Tuesday, June 26, 2018

MOORD: Bejaarde in Parys doodgeslaan, vrou hulpeloos in bed

Deur Kaydene Davids
26 Junie 2018 13:45

Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Terwyl ’n bejaarde man van Parys Sondagoggend in sy huis doodgeslaan is, het sy vrou, wat ’n aan ’n rolstoel gekluister is, hulpeloos in hul slaapkamer om hulp gewag.

Pierre Lotz (77), ’n ouddirekteur van onderwys in Gauteng, het Sondag omstreeks 02:00 ondersoek gaan instel nadat hy en Maggie (76), sy vrou, ’n geluid in die huis gehoor het.

’n Onbekende aantal aanvallers het hom oorrompel.

Sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, sê volgens ’n voorlopige ondersoek het die aanvallers deur die kombuisdak toegang tot die huis verkry.
Sy sê Lotz is met ’n onbekende voorwerp teen die kop geslaan en is later dood op die vloer in die televisiekamer aangetref.

Sarie van Heerden (79), sy skoonsuster, sê die bure het die egpaar te hulp gesnel nadat hul huisalarm afgegaan het.

Sy sê hulle het op Lotz se lyk afgekom en sy vrou was steeds in die bed.
Volgens Van Heerden is dit nie eerste keer dat die egpaar onder misdaad deurgeloop het nie.

“Net enkele weke tevore is al hul kos, ’n grassnyer, ’n kas en verskeie toerusting uit hul huis gesteel. Skaars ’n week later is ’n televisiestel ook gesteel.”
Sy sê Lotz het juis die sekerheid opgeskerp om seker te maak dat hulle veilig in hul huis is.

“Maar steeds gebeur iets so wreed met ’n man wat net liefde vir sy naaste gehad het. Iemand wat uit sy pad vir ander gegaan en altyd mense gehelp het.”
Sy sê in die 52 jaar wat sy hom ken, het hy altyd geglimlag.
Van Heerden sê dit lyk nie asof Lotz se vrou besef dat hy dood is nie.
“Sy huil en treur oor hom, maar ek dink nie sy besef dat hy nooit weer gaan terugkom nie. Sy was so afhanklik van hom.”

Benewens sy vrou laat hy ook twee seuns, Jaco en Willem, en ’n dogter, Hana-Ada, agter.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Netwerk24
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bejaarde-in-parys-doodgeslaan-vrou-hulpeloos-in-bed-20180626?
____________________

Verlamde vrou lê hulpeloos terwyl man vermoor word
26 Junie 2018
Cyril Blackburn

ʼn Bejaarde vrou van Parys in die Vrystaat wat volgens die polisie aan ʼn rolstoel gekluister is, moes dié naweek hulpeloos toehoor hoe ʼn onbekende groep aanvallers haar man vermoor.

Sers. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 77-jarige man en sy 76-jarige vrou het Sondag ná middernag wakkergeskrik van ʼn geluid binne hul huis. Die aanvallers was glo reeds binne die egpaar se huis nadat hulle deur die kombuisdak toegang verkry het.

Ntsika sê die bejaarde man het gaan ondersoek instel en is deur die rowers oorval en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is op die toneel dood.

Sy sê op navraag van Maroela Media die vrou was “hulpeloos” toe die rowers haar man aangeval het. “Sy is gedeeltelik verlam en kon glad nie beweeg of uit die bed uit opstaan om hulp te verleen of weg te probeer kom nie,” sê sy.

Die egpaar se bure het glo die polisie ontbied nadat die huis se alarm afgegaan het. “Die man se liggaam is later in die sitkamer van die egpaar se huis aangetref. Hy het kopwonde gehad,” sê Ntsika.

Die polisie wou nie in dié stadium meer inligting bekend maak nie. Die 77-jarige man word deur talle op sosiale media as Pierre Lotz, ʼn oudskoolhoof, geïdentifiseer.

Dit is nie duidelik of enigiets in die voorval gesteel is nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Sake van moord en huisroof word ondersoek.

