Sunday, December 11, 2016

Onthou van Geloftedag, Vrydag 16 Desember 2016!



Die Gelofte

My broers en landgenote,
hier staan ons tans op hierdie oomblik
voor die heilige God van hemel en aarde
om aan Hom ‘n Gelofte te maak:
As Hy met ons sal wees met sy beskerming
en ons vyand in ons hande sal gee
dat ons hom oorwin,
dat ons die dag en datum elke jaar sal deurbring
as ‘n verjaarsdag en ‘n dankdag
soos ‘n Sabbat tot sy eer
en dat ons ‘n tempel sal stig tot sy eer
waar dit Hom sou behaag
en dat ons dit sal sê ook aan ons kinders
dat hulle met ons daarin moet deel tot gedagtenis
ook vir ons opkomende geslagte,
want die eer van sy Naam sal daardeur verheerlik word
dat die roem en eer van oorwinning
aan Hom gegee sal word.
Amen.
(Met erkenning aan oom Buks Barnard).

Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
NAHUM 1:15 AFR53
http://bible.com/5/nam.1.15.AFR53

GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee

Dit is 15 Desember 1838,  Saterdag  namiddag laat.

Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier,  beweeg  64  kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.

Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere,  hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.

Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu,  die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert  hulle intog in Natal  in Januarie daardie jaar.

Aan die spits van hierdie optog, fier en regop  op sy perd, ry Andries Pretorius,  leier en kommandant.

Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van  sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...

die Trekkers wat rustig oor die Drakensberge in die omgewing van die huidige Oliviershoekpas  die “Beloofde Land “ ingetrek het... hoe hul leier, Piet Retief na Dingaan is om oor grond te gaan onderhandel, hoe hy en  sy 69 makkers verraderlik wreed op 6 Februarie deur  Dingaan in sy hoofstad doodgeslaan  en hul verminkte lyke op Dhlomo Amabuto (Moordkoppie) buite die stat gegooi is... hoe die Zoeloe-impi’s op 17 Februarie die niksvermoedende  Trekkers by Moordspruit, Blaauwkrans en Weenen  aangeval en 485 mans vrouens en kinders uitgemoor het...baie van die klein kindertjies aan die voetjies gegryp en hul koppies teen die wawiele vergruis het...
Hy dink aan die strafkommando  van kommandant Piet Uys   wat by Italeni in ’n hinderlaag gelok is en waar hy en andere gesterf het, asook sy 12-jarige seun, Dirkie ’n heldedood gesterf het toe laasgenoemde doodsveragtend ingejaag het om  sy vader  te gaan help toe die reeds geval het!

Hy dink aan ander Zoeloe-aanvalle, die nood, die honger, die siektes en die koue wat sy mede-Trekkers in die daaropvolgende maande moes ly en hy dink met trots aan die standpunt wat die Boervrou ingeneem het toe daar sprake was dat die Trekkers die land moes verlaat...terug oor die berge.    Hul het gesê, “Ons bly net hier...die dood van ons kinders moet gewreek word!”

Hy onthou die dringende boodskap wat hom op die verre Oosgrens van die Kolonie bereik het waar hy self besig was om reg te maak om ook te trek…”Jy moet dringend kom help!”

Hy het dadelik reageer en slegs 23 dae daarna was hy by sy mense aan die bo-lope van die Tugela-rivier en binne dae is ’n strafkommando georganiseer en na beste vermoë toegerus. Hulle was verarm, klere verslete, kos en medisyne  min,  maar daar was ’n brandende gees om onreg te gaan regstel. In die wakis was daar die voorlaaiers, die buskruit en die Bybel...maar geen wit vlag nie!

Hy kyk oor sy manne waar hul afdaal na die plek waar, toe nog aan hom onbekend,  ’n veldslag sou plaasvind waarvan die gevolge tot in die verre toekoms nog sou uitkring!

Agt dae gelede by ’n plek, nou bekend as Danskraal, naby Ladysmith,  het ’n paar Engelse uit Port Natal (Durban) onder leiding van Alexander Biggar  hul opwagting by hom gemaak.

Biggar wou weet, “ What are you doing here, Commandant?”

Sy antwoord: “We are going to punish Dingaan for the atrocities committed by him on my people!”

Die Engelsman het so oor die groepie Trekkers gekyk en met ’n handgebaar oor hulle heen, opgemerk,  “With this Commandant?...you don’t know what you are doing!   Dingaan has got a well-trained army of between 32 and 40,000 men...you might be outnumbered by about  50 to 1 in an armed conflict!”

Die man het sin gepraat.

Daardie aand, op 8 Desember het hy, Andries Pretorius en Sarel Cilliers, die Geestelike leier van die ekspedisie,  sy watentklappe agter hulle twee  toegemaak en vir mekaar die vraag gevra, “Wat nou?!”

Gedurende die nag het ’n gedagte wat reeds ’n geruime tyd gelede al by hom  opgekom het, gestalte gekry toe hul albei besef hulle taak is byna menslik onmoontlik...alleen sou hulle kommando nie kon slaag nie, en mislukking sou die totale uitwissing van die Trekkers in Natal tot gevolg kon hê.

Daar was net EEN uitweg!  Vertikaal na Bo...Na die Almagtige!

Daardie nag worstel Sarel Cilliers, bewus van die ernstige implikasies van ’n Gelofte aan God (gebaseer op die Skrif),  oor die inhoud van ’n Gelofte, en die volgende oggend op 9 Desember by Danskraal word dit,  na ernstige oorleg, ook met die ander Trekkers, as Gelofte aan God,  aanvaar en so ook staande, met die hoof ontbloot en die hoed op die bors, die eerste keer gelees en met ’n “Amen”, bekragtig.

Pretorius dink aan hoe die gelofte die afgelope sewe dae elke oggend met eerbied en oorgawe afgelê is.

Die eerste waens is reeds deur die rivier  toe van die verkenners wat elke dag vooruit gestuur is,  van oorkant die bulte oos van die rivier op dolle vaart aangejaag kom.  Hans de Lange (Hans Dons) rapporteer met die naderkom, net agter die bult, van ’n reuse-Zoeloemag... duisende van hulle!

Pretorius beveel dadelik dat hulle ’n walaer moet trek. Maar waar?

Sarel Cilliers wys na die oorkant van die rivier, waardeur hul sopas gekom het na waar ’n reuse-donga van 4 tot 5 meter diep reghoekig by die rivier aansluit, neffens ’n baie diep, kilometer lange seekoeigat, dig met riete begroei.

“Daar is die plek wat God reeds vir ons  jare van tevore al begin voorberei het!” sê hy.

En Pretorius beveel: “Terug deur die rivier en  trek laer in die hoek wat die donga met die rivier  vorm.”

Hyself ry die bult uit in die rigting van die aankomende Zoeloes, en staan dan in vervoering by die aanskoue van die aankomende mag...netjies en ordelik, assegaaie glinsterend in die ondergaande sonlig, die pluime op hul koppe lig wiegend in die aandwindjie, die voete trap ritmies op die grond;  Wit-, Swart- en Rooi skilde — elke regiment apart!

Tussen 15 en 20,000 in getal skat hy hulle!

Terug by die waens word die laer haastig, maar geordend getrek...hoe dikwels moes hulle dit nie al in die vorige dae op die trek doen nie? Veghekke word tussen en onder die waens geplaas en met kettings geheg. Doringtakke en ander versperrings word aangebring. Die drie kanonne (twee  klein breëbek- kanonne en een skeepskanon)  word strategies geplaas, die byna 1 300 stuks grootvee (perde en trekosse) word in die binnekring van die laer met rieme (neusrieme vir die osse)  aan pale wat in die grond gedryf is, vasgemaak. ’n Stormloop deur verbouereerde diere  sou fataal vir die ligte kakebeenwaens wees!

