Saturday, October 28, 2017

Swart Maandag Byeenkomste in protes teen Plaasmoorde.


BETHLEHEM

Middag Almal
Op Maandag, 30 Oktober 2017 sê ons NEE @ Plaasmoorde in Bethlehem - Oos-Vrystaat!


Plek: Raubex Konstruksie Perseel op die Lindley pad.

Tyd: 10h00 & weer om 14h30

Tema: @ Plaasmoorde



Albei sessies sal deur 'n predikant gelei word.
Ons vra dat u die vlg doen;

 - ons petisie teken

- jy 1 van die 2 sessies of sommer albei bywoon.

- ons sal plakkate verskaf, maar as jy jou eie het, bring asb saam.

- bring ook 'n waterbottle saam, dit word warm.

 Dié 2 sessies word wettig gehou.

 Ons vra dat u met u motor, bakkie of trekker opdaag.

 Ons sal reël dat die Media teenwoordig is!

 Versprei asb na al u groepe toe!

 Kom ons sê ALMAL saam dat genoeg nou genoeg is!! Vat aan ons Boere en jy vat aan Ons!!

 Kontak my as jy 'n petisielys wil bekom om by jou werkplek te laat teken asb!



Isoldé


BLOEMFONTEIN

Motoroptog teen #plaasmoorde Maandag in #Bloemfontein

09:10 (GMT+2) Sat, 28 Oct 2017
Bloemfontein - Die Mangaung-Metro-Munisipaliteit het toestemming verleen aan Boere In Nood vir 'n motoroptog teen plaasmoorde, Maandag in Bloemfontein.

Organiseerder Frikkie van der Walt verduidelik die optog sal om seweuur die oggend oorkant die vulstasie by Windmill op die Jagersfonteinpad bymekaarkom.

 “Ons sal agtuur open met gebed en daarna vertrek met polisie op die N1-Noord waar ons by Langenhovenpark se afrit ’n u-draai oor die brug sal maak en weer op die N1-Suid na die casino se afrit sal gaan en die roete so paar keer herhaal.”

Van der Walt meld verder dat geen voetgangers toegelaat word nie so almal moet in of agter op voertuie wees.

 “Almal dra Maandag swart, en die wat kan, maak baniere en dra wit kruise,” versoek Van der Walt.

 Hy sê verder 'n memorandum sal ook aan die polisie oorhandig word.
Vroeër het die Wes-Kaapse plaasvooman, Chris Loubser, in ’n hartroerende video mense gevra om Maandag swart te dra om hul meegevoel met slagoffers en hul teenkanting teen plaasaanvalle te wys.



OFM-Nuus

https://www.ofm.co.za/article/local-news/252519/motoroptog-teen-plaasmoorde-maandag-in-bloemfontein

----------

Goeie middag almal

Die optog is goedgekeur en ons het die toestemmings brief ontvang.

Die byeenkoms.

Almal kom bymekaar vanaf 7 uur maandag oggend oorkant die garage by windmill casino,  ons sal 8 uur open met ñ gebed en daarna vertrek met poliesie se eskort, ons gaan die N1 vat na jhb waar ons by LHP se afrit ñ u draai oor die brug sal maak en weer die N1 terug CA se kant toe sal vat tot by die casino se afrit en sal die roete so paar keer herhaal, ons sal dan gaan tot by die bymekaar kom punt en sal daar die memorandum aan die poliesie oorhandig rondom 11 uur, na die oorhandiging sal daar weer met gebed afgesluit word. Daarna sal almal tyd he tot en met 1 uur om te verdaag vanaf die perseel.

Optog reëls.

Ons mag slegs die linker baan van die N1 gebruik en alle afritte sal vir ons geblokkeer word deur die poliesie.

Ons mag geen wapens of  enige voorwerpe wat iemand kan seer maak by ons dra die dag nie.

Daar is geen voetgangers toegelaat so almal moet in of agter op voertuie wees dis hoekom ons vra dat almal wat deel neem oorkant die garage bymekaar kom saam die poliesie.

Ons vra ook dat niemand gedurende die optog alkol sal gebruik nie asb.

 Almal dra asb maandag swart, die wat kan maak asb banniere vir stop plaas moorde en dra wit kruise.