Bron: Maroela Media
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/verlamde-vrou-le-hulpeloos-terwyl-man-vermoor-word/

PLAASMOORD: Bejaardes in kop geskiet

Bejaardes op plaas vasgebind en in kop geskiet
Deur André Damons
26 Junie 2018 18:43

’n Bejaarde egpaar van Van Stadensrus in die Vrystaat is op hul plaas buite die dorp doodgeskiet nadat hulle na bewering aan stoele vasgebind is.

Choppie Bruwer (78) en sy vrou, Marian (68), is albei in die kop geskiet. Die egpaar is verlede jaar getroud.

Hulle het alleen op die plaas sowat 3 km buite Van Stadensrus gebly en is Maandagnag deur ’n onbekende aantal mense aangeval en vermoor.
Bruwer boer nie meer self nie en verhuur sy plaas.

Die voorval is die 18de plaasaanval vanjaar in die Vrystaat waarin saam vyf mense vermoor is.

Alma Human, Bruwer se jonger suster, woon in Bloemfontein en sê ’n polisievrou het haar Dinsdagoggend gebel en gevra wanneer laas het sy met haar broer en skoonsuster gepraat.

Bruwer moes Dinsdagoggend werkers gaan oplaai en toe hy nie opdaag nie, het hulle bekommerd begin raak en die polisievrou gebel.

“Sy bel altyd plaas toe en toe sy nie antwoord kry nie, het sy ’n buurman gebel om ondersoek te gaan instel. Toe die buurman by die huis kom was alles gesluit. Hy het om die huis gestap en deur ’n kamervenster geloer en gesien Marian sit op ’n stoel vasgemaak,” sê Human.

Volgens haar kon Kobus Fouché, die buurman, nie vir Bruwer sien nie en het hy die polisie gebel.


Fouché sê dit het nie gelyk of daar by die plaashuis ingebreek is nie. Die egpaar se motor was weg.

“Dit is ’n groot skok. Dit is mense waarmee jy elke dag te doen het.”
Sers. Mosili Ntsika, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n veiligheidshek in die huis is oopgebreek.

Volgens haar was die egpaar aan stoele vasgebind en is hulle albei in die kop geskiet.

Die aanvallers het met vuurwapens en selfone in die egpaar se silwer Chevrolet Spark (FWZ736FS) gevlug.

“Dit is baie hartseer en ’n verskriklike skok. ’n Mens voel sleg en kwaad. Dit is so onnodig. Ek hoop net nie hulle is baie verniel nie.

“Ek en Marian het elke dag op WhatsApp gepraat en ek het nog Sondag met haar geklets. Gister (Maandag) het ek vir hul albei ’n boodskap gestuur om te vra hoekom is hul so stil,” sê Human.

Die Here gaan hulle hierdeur dra, sê sy.

Polisiebeamptes en forensiese ondersoekers was nog teen laat Dinsdagmiddag op die toneel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Netwerk24
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bejaardes-op-plaas-vasgebind-en-in-kop-geskiet-20180626?
____________________
Plaasmoord-slagoffers se name bekend gemaak
26 Junie 2018


Die name van ʼn bejaarde egpaar wat Dinsdag dood aangetref is op hul plaas in die Vanstadensrus-omgewing, tussen Zastron en Wepener in die Vrystaat, is bekend gemaak.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê dié organisasie betuig sy meegevoel met die naasbestaandes van Gabriel Daniel Bruwer (78) en Marian Rabie (Coetzee) Bruwer (67). Die organisasie se slagofferondersteuningseenheid wat die naasbestaandes bystaan, sal berading bied aan die familie en AfriForum sal ook reël dat die misdaadtoneel skoongemaak word.

Maroela Media het vroeër berig sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het bevestig die egpaar se huiswerker het vanoggend op die egpaar afgekom en dadelik die polisie ontbied. “Die egpaar is albei met ʼn kopwond in hul slaapkamer aangetref. Hulle was albei in hul stoele vasgebind,” het Ntsika gesê.
Ntsika het gesê daar was geen teken van gedwonge toegang aan die buitekant van die huis nie, maar dat ʼn veiligheidsdeur aan die binnekant van die huis na bewering oopgedwing is.