Oplaas word alles weer nagegaan:

Gewere word gelaai...daar is 3 tot 4 gewere per man. Dit is voorlaaiers wat van vooraf in die loop met net die regte hoeveelheid buskruit gelaai moet word, dit kry dan ’n pluis op om die kruit vas te hou en daarna word dit met ’n laaistok vasgestamp. Dan kom die loodkoeël of ’n aantal lopers ( ronde loodballetjies) wat ook met ’n pluis vasgestamp word...’n uiters omslagtige proses, veral nog as die vyand met groot spoed nader storm...dan word die ontbrandingbakkie by die vuursteen gereed gemaak, die haan word oorgehaal en dan eers kan die skoot afgetrek word!  ’n Goeie skut kon weer herlaai vir n volgende skoot....binne ongeveer 2 minute!..(Vergelyk dit met vandag se masjiengewere!)... en hoe ver hardloop ’n fikse swart kryger nie in daardie tyd?!

Na ongeveer 6 tot 8 skote was die geweer onhanteerbaar warm en indien nie baie versigtig nie, kon nuwe kruit wanneer dit  in die loop gegooi word, ontplof en ernstige wonde of selfs die dood veroorsaak.

’n Voorlaaier  skop ook geweldig. Daar kan nie uit ’n lê-posisie geskiet word nie...want die kolf kan jou sleutelbeen afskop.

Die lopers is reeds gedurende die afgelope dae in die regte hoeveelhede in afgemete stukkies skaapderm, toegeknoop sodat dit maklik gelaai kon word.

Die buskruit (swart kruit ) word sorgvuldig uitgemeet en noukeurig  toegemaak sodat water nie daarby kan kom nie. Dit  is higroskopies en trek derhalwe maklik water, en word dan swart modder en is onbruikbaar.

Sou dit gedurende die aanval reën, kan dit fataal wees vir die Trekkers.

Lang sweepstokke  met lanterns bo-aan, gevul met dierevet, word net buite die wa-kring  in die grond geplant om lig te verskaf in die geval van ’n nagaanval.

Die Zoeloemag, duidelik verdeel in drie afdelings,   het oorkant die rivier ontplooi.

Die aanvoerders, Dambuza en Ndlela,  lg. Hoof van die Generale staf was nie heeltemal gelukkig nie. Hulle advies aan Dingaan was dat ’n afsonderlike groot Zoeloe-leër gestuur moes word om die walaers met die ou manne en vrouens en kinders in, aan die Tugela te gaan uitwis. Hulle het ook gedink aan beleëring van die Strafkommando op ’n terrein waar hulle maklik uitgehonger kon word en waar hulle ammunisie deur skynaanvalle uitgeput kon word. Hierdie raad is deur Dingaan in die wind geslaan.

Alles was gereed en saam met die aandson, het die stilte oor die laer en ook die Zoeloes neergesak, so ook die miswolke wat skielik vanuit die ooste die laer en omgewing begin oordek het en klewerig aan die watent-seile begin kleef het.

Binne die laer is daar “Boeke Gevat” en aandgodsdiens gehou en vir oulaas is die Gelofte weer afgelê.

Toe het die aand- en lofgesange uit n groot mannekoor uit die laer opgeklink en was dit ironies genoeg,  die eerste aanhoor van die Evangelie deur die duisende swart manne wat daar buite in die donkerte op hul skildvelle gesit het.

Na huisgodsdiens is elke man, elkeen met sy eie gedagtes, na sy voorafbepaalde plek en het die lang wag op môre begin, want môre was die Dag van Beslissing, of Lewe, of die Dood, niks tussen-in nie — en geen Wit vlag nie!

Die nag van 15 Desember 1838 was ’n koue mistige nag. So dig was die mis dat ’n mens nie jou hand voor die oë kon sien nie.

Soos die nag gevorder het, het dit digter en natter geword...waar die klammigheid eers net die watentklappe nat gemaak het, het dit meer en meer geword totdat dit in klein stroompies begin afloop en poeletjies op die grond begin vorm het.

Vrees het ontstaan dat dit kon begin reën, dat die kruit nat kon word !

Teen dagbreek was die mis nog net so dig.

Toe eensklaps, asof deur n reuse-hand, word die miswolke weswaarts weggeveeg en breek die mooiste Desemberoggend aan!

Dit was asof God vir almal wou wys dat Hy ’n God van Sy Woord is en Sy kant van die Ooreenkoms sou nakom!

Dit laat ’n mens onwillekeurig dink aan Jes.30:18:

“En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ’n God  van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom  wag!”.

Sou dit verkeerd wees om, met groot respek, te sê dat God Self daardie nag met groot ongeduld gewag het dat die dag moes breek om Sy getrouheid te bewys?!

Die windjie het gaan lê en voor die trekkers was daar die vreesaanjaende gesig,  duisende der duisende swart krygers wat op hul skildvelle sit (die Rooies), slegs 50 meter van die laer af.

Na die westekant, die Swartskilde ook in duisende en oorkant die Ncomo die Witskilde , ook in hul duisende, wagtende op die bevel om aan te val.

Die bekende oskop-halwe-maan taktiek van die Zoeloe leër sou ook hier geld!

Vanweë die posisie van die laer, aan twee kante begrens deur die donga en die rivier, is die aanvalsterrein van die Zoeloes beperk tot slegs die westekant van die laer.   Hulle aanvalle sou soos in ’n nouerwordende tregter moet geskied, met noodwendige opeenhoping van krygers en gebrek aan behoorlike beweeglikheid; terselfdertyd ’n beter teiken vir verwoestende geweer- en kanonvuur!

Pretorius som die situasie vinnig op en besluit om die inisiatief te neem.

“Maar laat ons begin”,  beveel hy, ”lê aan en vuur!”

Met die eerste sarsie stort die eerste swart golf op die laer aan, maar die akkurate vuur uit die voorlaaiers, eers koeëls en dan lopers maai die aanvallers af...sommige val feitlik teen die waens, maar niemand  breek deur nie.

Die Zoeloes val tydelik terug, hergroepeer en val met hernude ywer aan...weereens word hulle teruggeskiet,  lyke begin ophoop naby die laer.

Die lug word so donker van die kruitrook van die gewere en kanonne dat Pretorius bevel gee om vuur tydelik te staak sodat die sig kan verbeter!

Van Zoeloekant gesien, het sake nie juis in hul guns verloop  nie:

In die eerste plek het die digte nat miswolke ’n nagaanval uitgeskakel en moes hul, skraal gekleed, in die nat en koue op hul skildvelle bly sit. Hulle was koud en styf na die vorige dae se opmars en die koue.

Die nat misweer wat die tentwaens aangeklam het, het ook die grond oppervlak nat gemaak en die potklei grond op die gevegsterrein glibberig laat word. In hul stormlope moes hul gaandeweg meer en meer oor die lyke van hul gevalle kamerade spring en op die gladde grondoppervlakte het dit  moeiliker geword.

Maar weer en weer storm hulle in...net om elke keer deur die haelbuie koeëls, lopers en die skroot van die drie kanonne afgemaai te word...dit word ’n slagting!

Die Ncomo-rivier word Bloedrivier.

Hulle probeer om deur die diep donga te kom, waar hul op mekaar se skouers moet klim om deur te kom, maar tevergeefs. Sarel Cilliers kry die bevel om die donga skoon te skiet, en na die slag verby was, is oor die 400 lyke daar getel.

Die drie kanonne saai verwoesting; en deur oral oor op die aanvallende sowel as die reserwemagte wat wag om aan te val, te skiet word verwarring gesaai.

