksvreemde regering en bevolkingsmassa se gesindheid afhanklik.

Vryheid is om finansiële besluite, ook op sentrale regeringsvlak, te kan neem en die gevolge te dra. Dit is om, indiwidueel en gesamentlik, hard te werk of slap te lê, en die gevolge te dra. Dit is om die verlede krities en waarderend te ondersoek, sonder om vooraf skuldig bevind te word. Dit is om ander in hulle strewes by te staan, omdat jou eie erken word.


Vryheid is ‘n omvattende begrip, iets waaroor Afrikaners nie beskik nie.

Geskryf deur Dr Wynand Boshoff (rondom 2013).

Versoek vir oomblik van stilte vir vermoorde Limpopo-egpaar met bespotting en gelag begroet

2017-08-29

Marcelle Maritz
Slegs die VF Plus het ʼn versoek vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar gedurende ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane / Potgietersrus) gerig en is uitgejou, het Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, Dinsdag gesê.
Maritz het die versoek gedurende ʼn gewone vergadering van die munisipale raad gerig na ʼn oomblik van stilte vir dr. Thla Thla toegestaan is.
“Piet en Tilla van Zyl, ʼn bekende renosterboer en sy vrou en bekendes in die gemeenskap is op 20 Augustus op hul plaas in die Immerpan-distrik vermoor.
“Die reaksie van die ander politieke partye het my tot in my diepste wese geskok. Die EFF-raadslede het my uitgejou en van die ander raadslede het selfs gelag. Daar is so ʼn groot bohaai opgeskop omdat ek vir ʼn oomblik van stilte vir slagoffers van ʼn grusame moord gevra het, dat ek die menslikheid van sommige van die raadslede betwyfel,” het Maritz gesê.
“Geen ander party het my versoek ondersteun nie.
“Die VF Plus veroordeel grusame aanvalle op ons land se boere en hul werkers ten sterkste.
“Ons veroordeel ook ander politieke partye se argelose houding jeens hierdie geweldige probleem wat elke landsburger hetsy direk of indirek raak.
“Ons is veronderstel om ʼn voorbeeld stel, daarom is die optrede deur die Mogalkwena-raadslede skokkend en uiters kommerwekkend, het Maritz gesê.

Kontaknommer: 078 617 8682
http://www.vfplus.org.za/media-releases/versoek-vir-oomblik-van-stilte-vir-vermoorde-limpopo-egpaar-met-bespotting-en-gelag-begroet


