Sunday, February 26, 2017

Dogter verkrag tydens plaasaanval

‘n Egpaar is op hulle plaas op die Bloempoortpad deur sewe mans oorval, aangerand en hulle dogter verkrag.
Janine van Staden | February 22, 2016


'n Groot aantal boere, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapslede en Buurtwaglede het die plaas gefynkam na 'n plaasaanval, en twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Om ongeveer 20:30 het ‘n werker aan die gesin se deur geklop om koeldrank te koop, terwyl hulle sit en televisie kyk het.

Kort daarna het hulle ‘n geluid by die deur gehoor, waarna sewe aanvallers die deur oopforseer en die huis binnegedring het.

‘n Stoeigeveg het ontstaan, en die man is skrams deur sy oorlob geskiet.
Volgens adjudant offisier Stanley Magaela is daar ongeveer ses skote in die lug en op die vloer gevuur deur vier van die aanvallers.

Die gesin is beveel om op die vloer te lê en die mans het aangedring op die kluis se sleutel. Die vrou en dogter is deur die huis geneem en die dogter is in hierdie tydperk verkrag.

‘n Nabye buurman van die gesin het onraad vermoed en saam met van sy werkers na die gesin se huis gegaan om ondersoek in te stel.

Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant, selfone, juwele en elektrieseware van die perseel af gevlug.

Die buurman het dadelik oor die boere bandradio geroep vir hulp en daar het binne minute ‘n groot aantal boere en gemeenskapslede by die perseel opgedaag.

Die plaas is gefynkam deur lede van Marble Hall Buurtwag, Toitskraal Buurtwag, Charlie R25 (Bloempoort) Buurtwag, Loskop Buurtwag, Groblersdal Buurtwag, Stoffberg Buurtwag, Gunmar Sekuriteit, Bellum Sekuriteit, Lezmin Sekuriteit, dr. Carel Hancke, Groblersdal polisie en LifeMed Ambulansdienste.

Kort voor lank is ‘n verdagte in die lande opgespoor en dadelik in hegtenis geneem, ‘n platskerm televisie is ook in die land gevind en na nog ‘n uur se gesoek deur dié lede, het hul nog ‘n verdagte in die lande gevind en in hegtenis geneem.

Van die gesteelde goedere soos ‘n handsak met juwele en kontant is ook in die soektog teruggevind, maar geen wapens nie.

Vyf ander verdagtes het in ‘n Toyota Venture van die toneel af gevlug en die soektog na hulle duur voort.
Na verwagting sal die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is Vrydag (vandag) in Groblersdal in die hof verskyn.

Graag bedank Groblersdal Polisiestasie, alle betrokkenes vir hul puik reaksie.

http://mobserver.co.za/43284/dogter-verkrag-tydens-plaasaanval-2/#.WLDx6UXotVs.facebook

Tuesday, February 21, 2017

The body of Mr. Roger Solik (66) was found in the Inzinga River.

The body of Mr. Roger Solik (66) was found in the Inzinga River. The body of his wife Christine (57) was found late last week after a ruthless farm attack.

Suspects initially robbed the couple on their farm situated on The Bend Estate in Nottingham Road in Natal, and the suspects decided to kidnap the couple and dump them somewhere.

When the police found the body of Mrs. Solik, it was clear that she was horribly beaten and her hands and feet were tied. There was a pillowcase over her head when she was found.

Read – Roger Solik (66) still missing after horrific farm attack

Read the original article in Afrikaans on Die Vryburger

South Africa Today – South Africa News


February 21, 2017 - Nuus
Mnr. Roger Solik (66) se lyk is in die Lothenirivier in Impendle gevind nadat sy vrou Christine (57), se lyk laat verlede week in dieselfde rivier gevind is. Mnr. Solik was ‘n Parkinson-lyer.



Terroriste het hulle aanvanklik beroof op die The Bend-landgoed in Nottingham Road in Natal, maar hulle het toe besluit om die egpaar saam te neem en te ontvoer.
Toe mev. Solik gevind is, was dit duidelik dat sy gruwelik aangerand was en haar hande en voete was vasgebind. Daar was ’n kussingsloop oor haar kop toe sy gevind is.