Oorkant die Ncomo wag die Witskilde, die Elite-mag van Dingaan, vir die regte oomblik om aan te val, maar die tydstip breek net nie aan nie...die Rooiskilde, nou versterk met die  aankoms van die  Swartskilde. maak nie genoeg vordering nie, om die waarheid te sê, die aanvallers is tot stilstand gedwing! .

Regs van die Witskilde, oorkant die rivier, is die Generale Staf van die Zoeloeleër, in ’n klein groepie bymekaar vanwaar boodskappers heen en weer  na verskillende plekke op die slagveld hardloop om boodskappe  te neem.

“Maar steek hulle daar los” beveel Pretorius sy skeepskanon-operateur.

“Jammer kommandant, maar die kanon kan nie so vêr skiet nie,” is die antwoord.

“Dit MOET vandag so ver skiet!” kom die antwoord. “Skiet!”

Die kanon word herlaai , op die Generale Staf gerig en gevuur!

Die skoot val tussen hulle, en dood ’n aantal, waaronder 2 van Dingaan se seuns!

Op hierdie tydstip besef Pretorius dat die geveg dié dag beëindig moet word. Indien dit nie die geval is nie, en die Zoeloes val net tot buite bereik van die geweervuur terug, kon daar die komende nag, ’n nagaanval wees, of die laer kon beleër word met noodlottige gevolge.

Pretorius  maak ’n gaping in die walaer en 150 berede Boere onder leiding van Bart Pretorius, broer van kommandant Pretorius, bestorm die vyand. Hulle word egter teruggedryf in die laer en die geveg gaan voort.

Die Zoeloes val weer terug en die keer bestorm ongeveer 300 ruiters hulle, dryf ’n wig tussen die vyand in en verdeel hulle in 2 groepe; vertwyfeling pak hulle beet en hulle slaan skielik op ’n wilde vlug!

Die Zoeloe-opperbevel sien wat gebeur en stuur die Witskilde in. Hulle moes egter eers deur die driwwe bo- en onderkant die walaer gaan en met  hul aankoms daar  bots  hulle met  die wildvlugtende, verslane afdelings  van die Rooi- en Swartskilde. Pandemonium breek los en die volgende oomblik,  onder hewige kanon en  geweervuur,  slaan almal op die vlug!

Die slag was gelewer. Vir etlike ure nog agtervolg die ruiters die vlugtende massa en word daar nog baie gedood.

Die oorwinnaars keer eers teen die namiddag moeg en gedaan terug na die laer...

Rondom die laer en in die donga lê die lyke van ongeveer 3 000 swart krygers!

Aan Boerekant is daar geen verlies nie, slegs drie man, waaronder ook die kommandant, is lig gewond.

Voorwaar ’n wonderwerk!

Vanuit die laer die aand  rys daar die lof- en dankgesange van ’n oorstelpte en dankbare volk, ’n volk wat op daardie dag, 16 Desember 1838  Geloftevolk geword het tot vandag toe, voorwaar ’n Eer, maar ook ’n onomstootlike Verantwoordelikheid.

Al die Eer  aan die Groot en Almagtige God van Bloedrivier! Loof en verheerlik Sy Naam!



Waarom die “WONDER” van die slag van Bloedrivier?

Die besondere ligging van die laer tussen die donga en die rivier.
Dat met die lompe ou voorlaaiers die aanvalle gestuit kon word
Dat dit nie gereën het nie en die buskruit droog gebly het.
Dat die mis die nag so dig was dat ’n nagaanval onmoontlik was.
Dat die 1 300 stuks groot diere in die laer relatief rustig gebly het.
Dat die nat potklei die aanvallers se bewegings belemmer het.
Dat die Zoeloe-aanvoerders se planne om die agterlaers te gaan aanval deur Dingaan geveto is.
Dat  die kanonskoot op die Generale staf so ver getrek het.
Die “wit ruiters” wat gedurende die nag deur die Zoeloes oor die laer sien sweef het (Zoeloe-oorlewering)
Die “roofvoëls” wat deur die Zoeloes “gesien” is wat tydens die geveg op hul afgeduik het (Zoeloe-oorlewering)
Die byna onverklaarbare wyse en tyd waarop die mis oopgetrek het.




Vandag kan ons saam met die digter (Dr Louw du Toit) bely...



“Kinders van ’n duur Gelofte

Aan die God wat steeds bestier

Hier staan ons geslag ontredderd

Voor ’n groter Bloedrivier.

Kom ons kniel nou soos weleer

In die ou Gelofte neer

Bid dat God Hom nog ontferm

En ons in die stryd beskerm”



Ongeveer ’n week later kom die kommando by die afgebrande en verlate  Umgungundlovu aan ...die Zoeloe-volk het gevlug...

Buite die stat in die bosse lê die lyk van Ndlela, Opperbevelhebber van die dapper Zoeloe-leër,  met ’n osriem verwurg...die dank van Dingaan aan een van sy Zoeloe- helde!

Op die koppie, Dhlomo Amabuto, om die wit geblykte beendere van Retief, hang nog sy bladsak met die ondertekende en wettige koopbrief van die duur gekoopte grondgebied, Natalia.

( Die dokument word vandag nog veilig  bewaar in die Argiewe in Pretoria.)

http://www.gelofteland.org/index.php/ons-volk/23-kultuurdagboek/2026-bloedrivier-se-gebeure.html

#GELOFTESFEESKALENDER 2016

Met die oorgawe van 1994 is Hemelvaart as openbare rusdag weggeneem en het Geloftedag sommer oornag “Versoeningsdag” geword. Ons het opgegroei met die wete dat Geloftedag ‘n dag is waarin ons die ingryping van die Almagtige in ons volk se lotsbestemming, met verootmoediging, erken en herdenk. Aan die menslike versoening wat nou gevier word, het ons geen erg nie – ons betaal elke dag daarvoor met die bloed en trane van ons mense. Uit verset daarteen volstaan ons as volk dus daarby om Geloftedag te herdenk. Front Nasionaal wil al ons mense aanmoedig om vanjaar jou gesin en jou vriende saam te neem na een van die meer as 140 Geloftefeeste wat landwyd op 16 Desember gehou word.

(Alfabeties volgens Provinsie)

GAUTENG

AKASIA/DE WILDT
Jopie Fourie Terrein
08:00
Spreker: Bennie van Zyl van TLU
Kontak: Gawie Rossouw – 0721341105

BAPSFONTEIN
Plot 244, Bashewa
Spreker: Prof Henk vd Wateren
Kontak: Wayne Gibbs – 0828180696

BRONKHORSTSPRUIT
Feesterein op die plaas Wacht-n-bietjieskop
Spreker: ds Jan van Staden
Kontak: Neels Pohl – 0823350896

CARLETONVILLE
Ou Voortrekkerterrein
Kontak: Hendrik vd Merwe: 0846997645

CULLINAN
Cullinan Boere Unie Saal
Spreker: ds Gerhard Nieman
Kontak: Mias Smit – 0722383696

ENDICOTT (OOS RAND)
Nooitgedacht Plaas, Ermelo Pad
Kontak: Pooi Botha: 082 894 2426

GERMISTON
APK Oos-Rand
Spreker: ds Barend Hefer
Kontak: Chris J van Vuuren – 0829010508

HEIDELBERG TVL
Kafferskraal
Kontak: Jakkie Jordaan – 0839410286

KLEINFONTEIN
Diens: Ds Dolf Brits
Kontak: Charel Bezuidenhout: 0822556531

KRUGERSDORP
Paardekraalfees, Pretoriuskraal
Spreker: dr Christo Pretorius
Kontak: At von Well: 0823483828

PRETORIA
• Voortrekkermonument vanaf 07:00

• Gereformeerde Kerk Wonderboom
Kontak: Kobus Kok: 0826701961

• Pretoria-Oos
Pioniersmuseum
Kontak: Dries du Toit : 012 803 3018

• Verwoerdburg
Rooihuiskraal Terrein
Spreker: Theuns de Wet / Diens – ds Eduan Naude
Kontak: Drienie Smal: 0722116656