Die egpaar se voertuig, ʼn silwer Chevrolet Spark met die registrasienommer FWZ 736 FS, is gesteel sowel as vuurwapens en die egpaar se selfone. Die voertuig is nog nie gevind nie.

Die polisie ondersoek ʼn plaasaanval en twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is ook nog nie duidelik hoeveel aanvallers by die moorde betrokke was nie.

Altesaam 34 mense, dié egpaar ingesluit, is vanjaar reeds op plase landswyd vermoor.

Bron: Maroela Media
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/plaasmoord-slagoffers-se-name-bekend-gemaak/
____________________

Shared via OFM Android Application. Get the OFM App on 

Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=za.co.digitalplatforms.ofm&hl=en_US
or
App Store: https://itunes.apple.com/za/app/ofm/id1098172140?mt=8


Veiligheidswenke: WIE SE SKULD IS PLAASMOORDE NOU EINTLIK?



Het ons nie in ‘n groef geval deur almal die skuld vir plaasmoorde te gee nie? Ons weet die aanvallers gaan nie ophou nie, ons weet die polisie is nie bevoeg om dit te keer nie en ons weet die regering is ons nie goedgesind om aandag aan plaasmoorde te gee nie. As jy weet ‘n vuur is warm en jy druk jou hand daarin, wie se skuld is dit as jy brand?

Natuurlik is dit nie die gewenste nie, natuurlik is dit nie regverdig of juis nie, maar op die einde van die dag is dit die praktiese ding om te doen. Kom ons vat verantwoordelikheid vir plaasmoorde. As jy oud en alleen op ‘n plaas is, moet jy weet jy is in gevaar. Moenie wonder daaroor nie, weet dit en tree so op. As jy dan nie dorp toe wil trek of ‘n jong man of gesin op jou plaas kan akkomodeer nie, bewapen jouself, skakel in by jou bure om gereeld te kommunikeer, wees paraat, woon ‘n kursus by, lees op oor die aard van die aanvalle. Kry jouself in ‘n posisie waar jy nie verras word nie en verdedig jouself.

Ons het lui geword. Ons word ingesleep by hierdie idee dat ons blaam en verantwoordelikheid kan plaas op ‘n regering wat ons weet nie omgee nie. As jy jou huiskat vra om tee te maak en jy vrek van die dors intussen, wie se skuld is dit? 

Die “regering” en die polisie het dit duidelik gemaak hulle is nie gepla hieroor nie. Kom ons wees gepla hieroor. Kom ons neem eienaarskap van ons veiligheid en hou op om gerieflik terug te sit en die ANC te balmeer. Dit is tog ons lewens waarvan ons praat hier.

As daar vannag, in Suid-Afrika, by jou huis mense inbreek om jou leed aan te doen en jy doen niks om hulle teen te staan nie, wie se skuld is dit? Deur die verantwoordelikheid na die volgende groep te wil aanskuif, doen jy dieselfde as die regering wat apartheid vir alles blameer... En ons almal is al gatvol daarvoor...

● Kry heel eerste jou gedagtegang reg. Glo dat misdaad met JOU OOK KAN GEBEUR, enige tyd, enige plek en op enige manier.

● Weet dat die vyand blitsig en onverwags toeslaan, wanneer ons dit die minste verwag – hulle sukses lê juis daarin!

● Kry jou beveiliging en ook ‘n veiligheidsplan in orde – onthou, more is vir niemand gewaarborg nie.

● Werk saam en staan saam met jou bure en plaaslike Plaaswag / Plotwag / Buurtwag / GPF. As dit nie aktief is nie, RAAK BETROKKE en kry dit aktief!

● Let op vir vreemde voetgangers, voertuie en spore, asook vreemde gedrag by jou plaaswerkers. Ek laat my nie vertel ‘n plaasaanval word oor weke en selfs maande beplan en GEEN plaaswerker dra kennis van dit nie!

● Let op vir “gevegsaanduidings”, “tekens” of “Afrika tekens”. Moet dit NIE WEGVAT NIE, maar kry hulp in van iemand wat dit KAN HANTEER soos AKSKA - dit kan jou lewe red as dit reg hanteer word.