Foto: Die Solik egpaar


http://www.dievryburger.co.za/2017/02/egpaar-se-lyke-in-selfde-rivier-gekry/

Mr. Solik (66) found in the Inzinga River

The body of Mr. Roger Solik (66) was found in the Inzinga River. The body of his wife Christine (57) was found late last week after a ruthless farm attack.

Suspects initially robbed the couple on their farm situated on The Bend Estate in Nottingham Road in Natal, and the suspects decided to kidnap the couple and dump them somewhere.

When the police found the body of Mrs. Solik, it was clear that she was horribly beaten and her hands and feet were tied. There was a pillowcase over her head when she was found.

Read – Roger Solik (66) still missing after horrific farm attack

Read the original article in Afrikaans on Die Vryburger

South Africa Today – South Africa News


February 21, 2017 - Nuus
Mnr. Roger Solik (66) se lyk is in die Lothenirivier in Impendle gevind nadat sy vrou Christine (57), se lyk laat verlede week in dieselfde rivier gevind is. Mnr. Solik was ‘n Parkinson-lyer.



Terroriste het hulle aanvanklik beroof op die The Bend-landgoed in Nottingham Road in Natal, maar hulle het toe besluit om die egpaar saam te neem en te ontvoer.
Toe mev. Solik gevind is, was dit duidelik dat sy gruwelik aangerand was en haar hande en voete was vasgebind. Daar was ’n kussingsloop oor haar kop toe sy gevind is.

Foto: Die Solik egpaar


http://www.dievryburger.co.za/2017/02/egpaar-se-lyke-in-selfde-rivier-gekry/

Update: Dullstroom #FarmAttack victim dies, R20 000 reward for info

Sue Howarth (64) has passed away in hospital. A trusted source confirmed that the life support machines she was on, were switched off.

Jana Boshoff | 21 February 2017



A recent photo with Sue Howarth during a Sheepdog Trial competition.

Sue and her husband Robert Lynn survived a horrendous farm attack near Dullstroom over the weekend. They were tortured and dropped off next to the R33 (Belfast-Stoffberg Road), where they were later discovered by passersby.
They both sustained gunshot wounds to the head. Mr Lynn had a black bag tied around his neck whilst Mrs Howarth had a plastic bag shoved down her throat. Both victims had burn wounds.

Mrs Howarth never regained consciousness since she was discovered groaning in pain next to the road. She had multiple skull fractures after the ordeal. Mr. Lynn is recovering in hospital. He still has a bullet lodged in his neck.

The couple’s vehicle was discovered abandoned in Middelburg in front of a tavern this morning.

Mrs Howarth will be remembered as a ‘straight shooter’ and strong woman with a heart of gold who made an impression where ever she went. She was a well known face at sheepdog trials and had a passion for Border Collies.

• A family friend from Secunda, Vincent Taylor, offered a R20 000 reward for any information that will lead to the arrest of the perpetrators. Mr Taylor owns Secunda Security Services and says the money will be paid out in cash to the person who supplies the police with information that leads to a successful arrest.

Col. Phela Mahlangu, head of the detectives at the Middelburg Cluster, said that a task team has been established to work on the case around the clock. Any information and tip-offs can be sent to Sergeant Sithole on 079 392 6096.


http://mobserver.co.za/63612/63612/

Sunday, February 19, 2017

Message from the Solik Family

We never thought we would ever have to write a letter like this to our fellow South Africans.

On Friday, 17 February 2017, we received a call from W/O Du Plessis, Branch Commander SAPS Nottingham Road. He informed us that there had been a robbery at our family home at the Bend Country Estate, and that our mother Christine Solik (57) had been found in a river murdered some 70km away from the house.

Our father, Roger Solik (66), however, is still missing.

He has fought hard against Parkinson’s disease for twenty years. Daily medication is essential for his condition and, no matter how mentally fit he is, without his medication he will become totally dysfunctional within 48 hours.

It is critical that we find our father soon as he has hours to live. If you have any information please contact SAPS 10111, W/O Du Plessis 083-777-0898, or SA CAN 08616-72226. We would be very grateful for any assistance.

Our parents were inseparable and their relationship was something to aspire to. It is hard to understand that on their community farmland estate, with rolling hills and endless nature, and neighbours 100m away, that something so violent could happen. Please keep us in your thoughts and prayers.