• Kloof Geloftefees
APK Wonderboom
Spreker: Fritz van Graan
Kontak: Lydia: 0825501424

• Waverley
Gogganoster Skoolsaal
Spreker: Ds Frans Joubert
Kontak: Frans: 0734823295

RANDBURG/LINDEN/NORTHCLIFF/ROODEPOORT
Waterval Fees, Albert’s Farm
Spreker: ds Christo Naude
Kontak: Hennie: 0731607343

VAALDRIEHOEK
Lion’s Creek Lapa
Spreker: ds Gert van Heerden
Kontak: Robert Fourie: 0836532514

VANDERBIJLPARK
Hervormde Kerk
Spreker: ds Andre Swanepoel
Kontak: Este du Plooy: 0727692483

KWAZULU NATAL

DUNDEE/VRYHEID
Bloedrivier
Spreker: dr Victor d’Assenville
Kontak: Johan Fourie: 0823204133

DURBAN
NG Kerk Ballito
Spreker: ds Thomas Dreyer
Kontak: Thomas: 0832528242

KZN SUIDKUS
Pennington Leisure Resort
Spreker: Louis Radyn
Kontak: Willie Pretorius: 0726150588

MARGATE
APK Suidkus
Spreker: ds Nico Coetzee
Kontak: Kobie Jacobs: 0828963236

NEWCASTLE
APK Newcastle
Kontak: Tinus Mare: tinusmare@telkomsa.net

PIETERMARITZBURG
APK
Spreker: ds Christiaan le Roux
Kontak: Christiaan: 0823069241

RAMSGATE
Ramsgate Swemstrand
Spreker: dr Mike Heaney
Kontak: Wessel Pretorius: 0823186195

VOLKSRUST/NEWCASTLE
Majubaberg
Spreker: Meinhard Pieters
Kontak: ds Paul Buitendag: 0828538900

LIMPOPO

ALLDAYS
Rossthomsaal
Kontak: ds Bertus Badenhorst: 0849841742

BALTIMORE
Gemeenskapsaal
Spreker: ds Thys Muller
Kontak: Danie Ehlers: 0824984436

DENDRON
Driedoornhoek Geloftefeesterrein
Spreker: prof Andries Raath
Kontak: Francois Fourie: 08336266573

DUIWELSKLOOF
Hervormde Kerk
Spreker: Ds Gawie Wolmarans
Kontak: Piet Vermaak: 0790197701

ELLISRAS
• Sarahbell Feesterrein
Spreker: Paul Kruger
Kontak: Kobus vd Merwe: 0845157162
• Steenbokpan Boereverenigingsaal
Kontak: Chris Erasmus: 014 763 4533
• Matjiesfontein Geloftefees
Spreker: Willem Frost
Kontak: Pieter Lamprecht: 0823720598

GRAVELOTTE
Kwaggasnek Geloftefees
Spreker: Cobus van Jaarsveld
Kontak: Gerrie vd Merwe: 0834599080

GROBLERSDAL
DLU Saal
Spreker: Alwyn de Klerk
Kontak: Andre de Beer: 0781611967

HOEDSPRUIT
Laerskool Mariepskop
Kontak: Melanie Wright: 0847674608

KAYASEPUT
Kontak: George Potgieter: 0829035752

LEEUPOORT
Karavaanparksaal
Spreker: Dirk Herman
Kontak: Stoffel Bester: 0828237652

LEVUBU
Gemeenskapsaal
Kontak: ds Petrus Kriel: 0828982081

LOUIS TRICHARDT
Schoemansdal Feesterrein
Spreker: ds Wynand vd Westhuizen
Kontak: Abrie Wepener: 0826862552

MARBLE HALL
Spioenkoppie Feesterrein
Kontak: Gerhard Fourie: 0828930333

NABOOMSPRUIT
Feesterrein langs Hoërskool Hans Strijdom
Spreker: Willie van Rensburg
Kontak: Johan de Beer: 0727762081

OHRIGSTAD
Voortrekkerbegraafplaas daarna Boeresaal
Kontak: Marnus vd Wal: 0837515536

PIETERSBURG
• Doornkraal Feesterrein
Kontak: Johan Willemse: 015 297 5922
• Strydpoort
Kontak: Jeanette le Roux: 0820659738

POTGIETERSRUS
Geloftefeesterrein
Spreker: prof Willie Coetzee
Kontak: Rudi Kruger: 0828098825

RANKIN’S PASS
Swaershoek Terrein
Spreker: ds A vd Berg
Kontak: Danny Nel: 0823778003

STERKRIVIER
Hangklip Boeresaal
Spreker: Mauritz Hansen
Kontak: Bertus Moller: 0834484784

TZANEEN
• Letaba Geloftefeesterrein
Kontak: Dirk Joubert: 0733774622
• APK Tzaneen
Kontak : Allan Campbell: 015 307 5407

WARMBAD EN WATERBERGE
• NG Kerk Wes
Kontak: Jan Greef: 014 736 6676
• Mabula Geloftefees (Mabula Boeresaal)
Kontak: Theo Ahlers: 0828247321
• Berlyn Geloftefees
Kontak: Willem Wieringa: 072 368 2069

WATERBERG
Doornfontein Feesterrein
Kontak: Mentha Kriel: 076 395 8644

MMPUMALANGA

BADPLAAS
NG Kerk Badplaas
Kontak: Rene J van Vuuren: 017 844 1145

BELFAST
Belfast Geloftefeesterrein
Kontak: Gerhard Kotze: 071 609 9266

BETHAL/STANDERTON
Grootfontein Feesterrein
Spreker: Marcus Pawson
Kontak: Hannes Human: 017 647 5875

DELMAS
APK Delmas
Spreker: Dr Willie Burger
Kontak: Annatjie Botma: 083 415 1470

DULLSTROOM
NG Kerk Dullstroom
Spreker: ds Lukas Steenkamp
Kontak: Marie Bredell: 082 451 1896

ERMELO
• Holland Geloftefees
Kontak: Petrus Taljaard: 0824934137
• Smitsfield Geloftefees
Kontak: Leon Grobler: 0828079264

GREYLINGSTAD/VILLIERS/GROOTVLEI
Wilgefontein Feesterrein
Spreker: Buks Barnard
Kontak: Hannes Strydom: 0823515979

HENDRINA
Spreker: ds Sam Heine
Kontak: Anton Pelser: 0828041796

LEANDRA
Eendracht Geloftefeessaal
Spreker: ds Samuel Louw
Kontak: Samuel Louw: 0824654725

LYDENBURG
• Badfontein
Kontak: Gerrie vd Merwe: 013 235 1248
• Noupoort
Kontak: Andre vd Wal: 0760722000
• NG Kerk Moedergemeente
Kontak: Ina Botha: 013 235 3101

MACHADODORP
Elandsfontein Feesterrein
Spreker: dr Koos Adendorf
Kontak: Izak Davies: 083 701 2243

MIDDELBURG
• Banke Geloftefeesterrein
Kontak: Willem Potgieter: 072 246 3159
• Middelburg Witkerk
Kontak: Jannie Schoeman: 082 3883 111
• Uitkyk Geloftefees
Kontak: Michiel Geldenhuys: 072 191 4325
• Olifantsrivier-Oos
Kontak: Neels Kruger: 0723424589

NELSPRUIT
NG Suid Geloftefeesterrein
Sprekers: ds Eksteen Botes / Boeta Claassen
Kontak: Diederick Scholtz: 0824001360