Samewerking is noodsaaklik vir maksimum impak en ons versoek almal om asb maandag die karre optog te ondersteun.

Groete

Frikkie Van Der Walt



Help asseblief boodskap versprei!





Kanonkop Wine Estate

R44, Between Paarl And, 7607 Stellenbosch, Western Cape
Die Boere in Suid-Afrika sê GENOEG IS GENOEG. Ek sê, ons sluit die R44 en N1 op Maandag 30 Oktober vanaf 06:00 in herinnering aan ons Boere wat alreeds deur misdaad in ons land omgekom het.
Sonder Boere sal ons Landbou ekonomie in duie stort. Elke Suid-Afrikaner kan opstaan en DANKIE sê vir n boer wat sorg dat ons kos op die tafel het en dat ons nie lewe in bankkrotskap nie.
Staan op en SKREE GENOEG IS GENOEG. DIE REGERING SÁL LUISTER.

BRING:
Jou pa se GROOTSTE plaasbakkie/trekker/stroper.
Bring jou Polo met jou John Deere sticker.
Vir eendag in jou lewe, staan saam.

Posters, vlae enige iets wat sê Genoeg Is Genoeg


MOSSELBAAI

MOSSELBAAI en Distrikte;
Goeie naand almal. Nadat Dit met die CSF Bestuur bespreek is,  plaas ek hierdie op die groep, sodat Ons as hartenbos heuwels CSF ook met die ander buurtwag groepe op die dorp kan ondersteun.

Hierdie boodskap is by al die Sektor 2 lede / groepe versprei nadat Dit met die voorsitters bespreek is.
Met betrekking tot die toenemende moorde op boere, dirpsmense  in die land is daar besluit om as Boere en Ondersteuners van Boere en dorpsmense wat uitgemoor word, eerskomende Maandag 30 Oktober n optog deur Mosselbaai te hou en n memorandum aan die Burgemeester en SAP te oorhandig.

Die plan is dat ons almal wat kan bywoon om 11:00 vm soveel as moontlik Boere en Plaaswerkers dorpsmense bymekaar kom by die oop stuk grond suid van die Engen garage op Hartenbos, Tussen Hartenbos skool en die Louis  Fourie Pad)
Indien moontlik kom met Trekkers,Bakkies en Lorries en Trokke, karre ens.

Dra swart as julle so gelei voel.
Vandaar sal ons dan n optog deur Mosselbaai hou en verdaag.

Stuur hierdie boodskap aan alle boere en vriende vir wie dit saak maak, van en ondersteuners aan die Landbou.

Dit kan dalk 'n tydjie neem, so laat ons nie haastig wees nie.

Geduld Gaan aan die orde van die dag wees.

Die Verkeers dept is betrokke en Gaan help met die beheer van Verkeer en vloei van die optog.

Ondersteun asb.



Baie Dankie.

Philip.

OUDSHOORN

Boodskap vanaf Herman Mathee, Oudtshoorn/Calitzdorp boer

Goeie more ek is n trots boer wat ok nou al gatvol is om te hoor hoe ons boere uit gemoor raak ek stel voor dat al ons boere met hul trekers Odn tot stilstand bring Maandag midag 12 uur so kan dit nie aan gaan nie ek wil ok he dat my 2 seuns eendag die boerdery kan oor vat en boer so ek soek boere wat murg in hulle pype het en wat boere bloed in hule are het om my te help en te onder steun om so ding te reel vir Maandag jule hoef nie worry nie ek sal voor ry ek kom sommer meu my 8 wiel treker en met nog 2 ander ek is beruit om 40 km te ry met hulle tot op Odn net om my Mede boere te ondersteun so dit het tyd geraak dat ons boere wys wat in ons steek my pa het nie bang kinders groot gemaak nie so dink ek het julle pa hule ok nie ek verwag dat die boere hier my help want hoe is jou hart dan as jy nie wil iets probeer nie al help dit nie veel nie kan ons se ons het iets geprobeer ek is trots n boer te wees km ons staan saam en wys dat jule ok trots is om n boer te wees ek is nie bang nie ek sal voor ry ma as ek terug kyk wil ek trots voel oor ons se boere kom mane wys wat in ons boere steek ons almal trek swaar in die droogte ons kan nie nog toe laat dat mense ons uit moor nie iemand moet net dit help reel leke dag vir almal