● Daar is vandag geen, geen, MAAR GEEN manier hoe mens SONDER ‘n alarmstelsel en vroee waarskuwing sensors, buite die huis, veilig kan slaap in Suid Afrika nie. Persoonlik debatteer ek nie meer oor hierdie punt nie, gladnie – dis jou lewe, jy maak daarmee wat jy wil?

● Moet nie, MOET NIE, MOET NIE UITGAAN om ondersoek in te stel as iets verkeerd loop op jou werf nie – KRY EERS HULP IN VAN BUITE AF!

● Ons KAN hierdie oorlog WEN, sonder die “regering” of “hulp uit die buiteland” of ENIGE ANDER VALS HOOP, maar dan moet ons, ons self blitsig in die regte rat kry en vorentoe beur.

● Wees paraat, wees gereed, wees gelowig en wees vol hoop. Ons moet nooit hoop verloor nie - dit is presies wat almal wat teen die boere is, wil regkry!

● Onthou, by die Almagtige Vader van hemel en aarde, is NIKS onmoontlik nie, maar dan moet ons WAAK en bid!

(Elize Viljoen & Chrisjan du Preez - Stop Misdaad SA – SMSA)

Bron: Loskop Vallei Beveiliging
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1923293647968481&id=1482122752085575
____________________
*🛑MOORD / MURDER🛑*
WIE IS VOLGENDE❓
WHO WILL BE NEXT❓

Het jy 'n *valse sin vir sekuriteit?* Do you have a *false sense of security?*

💭Glo jy dat een of meer van die volgende *jou gaan red* as die onheil jou adres kry? /
Do you believe that one or more of the following *will save you* when terror got your address?

●Big *dogs* / Groot *honde*
●A *Gun* in the safe /
'N *Wapen* in die kluis?
●Electric *fence*/ elektriese *heining*
● *Security Gates*/ *sekuriteits hekke*
● Being a member of a *WhatsApp SOS group* only / lid van *WhatsApp SOS groep* alleen
●📱Thinking you'll use your *cellphone when in trouble*/ Dink jy jy sal jou *selfoon kan gebruik in nood*
●💡Goeie *beligting* reg rondom jou huis sal aanvallers afweer/ *effective security lights* will deter attackers
●🌃Believing attacks only happen *past midnight?*/ Glo jy dat aanvalle slegs snags gebeur?
●🎯Are *YOU* a soft target? Is *JY* 'n sagte teiken

⬇Verminder jou *risiko* om in die nag aangeval te word /Reduce your *Risk* of being attacked at night
⬆Vermeerder jou lae van *verdediging* en *koop vir jou tyd* om hulp te kry/ add to your layers of *defence* and *buy some time* to get help
• first challenge
*❗don't trust employees* -they may sell information / *❗moenie werknemers vertrou* nie
•🆘first call should be to *armed, trained response*/jou eerste roep moet wees na *opgeleide gewapende reaksie*
•🛎first alarm should reach you if an attacker is at the *fence of your house*/ eerste alarm moet jou bereik as jou aanvaller by jou *heining* is
•*⤵reduce hiding places*(unlocked outbuildings, store rooms, wendy's, shrubs) inside and outside your yard / *Verminder wegkruipplek* (oop stoorkamers, wendy huisies, struike) binne en buite jou erf
• *close your windows* at night/ *maak vensters snags toe*
•het al jou vensters *diefwering*/do you have *burglarbars* infront if all your windows?
•sal jou huidige *sekuriteitshekke* voor jou buitedeure aanvallers met breek toerusting uithou?/ will your current *security gates* in front of your doors,  keep attackers with break-in tools out?
•will your *small 🐶dogs* inside your house wake you before your alarm goes off, should they enter/sal jou *Klein🐶hondjies* jou waarsku voor die alarm indien die aanvallers in jou huis is.
•is jou *alarm gekoppel aan gewapende reaksie?*/ is your *alarm linked to armed reaction?*
•Is daar *sekuriteitshek in jou gang* tussen woongedeelte en slaap gedeelte?/do you have *security Gates* between living and sleeping areas?
⏳⌛jou kanse om 'n aanval te oorleef is nou *DRASTIES* LAAG/ your chances to survive an attack now, is *DRASTICALLY* LOW/
⚠teen die tyd moet daar *gewapende opgeleide reaksie* oppad wees om jou te help. ♦paniek knoppie♦WhatsApp ♦buurtwagradio/ by this time *trained armed reaction* should already be on their way to help.
•now you have to *survive 20 minutes* until help arrive. You should be armed and confident in handling your weapon. Which is on you -NOT IN THE sAfE- if you had self-defence training your risk of dying declines a little, with proper hand gun training, even more/nou moet jy vir die *volgende 20 minute* kan oorleef tot hulp opdaag.
Met selfverdediging opleiding kan jy jou risiko verklein, met handwapen opleiding selfs meer.
🛑As jy nie in *wapens en sekuriteit* glo nie, as *klein hondjies in die huis jou irriteer*, as jy nie hou van *toesluit* nie, as jy onwillekeurig glo dat *alle mense goed* is, dan is jy die *ideale teiken* vir 'n plaas- of dorpsaanval. Word wakker.  Jy het 'n verpligting teenoor jou familie./If you don't believe in *arming yourself,* and in having *small dogs* in your house, if you don't believe in *locking doors,* and if you believe that *all people are good,* consider yourself the *next target* for an attack. You have a responsibility towards your family.