SECUNDA
Gereformeerde Kerk
Kontak: Werner Ernst: 082 663 9408

WITBANK
• Boerevolk Geloftefees
Kontak: Van J van Rensburg: 083 225 1405
• Witbank Geloftefees, Hervormde Kerk
Spreker: dr Pieter de Kock
Kontak: Leon Viviers: 082 894 5755

NOORD KAAP

BARKLEY-WES
De Kuile Geloftefees
Spreker: Werner Human
Kontak: Pieter Botes: 071 672 9653

DE AAR
APK
Kontak: ds Reyno Louw: 0764468683

FRASERBURG
CVO Skoolsaal
Spreker: adv Lourens Joubert
Kontak: Anmar Dumas: 053 381 3868

GROBLERSHOOP
Xheis Riverside Lodge
Kontak: Raymond: 082 336 9103

KIMBERLEY
APK Kruisgemeente
Kontak: ds Danilo Stolz: 084 444 4417

ORANIA
Oewerpark
Spreker: prof Koos Malan
Kontak: Jaco Kleynhans: 083 324 5631

UPINGTON
Volle Evangelie Kerksaal
Kontak: Yvonne de Jager: 082 338 0934

NOORDWES

ASSEN/BRITS
Swarthoek Geloftefees
Spreker: ds Adriaan Swart
Kontak: Dries Brits: 0828064320

BOKFONTEIN
Spreker: Stefan Pieterse (Afrisake)
Kontak: Herman Els: 0823772991

BOKKRAAL
Spreker: ds Soois Meiring
Kontak: Evert du Preez: 0836356528

BRAKKLOOF
Ou Brakkloof Laerskool
Spreker: Dirk Wijnbeek
Kontak: Louis Visser: 0763504010

BRITS
Brits Hoërskoolsaal
Spreker: ds Rossouw
Kontak: Cor Meintjes: 0827830720

DERBY
• ACVO Skool
Kontak: Willie vd Westhuizen: 079 528 4414
• Middelfontein Feesterrein
Kontak: Jaco de Jager: 082 854 9984

GROOT MARICO
Oberholzerskloof Feesterrein
Kontak: Hennie van Eck: 0832590223

HARTBEESPOORT
NG Kerk Hartbeespoort
Kontak: Riaan Badenhorst: 0836751483

LEEUDORINGSTAD
Brandhoek Plaas
Kontak: Ria Fouché: 082 882 0539

LICHTENBURG
• CVO Skool
Kontak: Hansie Theart: 082 922 5755
• Omkyk Geloftefees
Kontak: Johan Terblans: 0845143312
• Laerskool Burgersdorp
Kontak: ds Dawie Jacobs: 0834560831

MAKWASSIE
Beyersrus Gelofteterrein
Spreker: Japie Gouws (voors. ATKV)
Kontak: GAL Jonker: 0832278580

MOEDWIL
Windgatsaal
Kontak: Johnny Cloete: 0834177517

OTTOSDAL
Uitschot Gereformeerde Kerk
Kontak: Jannie Breytenbach: 0828729560

POTCHEFSTROOM
* Roepersfontein Feesterrein
Kontak: Fransie Nel: 0720228658
• Rooipoort Feesterrein
Spreker: Peet Nienaber
Kontak: Alet Fourie: 0769798310

RUSTENBURG
Hervormde Kerk Rustenburg Suid
Spreker: Victor Schultze
Kontak: Alet Potgieter: 0843324199

VRYBURG/SCHWEIZER RENEKE
Grootpan Geloftefeesterrein
Kontak: Cilliers Snyman: 0833834190

WOLMARANSTAD
Doornpan plaas
Spreker: Pieter vd Westhuizen (optrede deur Lance James)
Kontak: Willem Grobbelaar: 08326424725

ZEERUST
Rietvlei Feesterrein
Spreker: ds Philip Bredehann
Kontak: Danie Conradie: 0823229856

OOS-KAAP
Alexandria
Karel Landman Monument
Spreker: Willie Spies
Kontak: Marie Greyvensteyn: 0732323334

KOUGA
Hananja Akademie
Kontak: Wentzel Coetzer: 0725345914

QUEENSTOWN
Queenstown Geloftefeesterrein
Kontak: Kallie Knoetze: 0844136066

VRYSTAAT

ALLANRIDGE/ODENDAALSRUST
Saamtrek Geloftefeesterrein
Spreker: Anri Wheeler
Kontak: Jaco Grobbelaar: 0824172517

BETHLEHEM
Laertrek Geloftefeesterrein
Spreker: Sam de Klerk
Kontak: Wessel Lourens: 0824448818

BLOEMFONTEIN
• Bron van Herinnering
Spreker: Willie Engelbrecht
Kontak: Ds LJ Strauss: 0760610129
• Bloemfontein Suid – Plaas: Williamstrip op pad na Jagersfontein
Kontak: Johan Schlebusch: 0515750710
• Bergkraal Fess (naby Maselspoort)
Kontak: ds Robbie du Toit: 0844016117
• Rietfontein (distrik Verkeerdevlei)
Kontak: Marianne Oosthuizen: 0832290456

BOSHOF
NG Kerk Boshof
Kontak: Ds HJM Breedt: 0829249088

BOTHAVILLE
• NG Kerk Meyerhof
Kontak: Dalene Brink: 0731951540
• Loskuil Skool
Kontak: Frikkie Nel: 0828295723
• Voorbegin Wildplaas
Kontak: Natashia: 0184730668

CLOCOLAN
Clocolan Skougronde
Spreker: dr Arnold van Dyk
Kontak: Dawie Strauss: 0519437218

FRANKFORT
Geloftefeesterrein Van Rheenenskop
Kontak: Kobus Hattingh: 0829454137

HARRISMITH
• Groenfontein, Verkykerskop
Kontak: Bertie van Niekerk: 0839828324
• Feessaal Retiefklip
Kontak: Muller Fourie: 0828364864

HEILBRON
Vegkop
Spreker: dr Nicol Stassen
Kontak: Jasper vd Bijl: 0824537357

HENNENMAN
Samekoms Feesterrein
Kontak: Christoff Botha: 0725803601

KOPPIES
• Greenlands Geloftefeesterrein
Kontak: Matty Lotter: 0832630456
• Rooiwal Geloftefeesterrein
Kontak: Ben Vosloo: 0794950180

KROONSTAD
• NG Moederkerk
Kontak: Dries Otto: 0829233113
• Onder-Heuningspruit Geloftefeessaal
Spreker: prof Arno van Niekerk
Kontak: Carl Visagie: 0834627378
• Randjieslaagte plaas
Kontak: Annemarie Nigrini: 0836313362
• Welvaart Feesterrein (op pad na Lindley)
Kontak: Nico Lategan: 0833160561

LINDLEY
Groenvlei Feesterrein
Kontak: Kobus vd Berg: 0824156924

ORANJEVILLE OMGEWING
Saambou Feesterrein
Kontak: Gerrit du Plooy: 0829449290

PETRUSBURG
APK Petrusburg
Kontak: Willem Venter: 0823364431

PHILIPPOLIS
Gereformeerde Kerk
Kontak: Johanna Pohl: 051 773 0066

SENEKAL
NG Moederkerk
Kontak: ds Stephan Coetzee: 0823867675

THEUNISSEN
Hoërskool Theunissen
Kontak: Andre Ferreira: 057 733 0644

VILJOENSKROON
Dewetsdrif Feesterrein
Spreker: prof Isak Oosthuizen
Kontak: Nico van Aarde: 0827759560

WELKOM
Hoër Tegnies Skoolsaal
Kontak: Weitz Botes: 0827808518

WINBURG
NG Kerk Verkeerdevlei
Kontak: Hansie Human: 0833058446

WES-KAAP

CLANWILLIAM
Seekoevlei Feesterrein
Spreker: ds Soon Sevenster
Kontak: Hendrik le Roux: 0823752247