Afgryse oor moord op Van Zyl-egpaar
Gewapende wagte wat die plaas en huis nag en dag patrolleer het Son­dag­oggend vir Jurgens van Zyl laat weet dat hulle onraad vermoed waarna hy later op sy ouers, Piet en Tilla van Zyl, se lyke afgekom het.
“Die egpaar is Sondag­oggend vroeg in hul slaapkamer in die huis op hul plaas in die Immerpan-gebied tussen Roedtan, Zebediela en Mokopane, deur vermoedelik vyf mans oorrompel wat toegang tot die huis verkry het deur eers die agterdeur en daarna hul slaapkamerdeur af te breek. Piet is vyf keer met ‘n 9 mm Parabellum pistool geskiet en Tilla een keer,” sê ‘n familiebron.
Die Heritage Protection Group (HPG), ‘n misdaadbestrydingsorganisasie, het die moordenaars se spore tot by die Zebediela-teerpad gevolg waar dit doodgeloop het en hulle waarskynlik opgelaai is.
Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê dat niemand nog in hegtenis geneem is nie, maar het bevestig dat die polisie in Zebediela besig is met ‘n omvang­ryke soektog na ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes en dat twee moordsake en ‘n saak van huisroof tans ondersoek word.
“Die egpaar is in hul slaap in hul kamer op die Kalkpoort Wildsplaas oorval en albei is met wapens aangehou. Die huis is geplunder en hulle is in die proses doodgeskiet en waarna die moordenaars op die vlug geslaan het. Hul liggame is die oggend om 09:00 deur familie gevind.”
Dit is volgens die polisie nog onduidelik wat alles gesteel is omdat die huis steeds vir leidrade en vermiste goedere gefynkam word.
Piet het benewens die saai-, bees- en wildboerdery ook besighede besit, maar was passievol oor sy renosters. Hy het in die verlede swaar onder renosterstropers deurgeloop en al die renosters onthoring in ‘n poging om hulle te red, maar het in ‘n stadium gesê: “Die stro­pers is so arrogant dat hul steeds die renosters om die lewe bring. Ek gee moed op, dit kan nie so aangaan nie.” Daarna het hy die renosters suksesvol na ‘n ander heenkome verskuif.
“Die tragiese nuus is hartverskeurend vir my, vriende en familie, maar ook vir die gemeenskap omdat Tilla en Piet so ‘n groot impak gemaak het en soveel mense gehelp het. So onlangs soos Vrouedag was ek saam met hulle by ‘n fondinsamelingsfunksie by Mokopane Dienssentrum vir Bejaardes as deel van die Kierie­klapperfees,” sê Urma Prinsloo van Mokopane wat 37 jaar ‘n vriendin van Tilla was. Prinsloo sê Tilla se hart was oop vir alles en almal en het altyd tyd vir mense, veral die wat swaarkry, gemaak. “Sy was vol liefde, die sout en goud van die aarde. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy was by verskeie diensorganisasies op die dorp betrokke waar sy ‘n groot rol met funksies en geldinsamelingsgeleenthede gespeel het. Kansa het haar ook na aan die hart gelê.”
Pieter van Niekerk, ‘n familie­vriend van 40 jaar sê: “Piet was nie die maklikste mens nie, maar reguit en iemand waarop jy altyd kon staatmaak.”
Hulle het ook twee dogters, waarvan een in Amerika woon, en vyf kleinkinders. Tilla se ma leef nog en albei het ‘n broer.
Die Van Zyls was baie veilig­heidsbewus en altyd paraat volgens kennisse.
Ngoepe het ‘n dringende be­roep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting wat tot die inhegtenisname van die moordenaars kan lei, na vore te kom. Skakel lt kol Sekanka by 082 565 8505, die naaste polisiestasie of die misdaadnoodlyn by 086 001 0111.
Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>> observer.elna@gmail.com
http://www.observer.co.za/afgryse-oor-moord-op-van-zyl-egpaar/

Meer bekend oor Roedtan-plaasaanval; verdagtes steeds soek


Argieffoto: Lorraine Claasen
Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur ná die moord op ʼn bejaarde egpaar op hul plaas vroeg Sondagoggend.
Maroela Media het vroeër berig Piet en Tilla van Zyl is Sondagoggend dood op hul plaas in dié provinsie aangetref.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel.
“Die verdagtes het hulle aangehou met pistole en die huis geplunder,” sê Ngoepe.
Hy sê die verdagtes het kort voordat hulle gevlug het die Van Zyl-egpaar doodgeskiet.
ʼn Familielid het hul liggame glo omstreeks 09:00 in die huis aangetref en die polisie ontbied.
“In dié stadium is dit nog nie duidelik wat in die voorval gebuit is nie, maar die polisie-ondersoek duur voort en meer inligting sal weldra bekend gemaak word.”
Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ngoepe het gesê enigeen met meer inligting word gevra om die polisie by te staan deur lt.kol. Sekanka te bel by 082 565 8505. Enigeen met meer inligting kan ook die misdaadnoodlyn bel by 086 001 0111.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/meer-bekend-oor-roedtan-plaasaanval-verdagtes-steeds-soek/

Thursday, August 24, 2017

Gevaar op Suid-Afrika se plase



Die veiligheidsituasie op Suid-Afrikaanse plase raak by die dag meer benard, met plaasmoorde en -aanvalle wat vanjaar drasties toegeneem het. Plaasaanvalle wat tot op hede vanjaar drasties meer is as in 2016.

Volgens mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, het 282 plaasaanvalle van Januarie 2017 tot 22 Augustus voorgekom; 56 mense is dood in dié aanvalle. ‘n Skokkende 28 aanvalle en sewe moorde het tot dusver in Augustus voorgekom.

In vergelyking hiermee het 244 plaasaanvalle in dieselfde periode in 2016 voorgekom, waarin 49 mense dood is.

