Sunday, April 9, 2017

Farm Attack: Paulpietersburg, farm Maanskyn, KZN

Late report for;
Thu-06-Apr-17 (UNK) A worker spotted 5 suspects wearing balaclava's and alerted the farmer. The suspects fled when the alarm was raised and the Police and Community responded to the incident but the suspects had already escaped. There were signs that the incident was planned in advance (KZN, Zululand District, eDumbe Municipality, Paulpietersburg, farm Maanskyn)

SA Rural Security

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1448380948539772&id=1032912406753297
-------
PLAASAANVAL
6/4/2017
10:15
MAANSKYN PLAAS
PAULPIETERSBURG KZN
ARNO ENGELBRECHT

Vyf aanvallers gekleë in swart met Balaclavas op is gewaar deur een van Mnr Engelbrecht se werknemers. Die werknemer het alarm gemaak en die aanvallers het weggekruip en daarna gevlug.

Intussen het Mnr Engelbrecht homself in die huis toegesluit. SAPS en die gemeenskap het vlugtig reageer. Die plaas is onmiddelik afgekordon. Nooddienste was ook op die toneel.

Spore is gevolg met honde en lugbystand is ook ingeroep. Ongelukkig is geen aanvallers vasgetrek nie.

Daar was nagwagte en patrollies opgeroep om die area deur die aand ook te monitor.

Niemand is beseer tydens die voorval nie.

Kriptografiese tekens is naby die werf gevind wat aandui dat die aanval vooraf beplan was.

Spesiale Dank aan SAPS en Honde Eenheid vir vinnige optrede.

*OORGRENSE VEILIGHEID*
_Mag versprei word mits onveranderd gelaat word_


Saturday, April 8, 2017

Farm Murder: Mr. Van Es (55) stabbed to death

Lookout for a stolen Silver Chevrolet utility with a white canopy, Reg# FYD 843 MP. Suspects are armed (MP, Barberton)

Sat-08-Apr-17 (01h15) Pieter Jan van Es (55) stabbed to death after 5 suspects gained access to the residence. The other resident were not hurt during the incident. Suspects fled with household items, including a TV, and the victims vehicle (MP, Ehlanzeni District, Umjindi Municipality, Barberton, Farm Moseley) [OGI] {#plaasaanval #farmattack #farmmurder #plaasmoord}

PLAASMOORD, 08/04/2017, 01:15, PLAAS MOSELEY R40, BABERTON, MP, IDENTITEIT WEERHOU, 'n Huis roof was gerapporteer vanoggend teen ongeveer 01:15 op die plaas Moseley op die R40 pad. Vyf onbekende mans,  waarvan 3 gewapen met vuurwapens, het die plaas betree, en ingebreek by die opstal. 3 Persone was in die huis aanwesig, tydens die aanval. n Stoeiery het ontstaan en een van die inwoners is in die aanval met n skerp voorwerp gesteek. Hy het beswyk aan sy beserings. Die verdagtes het ekektriese toebehore (TV) geroof. Die TV is in 'n gesteelde bakkie, 'n Silwer Chevrolet Utility, met 'n wit kappie(Canopy), gelaai.

BOLO UITKYK!!!! FYD 843 MP, Silwer Chevrolet Utility (geen opsporingstoerusting). Alle rolspelers is reeds verwittig.

[OORGRENSE VEILIGHEID]
Verspreibaar mits onveranderd gelaat

SA Rural Security
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1449582985086235&id=1032912406753297

----------

Man doodgesteek in plaasaanval
8 April 2017
Landi Malan


Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Man is vroegoggend doodgesteek tydens ʼn plaasaanval in Mpumalanga.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 01:15 op die plaas Moseley in Barberton in Mpumalanga plaasgevind.
“Na bewering het vyf mans, van wie drie gewapen, op die plaas ingebreek. Daar was twee mans en een vrou in die huis,” het Hlathi verduidelik.
“Daar het ʼn struweling tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan en Pieter Jan van Es (55) is met ʼn onbekende skerp voorwerp gesteek en is op die toneel dood,” het Hlathi gesê.
Volgens Hlathi is die ander twee persone ongedeerd. Hy het bygevoeg dat die slagoffers uiters geskok is en nog nie in staat was om volledige verklarings af te lê nie.
“Die verdagtes het elektroniese toerusting gesteel en dit in die slagoffer se Chevrolet-afleweringsvoertuig gelaai en op die vlug geslaan.”
Die voertuig se registrasie nommer is FVD 843 MP.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof en moord is aanhangig gemaak.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-doodgesteek-is-plaasaanval/