*#layeryourdefences*
*#laevanverdediging*
*#reduceyourrusk*
*#verlaagjourisiko*

Bron:
https://www.facebook.com/groups/veiligheidsisteem/

Boer van Lichtenburg geskiet tydens rooftog

Deur Deur Alani Janeke 25 Junie 2018


Foto: Alani Janeke.

Drie verdagtes word tans gesoek nadat ’n boer Maandagoggend op pad na Lichtenburg tydens ’n rooftog geskiet is.
Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê mnr. Danie Cronjé het kontant by hom gehad toe die verdagtes hom van die pad gedwing het.

Johan, Danie se broer, sê die verdagtes het op sy broer begin skiet terwyl hulle hom van die pad gedwing het en hy is in sy een kuit gewond.

“Twee van die mans, wat gewapen was, het uit hul voertuig geklim en Danie beroof, terwyl die derde verdagte in die voertuig gewag het,” het Johan gesê.

Die verdagtes het Cronjé van alles behalwe sy bakkie beroof. Hy het ná die voorval na die polisiekantoor op die dorp gery om die voorval aan te meld. Hy is in ’n plaaslike hospitaal behandel. “Ons is baie dankbaar dat hy vir ons gespaar is,” het Johan gesê.

Danie vier eerskomende Vrydag sy 43ste verjaardag. Die twee broers spekuleer met beeste en woon op ’n plaas in die omgewing.

Dit was die derde voorval waartydens ’n lid van die landelike gemeenskap in Noordwes sedert Saterdag in aanvallers se visier was.

Mnr. Kallie Schoonraad is Saterdagaand op sy plaas in die distrik Rustenburg doodgeskiet, terwyl mnr. Peter Dawson Sondagoggend vroeg op sy kleinhoewe in die Hartebeespoort-omgewing tydens ’n rooftog doodgeskiet is.

‘Een moord is een te veel’

Pienaar het landelike gemeenskappe aangemoedig om paraat te wees.

“Dit was ’n baie hartseer naweek vir Suid-Afrika en die landbou. Een moord is een te veel. Dit maak nie saak of dit op ’n plaas, in ’n stad, op ’n dorp of langs ’n pad is nie. Daar is te veel moorde in Suid-Afrika. Alle lewens maak saak en een moord is eenvoudig een te veel.”

Gee plaasmoorde dieselfde aandag as taxigeweld.

Intussen het Agri Wes-Kaap ’n dringende ontmoeting met mnr. Bheki Cele, die Minister van Polisie, versoek om by hom te hoor hoekom die polisie se landelike beveiligingsplan steeds nie daarin slaag om landelike bewoners te beveilig nie. Dit volg nadat mnr. Jeffrey Zetler, ’n bekende aarbeiboer van Stellenbosch, ook oor die naweek vermoor is.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes word gesoek nadat Zetler Saterdagmiddag op sy plaas vermoor is. Hy is met ’n mes gesteek.