In die afgelope week alleen het daar ‘n totaal van agt aanvalle in slegs vier dae plaasgevind, wat gelei het tot vermanings uit talle oorde vir boere om hulself te beskerm en veiligheidsmaatreëls op plase op te skerp. Ses van die aanvalle het op plase voorgekom, terwyl twee op hoewes in landelike gebiede plaasgevind het.

Regte benadering
Mnr. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, waarsku dat ‘n houdingsverandering uiters belangrik is vir boere se voortbestaan.
“Dit is nie ‘of dit met my gaan gebeur nie’, dit is ‘wanneer dit met my gaan gebeur’. Dit is ongelukkig die benadering wat ons moet hê,” sê Cameron.

In die nuutste aanval is mnr. Anton Muller gister (22 Augustus) tussen 01:30 en 02:00 op ‘n hoewe tussen Springs en Delmas aangeval.

“Vier aanvallers, waarvan drie gewapen was, het Muller vasgebind en gemartel. Hy is met ‘n strykyster gebrand. Die aanvallers het hom later deur sy huis gevat, verder gemartel en geld geëis,” sê Cameron.

Die aanvallers het ‘n Playstation en ‘n boor gesteel. Cameron sê pro-aktiewe optrede, beter kommunikasiestelsels en voldoende veiligheidsmaatreëls kan boere help beskerm teen die vlaag van geweld.

Landelike veiligheid
Volgens mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligingskomitee, sê die organisasie is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle en misdaad wat in landelike gebiede plaasvind. Hy raai boere aan om by die implementering van die landelike veiligheidstrategie betrokke te raak.

Dié strategie, wat in 2012 ingestel is, maak voorsiening vir plaaswagte wat in samewerking met die polisie misdaad kan bekamp en voorkom. “Die gemeenskap kan aansluit by plaaswagstelsels wat binne die raamwerk van die wet optree om misdaad te voorkom,” sê hy.

Cameron sê misdaad en aanvalle gaan in toeneem as gevolg van werkloosheid. “Ons moet waaksaam wees,” sê hy. Hy waarsku ook teen gemaksones. “Waar iemand op sy gemak is, is hy op sy kwesbaarste en daar kan hy die seerste kry,” sê hy.

Bron: Landbou.com
https://www.agrisa.co.za/gevaar-op-suid-afrika-se-plase/?lang=za

Saturday, August 12, 2017

Elderly Jeffreys Bay resident murdered in his home


10:03 12/08/2017
Derrick spies,
News24 Correspondent

Port Elizabeth – Three men have been arrested after a 62-year-old man was gunned down in his home in Jeffreys Bay during a robbery in the early hours of Saturday morning.

Police spokesperson, Captain Gerda Swart, said the man, who resided in Silver Tree Road, had apparently heard a noise downstairs at around 2.20 AM this morning, and had gone to investigate.

She said it is believed that the man, whose name has not yet been released, had become engaged in a scuffle with intruders who were breaking into his house. At least one of them is believed to have been carrying a firearm.
Swart said during the scuffle, shots had been fired and the homeowner had been fatally wounded.

Swart said the intruders had then fled the scene on foot. She said the Jeffreys Bay police had been immediately alerted to the incident.

"Alert community members reported suspicious persons in their yards, which was immediately followed up on and led to the arrest of one male suspect."

"Further investigations led the police to the homes of two other suspects in Ocean View. All three suspects were detained on charges ranging from murder to housebreaking and theft," she said.

Humansdorp Cluster Commander, Brigadier John Lebok expressed his condolences to the family for their loss and thanked the community for working with the police to bring the alleged perpetrators to book.

Lebok also commended the team of police officials for the speedily arrests.
Swart said the three suspects were due to appear in the Humansdorp Magistrate's Court on Monday, August 14, 2017.

Source: News24
http://m.news24.com/news24/SouthAfrica/News/elderly-jeffreys-bay-resident-murdered-in-his-home-20170812

--------------------

#Moord: RIP Johan Marais . Wat n skok. Wanneer gaan die sinlose geweld ophou. Wanneer gaan die skelm gemors gestop word. Hier waar ek woon in Iowa los ons ons sleutels in ons motors. On los ons huise oop. As ek gaan kos koop los ons ons motors oop. Waar is ons land oppad heen. Jeffreysbaai was altyd n mooi en skoon dorp. Wat het geword van gereg. Eat het geword van wetsgehoorsaamheid. Dit is genoeg.  Dit moet hier stop. Dink aan julle Marais gesin. Hartseer dag.  Johan was altyd so vriendelik en het altyd gevra hoe gaan dit.