GLENTANA OUTENIEKWA
Kobus Hattingh-saal
Kontak: Stoffel Bester: 044 8790003

HARTENBOS
Amfiteater
Spreker: Dr Danie Langner
Kontak: Schalk van Vuuren: 083 628 7900

MOSSELBAAI
Stadsaal
Spreker: Flip Buys
Kontak: Piet Joubert: 0825627508

OUDTSHOORN
Oude Muragie Feesterrein
Spreker: Kobie van der Hoven
Kontak: Basie Wasserman: 044 2791891

PLETTENBERGBAAI
NG Kerk Wittedrif
Kontak: ds Chris du Preez: 044 535 9439

TIERFONTEIN
Geloftefeesterrein
Kontak: Dirk Gouws: 0836611060

TYGERBERG
EGK Tygerberg
Kontak: Derik Strauss: 0844086434

VANRHYNSDORP/VREDENDAL/NIEUWOUDTVILLE
Lankverwacht Gasteplaas – 20 km buite Vanrhynsdorp op pad R27 na Nieuwoudtville
08:00

NAMIBIë
VIERLINGE (KUNENE STREEK)
Bakenkop, Vierlinge Boerevereniging
Kontak: Francois: (+264)811491537

Friday, December 9, 2016

Werker vermoor glo boer op plaas

Werker vermoor glo boer op plaas
9 Desember 2016
Mariné Lourens

Argieffoto 

ʼn Noord-Kaapse boer is Vrydagoggend op sy plaas, buite Groblershoop, met ʼn mes doodgesteek.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 49-jarige boer het na bewering omstreeks 07:30 met een van die werkers op die plaas gestry. “Die werker het na sy kamer gegaan en ʼn mes gaan haal, voordat hy die boer na bewering drie keer in die rug gesteek het.”
Die boer het op die toneel gesterf. Volgens Mooi is ʼn 24-jarige Zimbabwiese verdagte in hegtenis geneem. “Hy sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.” Sy het gesê die ondersoek na die saak duur voort.
Maroela Media weerhou die naam van die oorledene totdat al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/werker-vermoor-glo-boer-op-plaas/

Thursday, December 8, 2016

Casper Venter (51) doodgeskiet.

Moot-man in huis doodgeskiet
8 Desember 2016
Nico Strydom


Casper Venter (51) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Villieria in Pretoria se Moot-gebied doodgeskiet.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurman van Venter het op sy lyk in ʼn leefgedeelte in die huis afgekom nadat Venter se vrou hom om hulp gebel het. Venter se vrou het ʼn skoot hoor afgaan en toe die buurman ontbied. Volgens Breedt het die voorval omstreeks 02:30 plaasgevind.

Renata Erasmus, woordvoerder van Life Med-ambulansdienste, het gesê Venter is op die toneel in Beyersstraat dood verklaar. Hy is in die bors geskiet.

Volgens Breedt vermoed hulle in dié stadium dat Venter moontlik ʼn inbreker betrap het en toe doodgeskiet is. “Ons ondersoek al die moontlikhede.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/moot-man-in-huis-doodgeskiet/

Wednesday, December 7, 2016

Moorde en aanvalle statistieke 2016

Soveel sterf al vanjaar in plaasaanvalle
7 Desember 2016
Nico Strydom




AfriForum en TLU SA het Woensdag bekend gemaak hoeveel plaasaanvalle en -moorde daar reeds vanjaar was.

Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het gesê die syfers vir plaasaanvalle en -moorde toon in 2016 vir die sesde agtereenvolgende jaar ʼn kommerwekkende styging. Volgens dié inligting was daar al vanjaar minstens 334 plaasaanvalle en 64 plaasmoorde. In 2015 was daar 279 aanvalle en 64 moorde.

Van begin Julie tot einde November vanjaar was daar minstens 141 aanvalle en 18 moorde. Die meeste aanvalle en moorde het in Gauteng voorgekom. In dié provinsie was daar minstens 37 aanvalle en vyf moorde.

In die Vrystaat was daar minstens 32 aanvalle en drie moorde en in die Oos-Kaap minstens vier aanvalle en drie moorde.

In dieselfde tyd verlede jaar (begin Julie tot einde November) was daar minstens 139 aanvalle en 30 moorde landwyd. Weer eens was die meeste aanvalle en moorde in Gauteng, naamlik minstens 25 aanvalle en 10 moorde.

Van die minstens 1 849 plaasmoorde sedert 1990 was 1 187 van die slagoffers boere, 491 direkte familie van boere, 147 werkers en 24 besoekers.

Volgens Van Zyl is nóg groot bekommernisse die vergiftiging van vee en dreigende besettings. “Die groot groepe aanvallers, die betrokkenheid van buitelanders en die benutting van tegnologie deur aanvallers is ook kommerwekkend.”

Sien die onderstaande grafika:






Bron Maroela Media:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/soveel-sterf-al-vanjaar-in-plaasaanvalle/








Bron: Maroela Media
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/jongste-neigings-in-plaasaanvalle/


Rowers probeer dogtertjie (2) uit kar pluk.

Rowers probeer dogtertjie (2) uit kar pluk
Boewe het Maandagmiddag probeer om ‘n twee en ‘n half jaaroue dogtertjie uit ‘n voertuig in die middedorp te ruk.
7 Desember 2016


Die familie het versoek om anoniem te bly om hul kind se identiteit te beskerm.
Volgens die dogtertjie se ma, gaan haal haar man hul kind gewoonlik in die middae by die skool. Op pad huistoe moes hulle stop by die verkeerslig waar Bhimy Damane- en Walter Sisulustraat kruis.
‘n Ouerige man het skielik hard aan hul bakkie se deur aan die bestuurderskant gepluk. Dit was gesluit. Maar die passasierskant was vir een of ander rede nie gesluit nie.
‘n Tweede boef het dit oopgeruk en die man se foon uit sy dogtertjie se hande gepluk. Dit was egter nie genoeg nie en hy het begin om die kind aan haar arms op te lig en haar gepluk om haar uit die voertuig te kry.
Hy kon nie daarin slaag nie, omdat haar beentjies aan die veiligheidgordel waarmee sy vasgebind was, vasgehak het.
Die boewe is toe weg met net die selfoon. Toe die mans op die vlug slaan, het die kind se pa eers sy voertuig afgeskakel en besluit om die booswigte agterna te sit.
Hy het egter besef dat hy nie sy kind alleen kan agter laat nie.
“Ek het vanoggend vir my kind se juffrou by die skool gesê om ander mammas te waarsku. Ons sluit gewoonlik die deure maar die een keer toe dit nie gesluit was nie, toe gebeur daar so iets. My man neem homself nou nog kwalik omdat hy niks kon doen nie,” sê die dogtertjie se ma.
•Daar is ook vroeër die jaar gepoog om ‘n kind uit ‘n kar te pluk in die Tosca Sentrum se parkeerterrein.

http://mobserver.co.za/60945/rowers-probeer-dogtertjie-2-uit-kar-pluk/

JC van Loggerenberg (13) dies on his way to fetch school report

WARNING: Graphic images — Boy dies on his way to fetch school report
Family mourns the death of their 13-year-old son who fell from a train this morning.
Bianca Pindral | 7 December 2016


The 13-year-old boy (right) who died after falling from a moving train.

“He was on his way to fetch his report from school when we last saw him,” his grandfather said on the scene.



Krugersdorp Detectives worked alongside Railway Police officers to gather evidence from a scene where a 13-year-old boy died.

The body of a 13-year-old boy was discovered at 7.40am this morning. It is believed the boy was on his way to school to collect his report.

Krugersdorp detectives worked alongside Railway Police officers to gather evidence from the scene where a 13-year-old boy died.

