Wednesday, August 31, 2016

Brandfort farmer injured with grass cutter during attack 
CHRISTAL-LIZE MULLER 
11:07 (GMT+2) Wed, 31 Aug 2016


Brandfort - The farmer involved in an attack on his farm Palmietfontein on Monday morning near Brandfort in the Free State sustained moderate injuries after he was attacked by five suspects.

Provincial Hawks spokesperson, S’fiso Nyakane, says Carl Gutter was treated for injuries on his hand and back after he was attacked with a grass cutter. 
Gutter was about to drive from his farm at about 07:00 when a man knocked on the window of his bakkie. The suspect pointed a fire arm at Gutter who managed to escape through the bakkie’s passenger door.  
A struggle ensued and one of the suspects fired shots at Gutter. He returned fire and injured one of the men in the back. 
The injured attacker later died in an ambulance on the way to a hospital. Nyakane says the police’s murder investigation continues. 
Gutter has not been arrested as the investigation continues. He says statements from Gutter and his wife still need to be taken after which the Public Prosecutor will decide if Gutter will be prosecuted for murder. 
 The four men who were arrested in a veld near the farm shortly after the incident, will appear in the local Magistrates’ Court today on charges of attempted murder and attempted robbery with a firearm. 
Police have not yet found the firearm used by Gutter’s alleged attackers. Nyakane says nothing was stolen. 
OFM News
- See more at: http://www.ofm.co.za/article/local-news/192761/brandfort-farmer-injured-with-grass-cutter-during-attack?utm_source=dlvr.it&utm_medium=twitter#sthash.jQ4NHyAS.dpuf

Boer skiet aanvaller op plaas dood

’n Boer van Brandfort in die Vrystaat het
Maandagoggend ’n vermeende aanvaller doodgeskiet nadat vier mans op sy plaas op hom geskiet het.
Drie ander aanvallers is hierna op die plaas in hegtenis geneem.
Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die aanvallers het die 70-jarige boer om 07:00 op sy plaas Palmietfontein in die distrik Brandfort aangeval en op hom geskiet.
Die boer het teruggeskiet en een van die verdagtes noodlottig gewond. Die 31-jarige man is op die toneel dood.
Volgens Hlubi het die boer die polisie ontbied, waarna die ander mans op die plaas aangekeer is. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. Niemand anders is in die skietery beseer nie.
Hlubi sê ’n klag van moord word as deel van normale polisieprosedures teen die boer ondersoek terwyl die aanvallers, tussen die ouderdom van 26 en 40 jaar, op aanklagte van gewapende roof en poging tot moord in die hof sal verskyn.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/boer-skiet-aanvaller-op-plaas-dood-20160829

Tuesday, August 30, 2016

ONDERHOOF 9 KEER GESKIET: STERF IN HOSPITAAL WEKE LATER


ONDERHOOF 9 KEER GESKIET: STERF IN HOSPITAAL WEKE LATER

Johan du Toit. Foto: Netwerk24

POSTED BY: ARMAND CLOETE 30/08/2016

Die onderhoof van Hoërskool Akasia, is vanoggend oorlede nadat hy in Junie tydens ’n huisroof in Pretoria nege keer geskiet is.

Die 57-jarige Johan du Toit se vrou, Retha, wat ’n onderwyseres by dié skool is, het bevestig dat haar man ná meer as 12 weke in die hospitaal dood is.

Du Toit het verlede week begin vordering maak toe hy vir die eerste keer in twaalf weke sy bewussyn herwin het.


Http://100punt6.co.za/onderhoof-9-keer-geskiet-sterf-hospitaal-weke-later/
-------
Johan du Toit (57), onderhoof van Hoërskool Akasia, is Dinsdagoggend oorlede nadat hy in Junie tydens ’n huisroof in Pretoria nege keer geskiet is.
Sy vrou, Retha, ook ’n onderwyseres by dié skool, het Dinsdagoggend bevestig dat haar man ná meer as 12 weke in die hospitaal dood is.
Du Toit het verlede week begin vordering maak toe hy vir die eerste keer in 12 weke wakker geword het.
Hy was tot verlede week nog onder verdowing.
Een van die koeëls is uit Du Toit se liggaam verwyder en die ander agt is dwarsdeur hom.
Du Toit is geskiet toe hy die drie rowers in sy huis in Pretoria-Noord op heterdaad betrap het.
Kapt. Rheineth Motlana, polisiewoordvoerder, sê die rowers het die deur met ’n koevoet oopgebreek. Hulle het net ’n plasma-TV gebuit, het Netwerk24 vroeër berig.
Retha het haar dankbaarheid uitgespreek vir die liefde en ondersteuning vanuit die gemeenskap.