Bron: Jacques Du Plessis
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1554053817948001&id=100000301928969


Monday, August 7, 2017

Moord: Twee vas ná buurtwaglid in hart gesteek is

Opvolg - ’n Buurtwaglid is Vrydagaand in Kraaifontein doodgesteek toe hy na ’n toneel vier strate van sy huis ontbied is.

Alec du Toit (30) is twee keer in sy longe en een keer in sy hart gesteek, het sy hartseer pa, Alexander, Sondag gesê.

Die voorval was Vrydag tussen 20:00 en 20:30 in Tennantsraat.

Alec het op ’n boodskap op die buurtwag se WhatsApp-groep gereageer oor twee verdagte mans wat in die buurt opgemerk is.

Hy was vir sowat ’n jaar lank ’n buurtwaglid.

“Hy was tuis toe hy ’n WhatsApp-boodskap ontvang oor verdagte mans wat vier strate van ons huis gesien is. Soos hy maar altyd is, het hy gery om ondersoek te gaan instel.”

Du Toit sê hy vermoed daar was ’n konfrontasie toe sy seun aangeval is. Alec se selfoon word vermis.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is een verdagte kort ná die voorval in hegtenis geneem en ’n tweede Saterdagoggend. Albei mans is in hul twintigs en sal binnekort in die hof verskyn.

Du Toit se vrou het eers Saterdagmiddag van haar seun se heengaan verneem omdat sy Donderdagaand ’n vier en ’n half uur lange operasie ondergaan het.

Hy het die dood op sy seun as onnodig en sinneloos beskryf.

“Hy het gewerk vir die gemeenskap.

“Hy het in belang van die hele gemeenskap opgetree – dit is al wat hy gedoen het. Hy wou net inwoners beskerm.”

Alec, wat as ’n verkoopsman vir ’n motorhandelaar gewerk het, was alom bekend as ’n vriendelike en saggeaarde mens wat almal net wou help. “Hy moes agt hande gehad het, hy moes ’n seekat gewees het.”

’n Nagwaak is Saterdagaand vir hom gehou. Een van sy klante het van Piketberg gery om dit by te woon.

Die begrafnisreëlings moet nog gefinaliseer word.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/twee-vas-na-buurtwaglid-in-hart-gesteek-is-20170806

Sunday, August 6, 2017

PLAASAANVAL GROBLERSDAL, LIMPOPO (6 AUG 2017 +- 11H00)


Aanval op Herman en Meisie Botha op die Groblersdal / Loskopdampad laat vanoggend. Herman ernstig beseer en per helikopter afgevoer, Meisie so ver okey? Sowat 6 gewapende barbare betrokke met ‘n geel BMW. Ondersoek en opvolg aan die gang. Geen verdere info tans. Voormalige bevelvoerder van Groblersdal Kommando. Intussen oorlede.

Farm Attack 6 August 2017


Around 8:30 am on 6/8/17 there was a farm attack on the Barret farm near Kgapane. Six suspects heavily armed attacked an farm owner and the farm manager. Several shots were fired from the suspects side. The victims were tied up and beaten. Several valuables, cash, a vehicle  and firearms were taken.  The suspects fled in the stolen sliver Toyota corolla *BWG040L*. Please if the vehicle are seen do not approach. Suspects are heavily armed. No serious injuries were sustained. A big thank you to Tzn Saps, Canine security, Letaba Security and Northern security for the backup. Contact me 0798984539 if you have any information that might help us and Saps *