The body of a 13-year-old boy was found on the railway line near the corner of Albertina Sisulu and Chamdor Roads this morning at about 7.40am.

It is believed the boy, JC van Loggerenberg, passed Luipaardsvlei Station
before falling off the train.

It is not yet known what exactly caused the boy to fall from the train, but it is believed the carriage was overloaded and the boy was pushed out. This has not yet been confirmed by police.

The family of the boy were called to the scene to identify his body. The boy’s mother was with him moments before he passed away. Railway police denied access to the scene and the family was still waiting close to the scene at about 11.20am.


Railway Police were also still waiting for the forensic pathologist to arrive. The body of the boy was still lying between the two train tracks and the train traffic had not been halted.

Krugersdorp police detectives gathered evidence from the scene and had to move out of the way every time a train passed the scene.


Krugersdorp detectives worked alongside Railway Police officers to gather evidence from the scene where a 13-year-old boy died.

The boy’s family members were sitting in their vehicles mourning the loss of their beloved child so close to Christmas.

http://krugersdorpnews.co.za/314579/warning-graphic-images-boy-dies-on-his-way-to-fetch-school-report/

Tuesday, December 6, 2016

Sakeman-pa, dogter in gewilde Pta-kuierplek geskiet

Sakeman-pa, dogter in gewilde Pta-kuierplek geskiet
6 Desember 2016
Phillip Bruwer


Die eienaar van die gewilde kuierplek, Schivas Rock in Lynnwood in die ooste van Pretoria, en sy dogter is Dinsdagoggend in die kombuis van hul familieonderneming geskiet.
Volgens kelners wat by Schivas Rock werk, het twee gewapende mans omstreeks 10:20 die kuierplek binnegestorm en die eienaar, Andre de Almeida, en sy dogter Claudia, geskiet. Volgens inligting van die polisie is De Almeida 48 jaar oud en Claudia is 21.
De Almeida is in die linkerbors getref en Claudia in die gesig. Die aanvallers se gesigte was glo nie bedek nie. Die motief is in die stadium nie bekend nie, en dit is nie duidelik of iets tydens die voorval geroof is nie. Daar is ʼn skootrekenaar en selfoon op die toneel wat nie gesteel is nie.
Maroela Media het die toneel later besoek en met twee ooggetuies van ʼn nabygeleë mediese praktyk gepraat wat die gewonde pa en dogter ná die skietery bygestaan het.
Volgens Laurance Viljoen (24), die praktykbestuurder van Life Lab, het hulle omstreeks 10:24 ʼn vrou hoor skree. “Ons het glad nie die skote gehoor nie. Schivas is ʼn klankdigte kuierplek en die skietery het glo in die kombuis plaasgevind,” het Viljoen aan Maroela Media gesê.
Die slagoffer se vrou het kort daarna erg getraumatiseerd in die onderneming ingestorm en hulp ontbied. Een van Viljoen se werknemers, Olivia Kasselman (24), is ʼn opgeleide traumasuster en sy en Viljoen en ʼn plaaslike dokter is dadelik na die slagoffers om hulle by te staan.
Claudia is in die gesig getref, maar kon self na die ambulans stap, waarna sy in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.
De Almeida het egter kritieke beserings opgedoen. Die dokter, suster en paramedici van Advanced Paramedic Assist het nagenoeg ʼn uur lank gespook om sy lewe te red. Hy is in ʼn bedenklike toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Na verneem word, is niemand anders tydens die voorval beseer nie.
Die kuierplek is tot verdere kennisgewing gesluit.
Die Brooklyn-polisie ondersoek twee sake van poging tot moord.
Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur na die twee skieters. Hulle het glo in ʼn silwerkleurige Golf 7 van die toneel gevlug. “Albei slagoffers word in die hospitaal behandel. Die motief vir die voorval is onbekend. Die polisie is besig om alle leidrade op te volg, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie,” het Mavimbela gesê.




http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/sakeman-pa-dogter-in-gewilde-pta-kuierplek-geskiet/

Opvolg: Johan van Niekerk (59) met messe aangeval

NW-boer met messe aangeval: ‘Ounooi, hulle maak my dood’
6 Desember 2016
Mariné Lourens


Johan van Niekerk. Foto: Verskaf


Johan en Sonja van Niekerk by hul twee dogters, Hesna Rust en Gerna Breytenbach. Foto: Verskaf


Johan en Sonja van Niekerk. Foto: Verskaf

Johan van Niekerk (59), die boer van Noordwes wat Maandagaand buite sy huis op sy plaas met messe aangeval is, het na ʼn venster gestrompel en vir sy vrou geskree om te help voordat hy inmekaargesak het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep aanvallers het Van Niekerk omstreeks 20:00 op sy plaas, buite Delareyville in Noordwes, oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek. Hesna Rust, Van Niekerk se dogter, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Van Niekerk was op pad terug van die melkery toe dit gebeur het.

“Vyf aanvallers het my pa in die binnehof van die huis ingewag. Hulle het hom oorval en hom met messe oor sy hele lyf gesteek, meestal in sy rug, maar ook in sy arms en nek,” het Rust gesê. “My pa kon daarin slaag om na die badkamervenster te strompel en het vir my ma geskree: ‘Ounooi, hulle maak my dood!’. Toe het hy inmekaargesak.”

Rust vertel haar ma, Sonja van Niekerk (56), het die aanvallers buite die huis in die binnehof gesien en die deur oopgemaak sodat die honde kan uithardloop. Die aanvallers het op die vlug geslaan en Sonja het haar man die huis in gesleep en dadelik gebel om hulp te ontbied.

ʼn Dokter, sy vrou en ʼn verpleegster, wat op aangrensende plase bly, het na die plaas gejaag, waar hulle die bloeding kon stop en hom stabiliseer. Intussen het boere van onder meer Delareyville, Ottosdal, Vryburg en Wolmaransstad, hulle na die toneel gehaas om te help met die soektog na die verdagtes. Die verdagtes se spoor is tot by ʼn teerpad gevolg waar hulle verdwyn het.

Volgens Rust is Van Niekerk na ʼn private hospitaal in Klerksdorp geneem waar hy tans in ʼn geïnduseerde koma gehou word. “Hy is op ʼn ventilator omdat hy sukkel om asem te haal weens die swelling in sy keel. Sy toestand is ernstig, maar stabiel,” het Rust gesê.
Sy het gesê haar pa het op hierdie plaas grootgeword en bly sy lewe lank nog daar. Dit is die eerste keer dat só iets op die plaas gebeur. “Dit is vir ons baie skokkend dat so iets sal gebeur, want my pa is net goed vir al die mense met wie hy te doen kry,” het sy gesê. “Emosioneel gaan dit nie goed met my ma nie. Sy het ses maande gelede ʼn rugoperasie gehad en sy moes my pa se groot lyf alleen die huis in sleep. En om nou haar man so te sien… Sy kry baie swaar.”

Rust het gesê sy, haar sussie en albei se mans is tans op pad na Klerksdorp om hul ma by te staan.