“Veral dankie aan die dokters van die Eugene Marais-hospitaal.”

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/onderhoof-sterf-na-hy-9-keer-geskiet-is-20160830

Tuesday, August 23, 2016

Moord: Jong Pretorianer sterf tydens heldedaad

Jong Pretorianer sterf tydens heldedaad
23 Augustus 2016
Phillip Bruwer


Reinhard Louw (21). Foto: Verskaf

Agtien dae nadat Reinhard Louw sy mondigwording gevier het, het hy met sy lewe geboet om dié van ʼn 63-jarige vrou, by wie hy die afgelope drie jaar woon, van ʼn groep gewapende mans te red.
Louw, ʼn Pretorianer wat in 2013 aan die HTS John Vorster matrikuleer het, het ná skool toelating by Imperial Auto se ambagskool gekry en verder as ʼn petrolwerktuigkundige studeer, terwyl hy by Mercedes Benz East Rand in Boksburg gewerk het.
Hy het gedurende die week in ʼn gastehuis naby sy werk gebly, waar die tragedie hom Vrydag omstreeks 11:50 afgespeel het. Hy het gewoonlik Vrydae teruggery na sy ouerhuis in Villieria om naweke daar deur te bring.
“Reinhard is onlangs deur sy ambagskool gekies om aan die World Skills-kompetisie deel te neem. Dit was vir hom ʼn groot voorreg om vir die geleentheid gekies te word. Dit is soos die Olimpiese Spele vir mense wat ambagte beoefen,” het sy ma, Carina, Dinsdag aan Maroela Media gesê.
Sy het vertel Reinhard het Vrydagoggend sy eerste proewe vir dié kompetisie in Germiston gaan aflê en is daarna terug na die gastehuis om sy klere in te pak, sodat hy ná werk direk van daar Pretoria toe kon ry.
Reinhard het by die gastehuis se veiligheidshek uitgery net toe die eienaar, Nita Pienaar, in die oprit na die huis stilgehou het nadat sy by die bank was. ʼn Ander motor het langs haar stilgehou en sy is vermoedelik deur vier vermeende kapers oorweldig.
“Hy het besef wat aangaan en sy reflekse het oorgeneem. My seun is presies soos wat sy naam aandui, ʼn mens met ʼn rein hart. Hy het vir drie dinge, die Here, mense en geregtigheid gelewe en daarom het hy instinktief opgetree om Nita te help.”
Hy het vorentoe gery om die kapers van Nita weg te keer en het moontlik een van die aanvallers en hul voertuig gestamp, voordat een van hulle hom deur die windskerm doodgeskiet het. Ná die doodskoot het sy motor nog vorentoe beweeg en oor Nita gery.
Die kapers het met leë hande van die toneel gevlug. Reinhard is op die toneel dood verklaar en Nita is na ʼn hospitaal geneem, waar sy tans aansterk.
“Sy herstel goed en ons dank die Here daarvoor. Ons was vanoggend by haar en sy is nog getraumatiseerd. Sy het gesê as die nie vir Reinhard se optrede was nie, was sy dood.”
Die groep se verwoestingstog het egter nie daar geëindig nie. Kapt. Juanita Coetzer, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê aangesien die wegkommotor herkenbaar was aan die stampmerk, het die aanvallers in Jetpark ʼn motor van ʼn veiligheidsmaatskappy gekaap. Hulle het tot by ʼn taxistaanplek in Kemptonpark gery, die voertuig daar gelos en in ʼn taxi verder gevlug. Die veiligheidswag is nie tydens die kaping beseer nie.
“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motorkaping. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie het goeie leidrade wat opgevolg word en die ondersoek duur voort,” het Coetzer gesê. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die verdagtes Nita moontlik van die bank af agtervolg het.
Carina het gesê Reinhard sal altyd onthou word as iemand wat voluit en tot eer van die Here geleef het. Die gesin vind vertroosting in die wete dat hy in die Hemel is. “Hy het gesterwe net soos hy gelewe het, vir mense, geregtigheid en tot die eer van die Here.”
Reinhard se begrafnis vind Donderdag om 14:00 by die Heatherdale-begraafplaas in Pretoria-Noord plaas. Die troosdiens volg om 15:30 by die Gereformeerde Kerk Totiusdal in Waverley.
Hy laat sy ma, pa, Alwyn, suster, Nerine (17) en grootouers, Gerrie en Rina van Aswegen, agter.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/jong-pretorianer-sterf-tydens-heldedaad/