Saturday, August 5, 2017

Farm attacks and farm murders in SA: 1 January – 31 July 2017



Farm attacks and farm murders: 1 January - 31 July 2017 - Image - Vonkmedia
From 1 January to 31 July 2017 there have been 257 farm attacks, and 53 farm murders reported, in South Africa. It’s terrifying, it’s shocking, it’s routine. In 212 days, 53 people were brutally killed, many tortured, and families torn apart forever.
From January 2017, MSVS and Vonkmedia began to keep track of attacks and murders on farms, and in particular attacks and killings on white people in urban areas. Yes, you have read correctly, specifically attacks and murders on white people.
And before all the liberal people become hysterical, I’d like to say in advance, that I know it’s not just white people in South Africa who are killed, and yes, I know everybody lives with fear and violence all the time. Nobody denies it. Please keep your own statistics on whatever form of violence affects you.
Our research is about farm murders and farm attacks of all demographic areas, as well as killings and attacks on white people in towns and cities. Any other group is free to investigate any other attacks and murders, and we all want is to see the correct statistics revealed.
How do we get our information? We work closely with several Commandos, CPFs and community information groups nationwide who provide information to us. These people do incredible work, and without them, many more people would have lost their lives. All information is verified to make sure the information is correct and can be substantiated.
What does the situation look like after the first 7 months of 2017?
Bad. Heart broken. Frightening. Should you talk to the men and women of commandos and safety groups, you will feel the pain, because then you realize what’s really going on in South Africa. Many nights in a row, these men and women hide on farms, where they safeguard the farmers and their families. Where they wait for signs or information sent to them of possible attacks. Where they work with policemen and women to stop offenders, wiping out their families.
While you and I sleep soundly, these are the volunteers who try to prevent an attack on a farm. You see the trauma and despair in their eyes. Eyes that have seen too much death. If it were not for these people, the statistics would have been much higher, and the tragedy much bigger.
But great …. is the tragedy, yes great, 257 attacks in 212 days leading to 53 funerals. For most people, these statistics are something of a shock for a few minutes and the feeling of sadness, but then people move on. Forget about that. But how can we forget? We must not forget. We CANNOT BE INDIFFERENT ABOUT THIS. WE CANNOT SIGH AND MOVE ON, and we must NOT forget the victims.
What can we learn from the statistics?
• On average, the attackers come in groups of 3 – 4.
• The average age of farm attack victims is 58.
• The average age of victims of farm murders is 60.
• The oldest victim who survived an attack 89. Youngest victim who survived, a farm attack 6.
• The oldest victim of farm murders in the first six months was Bob Gawler (88) who was killed in Natal on July 28 on his farm De Mist.
• The two latest victims killed are CT Steyn (32) who was stabbed on a farm in Warden and Bafana shot dead on a farm in Heidelberg.
• 65% of the victims of farm murders and attacks were over 70 years old.
• In the first 7 months, 45 attacks took place during Friday nights and 44 nights during Thursdays.
• 28 attacks occurred during Sunday nights.
Attacks by province
Gauteng – 53 attacks
Limpopo – 48 attacks
North West – 41 attacks
KZN – 39 attacks
Mpumalanga – 25 attacks
Free State – 22 attacks
Eastern Cape – 14 attacks
Western Cape – 11 attacks
Northern Cape – 4 attacks
Farm attacks and farm murders: 1 January – 31 July 2017 – Image – Vonkmedia
The Agricultural Newspage claims that more than 20 000 South African farms are currently in the market. It’s the highest amount of farms in 20 years that farmers want to get rid of. So if 20 000 farmers no longer farm, and the rest are left to be killed … .. what’s the future for South Africa.
Farmers are the food suppliers. Without farmers, whether they stop farming or be killed, a country cannot feed the people. Why doesn’t anyone shout and argue about this?
In 1980 there were about 128 000 commercial farmers in SA. 2007 SARS records show that 39 966 farms are active commercial farms, of which 2 167 belong to large enterprises, 2 259 to Close corporations, 874 family trusts and 33 249 to individual farmers. Not google or StatsSA can tell me exactly how many farmers are left, but some sources speculate that the number of farmers is currently between 40 000 and 70 000.
Whatever the number, the fact remains that there is a total onslaught against our white farmers.
Save the Farmer …… Save the country ……
By Amor Gerber
MSVS
https://southafricatoday.net/south-africa-news/farm-attacks-and-farm-murders-1-january-31-july-2017/

Plaasaanvalle & Plaasmoorde: 1 Januarie – 31 Julie 2017

RED DIE BOER – RED DIE LAND

Vanaf 1 Januarie tot 31 Julie 2017 was daar reeds 257 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde in Suid-Afrika. Dis skrikwekkend, dis skokkend, dis alledaags… In 212 dae is 53 mense wreed vermoor, baie is gemartel, families vir altyd uitmekaar geskeur. 

