Tuesday, August 30, 2016

ONDERHOOF 9 KEER GESKIET: STERF IN HOSPITAAL WEKE LATER


ONDERHOOF 9 KEER GESKIET: STERF IN HOSPITAAL WEKE LATER

Johan du Toit. Foto: Netwerk24

POSTED BY: ARMAND CLOETE 30/08/2016

Die onderhoof van Hoërskool Akasia, is vanoggend oorlede nadat hy in Junie tydens ’n huisroof in Pretoria nege keer geskiet is.

Die 57-jarige Johan du Toit se vrou, Retha, wat ’n onderwyseres by dié skool is, het bevestig dat haar man ná meer as 12 weke in die hospitaal dood is.

Du Toit het verlede week begin vordering maak toe hy vir die eerste keer in twaalf weke sy bewussyn herwin het.


Http://100punt6.co.za/onderhoof-9-keer-geskiet-sterf-hospitaal-weke-later/
-------
Johan du Toit (57), onderhoof van Hoërskool Akasia, is Dinsdagoggend oorlede nadat hy in Junie tydens ’n huisroof in Pretoria nege keer geskiet is.
Sy vrou, Retha, ook ’n onderwyseres by dié skool, het Dinsdagoggend bevestig dat haar man ná meer as 12 weke in die hospitaal dood is.
Du Toit het verlede week begin vordering maak toe hy vir die eerste keer in 12 weke wakker geword het.
Hy was tot verlede week nog onder verdowing.
Een van die koeëls is uit Du Toit se liggaam verwyder en die ander agt is dwarsdeur hom.
Du Toit is geskiet toe hy die drie rowers in sy huis in Pretoria-Noord op heterdaad betrap het.
Kapt. Rheineth Motlana, polisiewoordvoerder, sê die rowers het die deur met ’n koevoet oopgebreek. Hulle het net ’n plasma-TV gebuit, het Netwerk24 vroeër berig.
Retha het haar dankbaarheid uitgespreek vir die liefde en ondersteuning vanuit die gemeenskap.

“Veral dankie aan die dokters van die Eugene Marais-hospitaal.”

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/onderhoof-sterf-na-hy-9-keer-geskiet-is-20160830