Agri Wes-Kaap sê luidens ’n verklaring die organisasie wil Cele tydens dié ontmoeting ook dringend versoek om meer hulpbronne aan die Wes-Kaap beskikbaar te maak om die SAPD se landelike beveiligingsplan behoorlik te implementeer.

Hulle wil Cele vra om ook dieselfde sterk standpunt teen plaasmoorde in te neem as wat hy die naweek teen moorde wat met taxigeweld verband hou, ingeneem het.
Die organisasie het sy medelye uitgespreek met die naasbestaandes, kollegas, familie en vriende van Zetler.

Bron: Landbouweekblad 
https://www.netwerk24.com/landbou/Nuus/boer-van-lichtenburg-geskiet-tydens-rooftog-20180625

Sunday, June 24, 2018

Farm Murder update: Daughter flees farm attackers after father is killed

The daughter of a 64-year-old Broederstroom man managed to escape three farm attackers and ran for her life to get help after they had shot and killed her father in the early hours on Sunday.
Daleen van Manen | 47 seconds ago

Peter Dawson (65) and his daughter Chanti (30).

Crystal Dawson (28) ran through bushes and an electric fence to flag down motorists after her father, Peter Dawson, was shot and killed by three armed attackers in their house in Broederstroom near the African Swiss restaurant..

Dawson and Crystal were watching television around 01.00 when Crystal went outside to smoke. Three armed men overpowered her and forced her back into the house. They shot Dawson in the chest, killing him, and spent more than 30 minutes ransacking the house. They broke open a safe and took a 9mm pistol, among other thing.

“The robbers dragged Crystal to the bedroom where they tried to tie her up. She somehow managed to escape and ran for her life,” Dawson’s older daughter Chanti (30) told the Kormorant. “She ran through the bushes and crawled through an electric fence before she reached the road (R512) and tried to flag down motorists. Finally a couple stopped and Crystal could call us.”
Dawson’s three daughters were visiting him for the weekend. Chanti and her younger sister went out on Saturday night while Crystal stayed with her father.

“The attackers told Crystal that they had been watching us for a while and knew my sister and I were out. They said they had been waiting for us to return.”

“After I got the call from Crystal we rushed home. I was first on the scene and I found my father dead. He was shot in the chest.”
According to Romano van der Spuy, chairman of the Hartbeespoort community policing forum, indications on the scene were that more suspects were involved. “It seems more men were waiting in an Izuzu bakkie a distance away while the attackers were busy in the house. Dawson’s body was found in his bedroom. He was hit over the head with a firearm and then shot once in the chest. The robbers fled with the victims firearm and various other goods.”

The Hartbeespoort police are investigating all leads to catch the robbers, Van der Spuy said.

Source: Kormorant
https://kormorant.co.za/42156/daughter-flees-farm-attackers-father-killed/#.Wy-fRjt0nJp.facebook

Plaasaanvalle: 2 pa's Saterdag doodgeskiet

Deur Susan Cilliers
24 Junie 2018 12:07

Foto: Facebook 
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=2158584207688259&id=1613572102189475

Die polisie in Noordwes ondersoek twee afsonderlike rooftogte waarin twee pa’s doodgeskiet is.

In Rustenburg is die 47-jarige Kallie Schoonraad trompop geskiet toe hy sy kind en sy skoonpa te hulp gesnel het. Sers. Ofentse Mokgade, polisiewoordvoerder in Rustenburg, sê vyf rowers het die Schoonraads Saterdagaand op ’n plaas in die Shylock-omgewing naby Rustenburg oorval.

“Die man wat doodgeskiet is (Schoonraad) se skoonpa was buite die huis met sy kleinkind toe die rowers opdaag. Hulle het begin skree en die slagoffer het uit die huis gekom. Die rowers het hom net daar geskiet.”

Volgens Mokgade is die rowers toe die huis in, waar hulle Schoonraad se vrou, sy skoonpa en die kinders aangerand het. Hulle het huishoudelike goedere en vuurwapens gesteel, waarna hulle met die familie se Toyota Fortuner gevlug het. Die polisie soek nou na dié wit voertuig met die registrasienommer JTT 179 NW.