Vanaf Januarie 2017, het MSVS en Vonkmedia begin om rekord te hou van aanvalle en moorde op plase en spesifiek ook aanvalle en moorde op witmense in stedelike gebiede. Ja, jy het reg gelees, spesifiek aanvalle en moorde op witmense. 
En voor al die liberale daar buite histeries raak, wil ek sommer vooraf mooi sê, ek weet dit is nie net wit mense in Suid-Afrika wat vermoor word nie, en ja ek weet almal leef met vrees en geweld elke dag. Niemand ontken dit nie. Hou gerus julle eie statistieke by oor watter keuse van geweld ookal.
Ons navorsing gaan spesifiek oor plaasmoorde en plaasaanvalle van enige demografiese groep, sowel as moorde en aanvalle op witmense in dorpe en stede. Dit staan enige ander groep vry om navorsing te doen oor enige ander aanvalle en moorde en ons almal sal graag die regte statistieke daaroor wil sien.

Hoe kry ons ons inligting? Ons werk baie nou saam met verskeie Kommando’s, CPF’s en gemeenskaps-inligtingsgroepe landswyd wat inligting aan ons verskaf. Hierdie mense doen ongelooflike werk en sonder hulle sou baie meer mense al hulle lewens verloor het. Alle inligting word geverifieer om seker te maak die inligting is korrek en kan gestaaf word. 

Hoe lyk die situasie na die eerste 7 maande van 2017? 
Sleg. Hartseer. Angswekkend. Praat jy met die manne en vroue van kommando’s en veiligheids groepe begin jou bors toe trek, want dan besef jy wat werklik in Suid-Afrika aan die gang is. Hierdie manne en vroue skuil menige nagte op plase waar hulle boere en hulle families oppas. Waar hulle wag vir aanvalle wat deur tekens of inligting aan hulle deurgegee is. Waar hulle saam met polisiemanne en vroue werk om oortreders stop, voor hulle families uitwis…
Terwyl ek en jy lekker lê en slaap, is daar mense wat vrywillig plaasaanvalle probeer keer. Hulle is die mense wat ook meestal eerste op ‘n plaasmoord se toneel is. Jy sien die trauma en magteloosheid in hulle oë, oë wat al te veel dood gesien het. As dit nie vir hierdie mense was nie, was die statistieke al baie hoër, die tragedie baie grooter.
Maar groot ….is die tragedie groot. 257 aanvalle in 212 dae wat tot 53 begrafnisse gelei het. Vir meeste mense is hierdie statistieke iets om oor te sug, vir ‘n paar minute hartseer te voel en dan beweeg hulle aan. Vergeet daarvan. Maar hoe kan ons vergeet? Ons MAG nie vergeet nie. Ons MAG NIE blasé word hieroor nie. Ons MAG NIE langer sug en aanbeweeg nie. En ons MAG NIE die slagoffers vergeet nie.

Wat kan ons leer uit die statistieke?
• Gemiddeld kom die aanvallers in groepe van 3 – 4.
• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle is 58.
• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaanmoorde is 60.
• Oudste slagoffer wat aanval oorleef het, 89. Jongste slagoffer wat aanval oorleef het, 6.
• Die oudste slagoffer van plaasmoorde in die eerste ses maande is Bob Gawler (88) wat op 28 Julie op sy plaas De Mist in Natal vermoor is.
• Die twee jongste slagoffers wat vermoor is, is CT Steyn (32) wat op ‘n plaas in Warden doodgesteek is en Bafana wat op ‘n plaas in Heidelberg doodgeskiet is.
• 65% van die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle was bo 70 jaar oud.
• In die eerste 7 maande het 45 aanvalle gedurende Vrydag nagte plaasgevind en 44 gedurende Donderdae nagte.
• 28 Aanvalle het gedurende Sondag nagte plaasgevind.