“Ek wil namens ons hele gesin vir die gemeenskap ongelooflik baie dankie sê dat hulle so onbaatsugtig gehelp het en my ouers te hulp gesnel het. Jy kan nie dink dat een gemeenskap sommer net so soos een man kan inspring en help nie. Daar was seker meer as 100 boere op die toneel, dit was net ongelooflik. Uit die diepte van ons hart kan ons net sê baie, baie dankie,” het sy gesê.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/nw-boer-met-messe-aangeval-ounooi-hulle-maak-my-dood/

‘I want to rape you,’ says evil-eyed farm attacker

‘I want to rape you,’ says evil-eyed farm attacker

Victims Ms Sue and Mr Mark Hadiaris.
Victims Ms Sue and Mr Mark Hadiaris.
WHITE RIVER – Their eyes were dark and evil and their message clear – they were going to rape and kill her.
Ms Sue Hadiaris (49) still remembers looking down the long barrel of a large black gun. The man holding it was tall and thin with sharp facial features. His partner’s gun resembled his. They had killed her husband, Mark (55), 30 minutes earlier.
“Take off your clothes. We want to rape you,” one ordered before she was able to reach the panic button.
Four minutes later, Full Circle Security Services arrived. When the lights from their vehicles illuminated the crime scene, the perpetrators fled on foot.
“Once the police have caught her husband’s murderers, Sue will be able to identify them down to the sounds of their voices and their foreign, presumably Nigerian or Mozambican, accents,” said a family friend on Sunday.
The woman, who requested to remain anonymous, was supporting her friend who had been robbed and lost her husband somewhere between Friday night and Saturday morning.
Mr Mark and Ms Sue Hadiaris.
Mr Mark and Ms Sue Hadiaris.
“To Sue, everything happened so fast and some details are a blur,” she said.
Prior to the attack, the couple had enjoyed a pleasant evening with friends at the Night of the Lights festival in town. Mark, Sue and two friends returned to the Hadiaris’ rental home on Heidelberg Farm, which borders Msholozi.
Lowvelder was asked not to identify the owners of the farm for safety reasons. “We had a drink and went home. Their son, Scott (12), came with us for a sleepover,” said the friend. While enjoying a last drink outside on the stoep, two men charged the couple and forced them into the house at gunpoint.
The Hadiaris home. (Photo: supplied)
Where it happened: the Hadiaris home. (Photo: supplied)
From the kitchen, Mark took off towards the bedroom, “presumably to grab something they could use to defend themselves,” said the friend. Yet the robbers followed him and Sue heard a single gunshot echo through the night.
The robbers forced the Hadiaris couple into their home from the stoep. (Photo: supplied)
The robbers forced the Hadiaris couple into their home from the stoep. (Photo: supplied)
The robbers forced the Hadiaris couple into their home from the stoep. (Photo: supplied)
Photo taken on the scene. (Photo: supplied)
A bullet entered Mark’s chest, exited his back and went through the bedroom window. He died instantly. According to WO Gugu Phiri, spokesman for White River Police Station, this happened at around 02:00.
The assault on Sue began. First, her hand was cut. “We spotted a sharpened screwdriver on the scene. They might have used that to cut her, but she is not entirely sure whether that was the weapon,” explained the friend.
The robbers demanded access to the safe and emptied it. They took cellphones, a laptop, cash and jewellery worth thousands of rand and, once they could not find anything else, demanded that Sue come up with something.
She offered them her silverware. “What is it worth? Can I get money for it?” one robber asked. Sue affirmed this, fearing that her failure to cough up items worth stealing, would precede her murder. She was ordered to undress and realised that they planned to rape her first. “This was when she could finally access the panic button,” said Sue’s friend.
Full Circle arrived and the men left before they could carry out their threat. The police and the security company’s Mr Jan Barnard, thoroughly investigated the scene.
The bullet that killed Mark was not found.
An ambulance arrived to take Sue to the hospital, but she refused to leave the scene before her husband’s body had been collected by the police’s forensic pathologists.
On Saturday morning friends took her to Mediclinic Nelspruit. The wound on her hand was stitched up and she was discharged. After spending the night at her friends’ home, she left for Durban to be with family.
The Lowveld community has been reeling with shock since the incident. “Mark was a much-loved man,” said the family friend.
When the news of his death broke, many locals recognised him as the well-known biltong seller from White River, who regularly attended local markets and crawled into the hearts of his clients.
This part-time job complemented his daytime income, which he earned as an employee at forklift producers, Linde Material Handling.
Within hours of the incident, a large white cross was erected in his honour. It stands at the turn-off leading to Heidelberg Farm.
A cross was erected in Mark Hadiaris' memory.
A cross was erected in Mark Hadiaris’ memory.
The White River Sawmill is a well-known beacon located close to the turn-off. “We urge everyone to place flowers or other items at the cross to commemorate Mark,” said Mr Dian Pretorius.
Mr Bruce Macaulay, a White River resident who knew Mark well, said he was a “wonderful man who earned his living in an honest, decent way and lived with integrity. What happened to him and Sue was just awful”.
According to Phiri, no suspects have been identified or arrested yet and the incident has not been linked to any other recent crime in the area. “We urge anyone with information that will lead to the arrest of the suspects to contact WO Theunis Botha on
082-876-3572,” she said.
Sue issued a R5 000 reward for any information that will lead to the successful prosecution of the perpetrators.
She was ordered to take off her clothes and her home ransacked: http://lowvelder.co.za/365384/woman-lives-to-recount-husbands-shooting-death/


Female victim and a worker attacked by 2 suspects in the Broedersput area.

Community and police are reacting to the incident. Will update as info becomes available.

Tue-06-Dec-16 (12H00) Female victim and a worker attacked by 2 suspects in the Broedersput area. Community are reacting to the incidents. 2 suspects dressed in blue overalls have fled on foot in the direction of Delerayville - Vryburg road. Suspects are armed. Victims were stabbed (NW, Dr Ruth Segomotsi Mompati District, Naledi Municipality, Vryburg, Broedersput, MGRS 35J LL 00993 28878) [OGI]


https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1326511167393418&id=1032912406753297

Manie Steyn doodgeskiet

Man kort ná familie-braai doodgeskiet
5 Desember 2016
Mariné Lourens



Manie Steyn. Foto: Drift Reaction via Facebook

ʼn Man se bebloede liggaam is Sondag deur familielede in sy slaapkamer in ʼn huis in Elandsdrift naby Muldersdrift aan die Wes-Rand aangetref.
Sers. Linkie Lefakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, in sy 50’s, is omstreeks 01:00 die oggend doodgeskiet, maar sy dogter het eers omstreeks 12:00 op haar pa se liggaam afgekom. Lefakane het gesê die man het koeëlwonde in sy maag en been gehad.
“Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie. ʼn Saak van huisbraak en moord word ondersoek,” het Lefakane gesê.
ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, het die man as Manie Steyn geïdentifiseer. Volgens Drift Reaction het familie van Steyn Saterdagaand by hom gebraai en gekuier. Hulle het hom Sondagoggend gebel om te hoor of hulle kan kom help om skoon te maak en het bekommerd geraak toe hy nie sy selfoon antwoord nie.
“Toe die familie by sy huis aankom het hulle die voordeur wawyd oop gevind en bloedstrepe gesien wat van die deur in die huis ingelei het,” het Drift Reaction op hul Facebook-blad gedeel. Die maatskappy beweer Steyn se liggaam is met drie koeëlwonde in sy bors in die slaapkamer gevind.
“Dit is nie duidelik hoe die verdagtes toegang tot die huis gekry het nie. Dit kan wees dat Manie buitentoe gegaan het om vir sy hond ʼn been te gee, omdat ʼn been naby die bloedspoor gevind is. Dit is duidelik dat hulle hom by die deur geskiet het en hy het daarin geslaag om in sy slaapkamer te kom, die deur te sluit en sy vuurwapen te kry. Die slaapkamerdeur is deur die verdagtes oopgeskop. Dit is nie duidelik wat presies in die slaapkamer gebeur het nie, maar sy liggaam is langs sy oop kluis gekry en sy vuurwapen word vermis.”
Volgens Drift Reaction word daar uit die voetspore in die bloed afgelei dat daar drie verdagtes betrokke was. Verskeie waardevolle items is uit die huis gesteel.
Lefakane het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die Muldersdrift-polisiestasie by 011 952 4600 of Crime Line by 08600 10111 te bel.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-kort-na-familie-braai-doodgeskiet/