In ’n afsonderlike rooftog Saterdagaand is nóg ’n pa doodgeskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het in ’n rooftog op ’n hoewe naby Hartbeespoort.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die rooftog het gebeur net nadat familie wat op die hoewe gekuier het, teruggekeer het huis toe.

“Die 64-jarige man en sy dogter (28) was alleen by die huis toe drie rowers hulle oorval. Die dogter was nog buite, maar hulle het haar aangesê om by die huis in te gaan. Daar het die gewapende rowers geld van die man geëis. Hulle het hom in die bors geskiet terwyl hy sy dogter probeer beskerm en met hulle onderhandel het.”

Volgens Funani het die rowers juweliersware, vuurwapens, twee televisies, ’n skootrekenaar en selfone gesteel voordat hulle gevlug het. Die polisie het nog nie die slagoffer en sy dogter se name bekend gemaak nie.

Sake van moord en huisroof word in sowel die Hartbeespoort- as Rustenburgaanvalle ondersoek. Teen Sondagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Netwerk24 
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/2-pas-in-2-plaasaanvalle-doodgeskiet-20180624?
_____________________

Plaasaanval: Dogter ontsnap ná pa voor haar vermoor word
24 Junie 2018
Cyril Blackburn

Nóg ʼn boer is dood toe ʼn groep verdagtes Saterdagaand laat ʼn gesin van Broederstroom in Noordwes in hul huis aangeval en gemartel het.

Volgens getuies is die boer en sy gesin glo net na middernag op hul plaas oorrompel en etlike ure lank gemartel voordat die verdagtes hom later in die kop geskiet het.

Lorenz Jooste, een van die getuies, vertel Sondag aan Maroela Media hy en sy verloofde was op pad terug van Roodepoort op die Muldersdrifpad toe hy ʼn vrou in die middel van die pad opgemerk het. Volgens Jooste het die vrou gepoog om ʼn motor langs die pad te laat stilhou.

“Ek wou eers nie stop nie omdat ek in die verlede al ʼn bloutjie geloop het, maar iets het my genoop om terug te draai en hulp aan te bied. Die vrou was in ʼn histeriese toestand, sy kon amper nie praat nie. Haar regterskoen was deurgeloop, sy was vol bossies en blare. Ons kon sien iets verskrikliks het gebeur.”

Jooste sê die vrou het uiteindelik aan hom en sy verloofde gesê dat haar pa pas geskiet is deur verdagtes wat hulle in die huis oorrompel het. “Sy het gesê die verdagtes het by die deur ingestorm en haar pa koelbloedig doodgeskiet. Hulle wou haar vasmaak en het haar gedwing om inligting te gee soos wanneer haar sussie tuis sou kom. Haar sussie was in daardie stadium in ʼn kroeg naby aan die plaas en die verdagtes wou haar ook oorval het wanneer sy tuisgekom het. Sy het die inligting glo gegee omdat hulle haar gedreig het, maar daarin geslaag om los te kom en het weggehardloop.”

Hy sê sy was “geweldig getraumatiseerd”. Jooste het toe na ʼn nabygeleë vulstasie gejaag waar hy die polisie op die 10111-noodnommer ontbied het, maar niemand het glo geantwoord nie. Die getraumatiseerde vrou kon egter binne die winkel van die vulstasie haar man, wat in Stellenbosch bly, bel, en haar man het op sy beurt haar suster gebel en vir haar gesê om nié na die plaas terug te keer nie.

“Dit was net betyds. Die vrou se sussie was glo reeds op pad na die plaas toe, maar hulle het toe by ons aangesluit by die vulstasie. Dit was ʼn geweldige slegte ervaring.”

Die groep het in dieselfde tyd daarin geslaag om die Hartbeespoort-polisie te ontbied wat toe na die toneel is. Jooste sê hy het saam met die groep agter die polisie aangery.