🚜🚜🚜🚜🚜🚜

Goeie more ek is n trots boer wat ok nou al gatvol is om te hoor hoe ons boere uit gemoor raak ek stel voor dat al ons boere met hul trekers Odn tot stilstand bring Maandag midag 12 uur so kan dit nie aan gaan nie ek wil ok he dat my 2 seuns eendag die boerdery kan oor vat en boer so ek soek boere wat murg in hulle pype het en wat boere bloed in hule are het om my te help en te onder steun om so ding te reel vir Maandag jule hoef nie worry nie ek sal voor ry ek kom sommer meu my 8 wiel treker en met nog 2 ander ek is beruit om 40 km te ry met hulle tot op Odn net om my Mede boere te ondersteun so dit het tyd geraak dat ons boere wys wat in ons steek my pa het nie bang kinders groot gemaak nie so dink ek het julle pa hule ok nie ek verwag dat die boere hier my help want hoe is jou hart dan as jy nie wil iets probeer nie al help dit nie veel nie kan ons se ons het iets geprobeer ek is trots n boer te wees km ons staan saam en wys dat jule ok trots is om n boer te wees ek is nie bang nie ek sal voor ry ma as ek terug kyk wil ek trots voel oor ons se boere kom mane wys wat in ons boere steek ons almal trek swaar in die droogte ons kan nie nog toe laat dat mense ons uit moor nie iemand moet net dit help reel leke dag vir almal



Stuur asb aan almal wat jy ken

PRETORIA 


 RICHARDSBAAI


VEREENIGING

STUUR AAN SOOS ONTVANG ASB NA AL U KONTAKTE?

Daar is baie stories en videos ivm Maandag 30 Oktober 2017, maar dit gaan ons nie stop nie!
ONS IS N PAAR BOERE WAT GEPRAAT HET, EN ONS IS GATVOL!
Gatvol dat ons altyd die rasiste is!
Gatvol dat daar so baie misdade teen ons blankes gepleeg word, en daar niks daaraan gedoen word nie!
Gatvol vir die moorde en aanvalle op ons in ons dorp, op ons kleinhoewes en op ons plase!
Gatvol dat so baie onskuldige lewens geneem word!
Gatvol om net stil tesit en pakslae te kry!

JA ONS BLANKE VOLK IS GATVOL, GATVOL EN GATVOL!

Nou gaan ons begin opstaan vir ons volk, ons boere en ons kinders se voort bestaan in hierdie land!
Op Maandag oggend 30 Oktober 2017 gaan ons om 5h00 by Checkers Arconpark in Vereeniging by mekaar kom, waarna ons om 5h15 na die R59 snelweg sal beweeg en die snelweg na alle kante sal sluit!

Ons sal daarop aandring dat die burgermeester ons moet kom besoek, waarna ons n boek teen plaas moorde en aanslae teen ons blankes, met ons hantekeninge van almal daar, aan hom sal oorhandig wat hy dan aan die parliment sal moet oorhandig!

Ons nooi al die boere, besighede en die publiek om hande tevat en saam ons te kom staan!

Staan asb hierdie tyd af en kom ons maak n verskil?

Bring u "banner", trekter, trok, bakkie, motor, motorfiets of selfs u perd en kom ons wys dat ons nie gaan toelaat dat ander ons blankes sal onder kry nie, en dat ons nou gatvol is dat hulle probeer om dit reg te kry!
Hierdie aksie sal op n beskaafde blanke manier, sonder enige geweld gedoen word en ons sal deur alles tot stilstand te bring bewys dat ons gatvol is en dat genoeg nou genoeg is!

Ons gaan nie verder toelaat dat ons vertrap word en gemoor word en alles dan net dood gepraat word en onder die tafel in gevee word en daar niks daaraan gedoen word nie!
ASB KOM STAAN SAAM ONS, EN HELP ONS OM GEHOOR TE WORD?

SHARE ASB HIERDIE BOODSKAP MET AL U KONTAKTE SODAT DIT SOOS N VELDBRAND KAN VERSPREI?
ONS HOOP VERTROU EN BID DAT ONS U MAANDAG OGGEND SAL SIEN!

BAIE DANKIE.