Monday, August 15, 2016

Die opgradering van die Witkruismonument vind plaas die 30 September - 1 Oktober 2016. Daar gaan weer n optog wees soos soos altyd, maar kom ons gaan groter die jaar. Bring jou tent en kamp saam die 30ste September 2016, bo by die kruise. Die Vrydagaand doen ons weer die beligting. Almal wat moontlik kan of wil help asb ons het julle nodig. Bring jou sambreel, en stoel saam vir Saterdag. Persone wat reeds kruise ontvang het, is welkom om n kransie saam te bring, asook die wat reeds kruise ontvang het. Vir die optog het ons, "bikers" nodig wat die stoet sal lei na die kruise toe. Ek wil weer n beroep doen op almal, om hierdie opgradering nie te mis nie. Dit is ons mense se kruise wat daar geplant is, boere, vroue en kinders wat onnodig moes sterf, in n aanval. Persone wat belangstel om my te kontak, kan my skakel by 0604146129, of epos by tabita.fourie7@gmail.com. Bespreek vroegtydig. Persone wat ook belangstel om stalletjies te he, vir die dag, moet net vroegtydig dit reel.
Kom ons maak dit die jaar 2000 persone teenwoordig. Ek weet dat die ANC baie graag deel wil wees van die Witkruismonument, maar sorry hulle kan en mag nie. Dit is n Witkruismonument, en nie n reenboog monument nie.
Die aand wat ons die kruise verlig,wil ek vra dat elkeen wat nie daar kan wees nie, eer betoon aan die persone wat gesterf het in n plaasaanval, of in n dorp, deur n kers aan te steek waar dit sigbaar sal wees vir ander om te sien. Die aand as die kruise verlig word, is n gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Dit is n tyd om stil te raak, en dan kan jy nie anders as om te dink aan elkeen wie se kruise ons reeds geplant het, en waardeur daardie persone is. Sodra die kruise verlig is, sal ons n minuut stilte he, vir daardie families en vriende, wat treur oor hul geliefdes, asook vir die wie se kruise daar geplant is. Die saterdag wil ek vra, ry weer asb met jou voertuig se hoofligte aan, asook jou noodligte, en maak ook n kruis op jou voertuig se ruit. As jy n vlag wil saambring, is jy welkom. Dit kan in die optog oppad na die kruise toe gebruik word. Organisasies wat wil deel wees van die naweek is welkom. Bring ook wit ballonne saam, ons wil dit graag los by die kruise die dag. Plakkate is welkom.

Facebook: Tabita
https://m.facebook.com/Tabita-127079737409824/

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054594111325044&id=127079737409824
-------
Misdaad is ons almal se probleem, so ook plaasmoorde en aanvalle. Dit kies nie op grond van kleur nie, dit soek nie die rykes tussen die armes uit nie, en dit vra ook nie vir wie jy gestem het nie. Nog minder steur dit hom aan ouderdom. Babas en oumense word lankal nie meer gespaar nie. Om nie eens van geslag te praat nie. "N koeel tref geen onderskeid nie". Tog is daar steeds mense in ons liewe bloedbevlekte land wat reken misdaad, en plaasmoorde is nie hul verantwoordelikheid nie. Hoe onverklaarbaar, onbegryplik, eienaardig, absurd en as dit enigsins snaaks kon wees: lagwekkend. Daar is seker blankes wie se families nog nie deur verkragting, moord, gewapende rooftogte, kapings uitmekaar geruk is nie. Ek se "nog nie" - want voordat elke landsburger nie besluit om misdaad en moorde sy of haar erns te maak nie, word die onvermydelike net vir n oomblik uitgestel. Waar was die res van Suid-Afrika met die kruise se opgradering in 2015? Toe n handjie vol mense opgeruk het na die kruise toe, om nuwe kruise te plant. Tog is daar mense, wat sommige Saterdae geen moeite ontsien om honderde kilometers ver te ry om op Loftus of Ellispark vir rugby te skree nie! Dis werklik jammer, en pateties dat die hele land nie die pyn en verdriet kon meemaak die dag nie. Blankes is nog nie ernstig genoeg oor plaasmoorde nie! Mag die wat nie daar was nie, hul kop in skaamte laat sak. Of sit en wag totdat plaasmoorde / misdaad met hulle gebeur. Plaasmoorde gaan nie net stop, omdat daar 200 mense by die kruise opgedaag het nie. Daardie 200 mense moet 2000 word

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054406624677126&id=127079737409824