• Aanvalle per provinsie
o Gauteng - 53 aanvalle
o Limpopo - 48 aanvalle
o Noord Wes - 41 aanvalle
o KZN - 39 aanvalle
o Mpumalanga - 25 aanvalle
o Vrystaat - 22 aanvalle
o Oos Kaap - 14 aanvalle
o Wes Kaap - 11 aanvalle
o Noord Kaap - 4 aanvalle

Die Landbou Weekblad beweer meer as 20 000 plase is tans in Suid-Afrika in die mark. Dis die meeste plase in 20 jaar wat boere ontslae van wil raak. So as 20 000 boere nie meer boer nie, en die res wat oorbly word vermoor….. wat is die toekoms vir Suid-Afrika. 
Boere is tog die kos voorsieners. Sonder Boere, of hulle nou ophou boer of vermoor word kan ‘n land tog nie die mense voed nie. Hoekom skree en raas niemand hieroor nie. 

In 1980 was daar ongeveer 128 000 kommersiele boere in SA. 2007 se SARS rekords wys dat 39 966 plase aktiewe kommersiele plase is, waarvan 2 167 aan groot ondernemings behoort het, 2 259 aan Beslote korporasies, 874 familie trusts en 33 249 aan individuele boere. Nie google or StatsSA kan tans vir my sê presies hoeveel boere is oor nie, maar sommige bronne bespiegel dat die getal boere iets tussen 40 000 en 70 000 is. 

Wat ook al die getal is, die feit bly staan dat daar ‘n totale aanslag op ons wit boere is. 

Red die Boer…… Red die land……

AMOR GERBER
MSVS
3 Augustus 2017


https://web.facebook.com/photo.php?fbid=1948601825428768&set=g.896203503795146&type=1&theater

Friday, July 21, 2017

Racism is a motive in Farm Attacks

We are going to shoot you…because you are white”! Racism is a motive in Farm Attacks
Posted on 19/07/2017



There is no doubt that the farm attacks are led by racism and hatred against whites as has been proven countless times. This fact is proven again, days after the attack on the 77-year-old Mr. Martin Neal of the farm Droogekloof in the Warmbaths district. The deputy chairman of TAU SA’s Waterberg District Agricultural Union, Mr. Henk van den Graaf, who was on the scene and with Mr. Neal spoke about the attack, saying that four terrorists attacked Mr. Neil’s in his home and assaulted him after gaining illegal access to the house. They roughed him up thoroughly so that his ribs broke, he had head injuries and his mouth was bruised badly. They threw him to the ground and tied his hands and feet with shoelaces. They threw a blanket over his head and told him that they are going to shoot him, on which Mr. Neal asked why they wanted to do it and what he did wrong. Then they said to him in English: “Because we do not like white people”. However, they did not shoot him but left him laying on the cold floor while they rampage the house, stole his two handguns, television, computer, mobile phone, safety radio and his Toyota RAV 4 vehicle. Mr. Neal, who usually walks with a kierie, could not get up from the cold floor and spent several hours there until his domestic worker came across him. The farm’s gate was not broken and the lock was unlocked so that the terrorists could easily gain access to the property. Mr. Van den Graaf says that it took the police three hours to get to the scène. “Mr. Neal had already been taken by the ambulance and the HPG security company had completed their investigation at the scene when the police arrived only a few hours later. The two constables of the uniform branch were extremely arrogant and unprofessional, and eventually drove recklessly away from the scene. ” Deon Beukes, the chairman of the Community Police Forum, who was on the scene, has summoned complaints against the two black constables at their senior. Translated from original article in Afrikaans on Die Vryburger

http://sa-news.com/we-are-going-to-shoot-you-because-you-are-white/

Boer in plaasaanval met tuinvurk gesteek

’n Boer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat word in ’n Bloemfonteinse hospitaal behandel nadat hy Donderdagaand ten tyde van ’n plaasaanval glo verskeie kere met ’n tuinvurk gesteek is.



Drie aanvallers het Louis Kotze (54) en sy vriendin, van die plaas Kopfbrunen tussen Theunissen en Winburg, in hul huis ingewag en omstreeks 18:15 met hul tuiskoms aangeval.

Dit is die vierde plaasaanval in die Vrystaat sedert 13 Julie.

Dit is onseker hoe hulle toegang tot die huis verkry het.

Een van die aanvallers het Kotze met die vurk in die bors gesteek, terwyl ’n ander een sy vriendin op die grond vasgedruk het.

Kotze het hom na bewering teëgesit en sy vriendin probeer help toe die aanvaller hom weer met die vurk in die rug gesteek het.