THANK YOU to SAPS Nottingham Road, The Hawks, War Rooms, K9, Flying Squad, Crime Intelligence, Search and Rescue, Ezemvelo Honorary Officers Airwing, Nottingham Road Land Owners Association, KZN Farm Associations, Careline Crisis Centre, Enforce Investigations, Together SA CAN and the outpouring from the community and friends. Whilst we find ourselves in the most difficult and tragic circumstances, the teamwork under the leadership of SAPS gives us hope.


The Solik Family

http://us2.campaign-archive1.com/?u=2901cebaa9bf2d751f6d0cbe5&id=0fcdebae85&e=[UNIQID]

Source: SA Rural Security Facebook page



Man steeds vermis ná KZN-plaasaanval

19 Februarie 2017
Maroela-redaksie


Roger Solik (63) word steeds vermis nadat hy en sy vrou Vrydag op hul plaas in die Nottingham Road-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is. Christine (56) se liggaam is later die dag gevind.

“Die Nottingham Road-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Bure het Vrydag na die huis gegaan om ondersoek in te stel toe die egpaar nie enigsins gesien is of hul selfone geantwoord het nie.”

Volgens Zwane het die bure, met hul aankoms, gesien daar is by die huis ingebreek en die polisie is ontbied. “Polisiebeamptes het bloedvlekke in die huis opgemerk. Die egpaar is aangerand en ontvoer.”

Die Impendle-polisie het later die liggaam van ʼn vrou gevind. Haar hande was vasgebind. Maroela Media verneem Christine se liggaam is in die Inzinga-rivier gevind.”

Die egpaar se motor is by Taylors Halt gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor waar Roger homself bevind, om dadelik met hulle in verbinding te tree. Hy ly na bewering aan Alzheimer se siekte.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-steeds-vermis-na-kzn-plaasaanval/

Egpaar kritiek ná Dullstroom-plaasaanval



Robert Lynn is in ʼn kritieke toestand en sy vrou, Sue Howarth, in ʼn bedenklike toestand in die Life MidMed-hospitaal in Middelburg, hospitaal ná hulle gemartel is tydens ʼn aanval op hul plaas in Dullstroom.
David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het aan Maroela Media bevestig die egpaar is Sondagoggend omstreeks 02:00 oorval.

“Twee egpare, Robert en Sue en Alan en Claire Taylor, woon op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom,” het Spohr verduidelik. “Hulle is almal in hul 60’s en albei egpare is oorspronklik van die Verenigde Koninkryk. Hulle woon egter reeds minstens 30 jaar lank in Suid-Afrika. Hulle het nie kinders nie.”

Volgens Spohr het Sue vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis, en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand toe hulle haar in daardie kamer aantref.”

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar in hul Nissan Hi-Rider-bakkie weggery. “Hulle het Robert, met ʼn blinddoek oor sy oë, in die bos afgelaai. Hy kon eers, toe die son opgekom het, homself loswikkel en na die pad toe stap. Daar het hy Sue langs die pad aangetref.”

Volgens Spohr het daar motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. Iemand het uiteindelik verbygery en het in Belfast hulp ontbied. “ʼn Veiligheidsmaatskappy het na die toneel gehaas en die egpaar aangetref. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor. Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asem haal. Hulle is in ʼn ambulans na Belfast-hospitaal geneem voor hulle na Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

Robert het verskeie steekwonde in sy rug en bene en is vermoedelik ook met ʼn blaasvlam gebrand. Sue is steeds in ʼn koma.
Volgens Spohr is die egpaar se skootrekenaars nie gesteel nie en daar was ook ʼn goue borsspeld en ring langs die bad.
Adj. Willem Haugh, ondersoekbeampte van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. “Die egpaar is deur drie persone aangeval en gemartel. Hulle is langs die Stoffbergpad afgelaai,” het hy gesê. “Hulle is omstreeks 07:30 vanoggend gevind. Die aanvallers het met ʼn klein bedrag kontant en die egpaar se Nissan Hi-Rider gevlug.”

Volgens Haugh het die aanvallers vermoedelik deur ʼn venster ingebreek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Spohr het gesê Robert was ‘n ingenieur by Eskom en Sue het vermoedelik by ‘n beleggingsmaatskappy gewerk voor hulle afgetree en na Dullstroom verhuis het.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/egpaar-kritiek-na-dullstroom-plaasaanval/