“Die polisie het op die toneel skote geskiet. ʼn Mens is nogal bang, jy weet nie wie is geskiet nie. Ek was gewapen, maar wou nie binnegaan nie omdat ek nie geweet het wat presies op die toneel aangaan nie. Ons het ʼn rukkie later ʼn oproep ontvang wat sê dat alles veilig is en dat ons kan binnekom.”
Die presiese gebeure rondom die voorval is nie bekend nie. Na wat verneem word is die boer, sy vrou en dogter asook ʼn ouer man deur die groep, wat later gevlug het, gemartel.

Die polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig. Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Maroela Media
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/plaasaanval-dogter-ontsnap-na-pa-voor-haar-vermoor-word/

MOORD te BFN, opvolg: Polisie lê beslag op selfoon van minderjarige na aan Mans

Deur Suzanne Venter
24 Junie 2018 00:01

’n Roudiens is gister vir Natasha Mans (41) gehou by die Ou Apostoliese kerk in Bloemfontein-Wes. Foto: Verskaf

Die polisie wat die moord op Natasha Mans ondersoek, het Vrydag beslag gelê op die selfoon van ’n minderjarige wat na aan haar was.

Volgens mense in die binnekring het die kind ’n bohaai daaroor opgeskop, maar die pa het die foon toe aan die polisie gegee.

Die polisie se forensiese span het ook monsters geneem by ’n gat wat in die straat voor die oorledene se huis in Groenvlei, Bloemfontein, ontdek is. Die gat is glo vars gegrawe.

Mans (41) het saam met haar kêrel, Dennis Casten (48), in dié huis gewoon.

Sy het op 31 Mei verdwyn nadat sy glo gaan stap het. Haar lyk is 13 dae later in die erf van haar huis gekry. Sy is vermoedelik op die dag van haar verdwyning vermoor, in ’n vrieskas gehou en toe later geskiet en op die erf gelos.

Familie en vriende van Mans het Saterdag ’n roudiens vir haar bygewoon in die Ou Apostoliese kerk in Melvillerylaan, Bloemfontein-Wes. Sy is reeds Donderdag veras. Priester Werner Piechazek, wat in 2015 haar 15-jarige dogter begrawe het nadat sy verkrag en vermoor is, het ook dié diens waargeneem.

Daar was geen toesprake by die diens nie. In die begrafnisbriefie was daar ’n boodskap van haar seun, Braam Koekemoer (16).

“Daar is nie woorde hoe ek oor ma voel nie . . . ma was die een wat altyd daar was vir my, my opgetel het waar ek geval het . . . die een wat net die beste vir my wou gehad het,” het hy geskryf.

Hy het ook geskryf: “. . . wens daar kon net nog een kans wees wat ons net kon praat oor als . . .”

Braam het vir jare saam met sy pa in Namibië gebly, maar hulle het onlangs Vrystaat toe getrek sodat Braam nader aan Natasha kon wees.

Natasha het nog ’n seun, Anroux Botha (8), wat by sy pa, Johan Botha, in Bloemfontein bly. Op die begrafnisbriefie was daar ’n prentjie van ’n blom in ’n blompot wat hy vir sy ma geteken het met die woorde: “Lief vir Mamma. Ek gaan vir Mamma mis.”

Volgens bronne in die binnekring is daar kwade gevoelens tussen van Mans se familie en Casten. Sommige familielede wou nie hê hy moet die roudiens bywoon nie, maar hy was wel daar. Hy kry glo baie swaar en het telkemale tydens die diens in trane uitgebars.

Mans het ’n koeëlwond in die bors gehad toe sy gevind is.

Haar dood het aanvanklik soos ’n selfmoord gelyk, maar dit het later geblyk die .375 Magnum-rewolwer wat by haar lyk gekry is, is nie die vuurwapen waarmee sy geskiet is nie.

Verskeie mense wat naby aan Mans was, het aan
Rapport gesê sy en die minderjarige wie se selfoon gekonfiskeer is, het gereeld vasgesit.

“Sy (Natasha) het my meer as een keer in trane gebel en vertel van hul verskriklike uitvalle. Sy het gesê sy sal nie verbaas wees as die persoon ooit probeer om iets aan haar te doen, soos om haar te vergiftig nie.”

Bron: Rapport
suzanne.venter@rapport.co.za
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/polisie-le-beslag-op-selfoon-van-minderjarige-na-aan-mans-20180623