Tuesday, August 16, 2016

Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek

Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek 
MARK STEENBOK 
15:07 (GMT+2) Tue, 16 Aug 2016
Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek | News Article
Van die beskuldigdes tydens 'n vorige hofverskyning (Dane Beisheim/OFM-nuus)
Parys - Die staat het vandag die moordaanklagte teen vier van die beskuldigdes in die Parys-moordsaak teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Phaladi Shuping sê aanklagte teen Fanie Oosthuizen, asook Wian, Wikus en Muller van der Westhuizen is teruggetrek. Shuping sê nog 'n beskuldigde, 'n 17-jarige seun, se verhoor sal afsonderlik hanteer word. Hy sal weer op 9 September in die hof verskyn. Aanklagte teen die ander ses verdagtes staan en hulle moet weer op 18 November vir ‘n voorverhoorsitting in die hof wees. 
Die groep mans word daarvan beskuldig dat hulle twee beweerde plaasaanvallers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, so erg aangerand het dat hulle aan hul beserings beswyk het. Die twee mans het na bewering op 6 Januarie ‘n 73-jarige boer, Loedie van der Westhuizen, in sy huis aangeval. 
Die EFF het ná die voorval beweer dit was nie ’n plaasaanval nie, maar dat die twee mans op Loedie se plaas was oor ’n loongeskil.

“In hierdie stadium is ons van mening dat daar nie enige vooruitsigte is om vier van die mans suksesvol van moord aan te kla nie,” sê Shuping.
OFM-nuus
- See more at: http://www.ofm.co.za/article/local-news/191063/parys-moordsaak-aanklagte-teen-vier-teruggetrek#sthash.F4U9ovKZ.dpuf