Monday, August 15, 2016

Bejaardes in huis in Dunnottar aangeval

Bejaardes in huis in Dunnottar oorval

Gewapende rowers het 70-jariges geskop en geslaan.

Lydia Rice | 15 Augustus 2016

‘n Bejaarde egpaar van Dunnottar is deur gewapende rowers in hul huis oorval, geskop en geslaan. Die 70-jarige huiseienaar is in die gesig met ‘n wapen geslaan waarna hy bloeiend vir meer as ‘n uur in ‘n kluis toegesluit is.

Die egpaar was saam met ‘n man wat hul TV kom herstel het op 11 Augustus om 19:00 by die huis toe twee rowers by die agterdeur ingeloop het.

Hulle het wapens, kontant, ou munte, messe en juwele gesteel en die bejaarde se twee ringe van sy vinger gestroop. Hulle het hom hierna in die kluis gedwing en toegesluit. Hulle het ook toerusting van die TV-werker gebuit.

Die bejaarde (wie se kopwond baie gebloei het) is na Life Springs Parkland Hospitaal geneem, maar is teen die naweek ontslaan.

Die twee rowers het deurgaans kalm in Engels met die drie slagoffers, maar Zulu met mekaar gepraat.

Volgens Adjudant Offisier Tommy Tomlinson van Dunnottar Polisiestasie het die rowers vermoedelik in ‘n wagtende voertuig gevlug. Enigiemand met inligting oor die voorval, kan die polisie by 011 737 9638 skakel.

http://heidelbergnigelheraut.co.za/17143/bejaardes-in-huis-in-dunnottar-oorval/#.V7G3NWkN77g.facebook