Hy is vier keer met die tuinvurk gesteek en het 16 steekwonde opgedoen. Hy het ook wonde aan sy gesig en het bloeding op een van sy longe opgedoen.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die rowers het twee sakke vol artikels, waaronder klere, gevat en weggehardloop. Kotze het daarna vir sy vriendin geskree om die polisie te bel.

Alani Janeke, woordvoerder van Vrystaat Landbou (VL), sê die polisie en boere van die omgewing was vinnig op die toneel.

“Die noodplan is geaktiveer en 50 boere in 30 voertuie van Theunissen en Winburg het die gebied gepatrolleer op soek na die aanvallers. Die vrou se handsak met juweliersware daarin is teruggevind,” sê sy.

Koos Pienaar, VF Plus-raadslid in die Masilonyana-munisipaliteit, sê dit is onaanvaarbaar dat weerlose mense aangeval word.

“In watter soort omstandighede leef ons boere om blootgestel te word aan sulke dinge? Wat kan boere nog doen om hulle teen dié aanvalle te beskerm?

“Mense besef nie die impak van die aanvalle op die moraal van boere en die gemeenskap nie. Die regering moet sterker standpunt teen dié misdaad inneem,” sê hy.

Volgens hom skep die huidige politieke klimaat ’n situasie waarin mense doen wat hulle wil omdat die politieke leierskap ook korrup is.

Barbara Steenkamp, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het bevestig Kotze word in die hospitaal behandel en dat dit goed gaan met hom.

Khosana sê ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek.

* Op 13 Julie was daar ’n aanval op ’n kleinhoewe in Oranjeville en vier dae later is ’n kleinhoewe in Navalsig, Bloemfontein, aangeval. Die derde aanval was op 19 Julie op ’n plaas in Rosendal. In al die voorvalle is werkers aangeval, vasgebind en beroof. Selfone, tablette, TV’s, kontant, juweliersware en ’n sleepwa is gebuit

Bron: Netwerk 24
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/boer-in-plaasaanval-met-tuinvurk-gesteek-beroof-20170721#

Man (60) se kop met byl oopgekloof in De Wildt-plaasaanval

Man (60) se kop met byl oopgekloof in De Wildt-plaasaanval

‘n Sestigjarige man se kop is met ‘n pik oopgekloof na twee rowers hom in plaasaanval in De Wildt vroeg Vrydagoggend oorval het.

Daleen van Manen | 21 Julie 2017


Albert Louw is ongeveer 02:30 deur die rowers in sy huis op ‘n plaas op die R511 in De Wildt oorrompel, maar het verbete terugbaklei tot die rowers gevlug het.

Louw was nog wakker aangesien daar sowat ‘n uur vroeër ‘n poging tot inbraak by die huis was.

“Ongeveer 01:00 het Albert wakker geskrik van geluide in die huis. Hy het gaan ondersoek instel en ontdek dat ‘n venster se diefwering geknip is en die venster oop was. Hy het my gekontak en ons is na buite om ondersoek in te stel en die ligte aan te sit, maar het niks gesien nie,” het sy broer, Phil Louw, wat op dieselfde plaas woon, gesê.

Albert het eers koffie gemaak voor hy weer in die bed gaan klim het en was nog wakker toe hy hoor hoe ‘n venster breek. Hy het opgespring en die rowers, gewapen met ‘n pik, het deur ‘n groot venster gebars en op hom afgestorm.

“Die rowers het eers ‘n swaar voorwerp na hom gegooi maar gemis, en hom toe met die pik oor die kop geslaan. Albert het met die rowers gestoei en het dit reggegry om die pik af te vat. Hy het hulle gedreig en intussen daarin geslaag om die alarm te aktiveer en tot in die badkamer te kom waar hy homself toegemaak, en my gebel het.”
Phil het om hulp op die radio van die plaaslike De Wildt Helpmekaar-beveiligingsgroep geroep. Inwoners in die omgewing en sekuriteitsdienste was kort na die voorval op die toneel, maar die rowers het gevlug.

Albert is tans in die George Mokhari-hospitaal en sy toestand is nog onbekend .

Die polisie soek na die rowers.

Bron: Kormorant
http://kormorant.co.za/31586/man-60-se-kop-met-byl-oopgekloof-de-wildt-plaasaanval/