Monday, August 22, 2016

Man op kleinhoewe in plaasdorpie doodgeskiet

22 Augustus 2016
Phillip Bruwer

Johan van Rensburg. Foto: Verskaf

Met sy laaste asem het Johan van Rensburg (62) verbete teen ʼn groep aanvallers geveg om sy verloofde, Dina, op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga te beskerm.
Wilma Botha (34), Van Rensburg se gebroke dogter, het Maandag aan Maroela Media gesê sy vind ʼn bietjie berusting in die feit dat haar pa soos ʼn held gesterf het.
Botha verduidelik ʼn buurvrou wat skuins agter haar pa woon, is Vrydag tussen 18:00 en 19:00 vermoedelik deur vier mans op haar kleinhoewe aangeval waartydens sy met ʼn graaf aangerand is. Die mans het laat spaander toe die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, ontbied is.
Van Rensburg, ʼn plaaslike houtkapper en -verkoper, en Dina het omstreeks 19:30 niksvermoedend by hul huis opgedaag.
“Hulle het net by die huis aangekom en uitgeklim toe my pa sien daar kruip mense agter hul vragmotor weg. Hy het vir tannie Dina beveel om in die huis in te gaan en het hulle afgeweer sodat sy genoeg tyd gehad het om in die kombuis in te gaan en die deur te sluit. My pa het met hulle gestoei en twee skote het afgegaan, een skoot het hom in sy kop getref,” het Botha gesê.
Die buurtwag, polisie en paramedici van ER24 was nog op die toneel van die eerste misdaad toe hulle die skote gehoor en gaan ondersoek instel het. Van Rensburg is op die toneel dood verklaar. Dina is ongedeerd maar getraumatiseerd. Die buurvrou is na die waakeenheid van ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Hennie Greeff, die buurtwag se voorsitter, het die voorvalle aan Maroela Media bevestig en gesê ondersoek word ingestel om te bepaal of dieselfde groep met albei voorvalle verbind kan word.
“ʼn Verdagte is Vrydagaand aangekeer en vir ondervraging na die Sundra-polisiestasie geneem,” het hy gesê.
Buurtwaglede het met die hulp van twee veiligheidsmaatskappye, die polisie en die Valke Vrydagaand en Saterdag na nóg verdagtes in die omgewing gesoek. Die soektog duur voort.
Dit is nie bekend of enigiets tydens die twee voorvalle gesteel is nie. Die Sundra-polisiestasie ondersoek die voorval. Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag nog vir terugvoer.
Botha het gesê sy sal haar pa as ʼn held onthou. “Hy was ʼn hero wat sy lewe gegee het om tannie Dina te beskerm, wat ʼn aanduiding gee van die goeie mens wat hy was. Hy het altyd baie hard gewerk om vir ons te sorg. Selfs in tye wat ons swaar gekry het, sou hy die min wat hy gehad het met ander mense deel. Hy het ʼn hart van goud gehad,” het sy gesê. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Greeff is vol lof vir die polisie en almal wat Vrydagaand saamgestaan en help soek het. Hy het sy innige dank en waardering teenoor die buurtwaglede, die polisie, die Valke, ER24, Maksimum Sekuriteit en AAA Sekuriteit betuig.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-op-kleinhoewe-in-plaasdorpie-doodgeskiet/

FAMILY SHOT, HACKED TO DEATH

Johnnesburg – A KwaZulu-Natal family was shot and hacked to death, among them a pregnant woman, in a gruesome murder for which the motive is unclear as yet, police said on Friday.




Police spokesperson Captain Nqobile Gwala said crime took place at Zululiyaduma area in Melmoth, in northern KwaZulu-Natal, in the early hours of Thursday.
Gwala said a 49-year-old mother, her 23-year-old son, and pregnant 27-year-old daughter were hacked with a bush knife and shot.
One of the family members, a 30-year-old woman, survived the attack and was taken to hospital where she was reported to be in a critical condition.
“It is alleged that four suspects armed with bush knives and a firearm entered the house while the victims were asleep,” Gwala said.
“They opened fire and hacked them to death. Among those killed was a 27-year-old woman who was pregnant. The suspects fled the scene in an unknown direction.”
Gwala said initial investigations conducted at the scene established that the killers took money and airtime vouchers.
“The motive for this tragic killing is unknown at this stage. Three counts of murder, attempted murder and house robbery are being investigated by Melmoth SAPS,” Gwala said.
http://policepicsandclips.com/2016/08/21/family-shot-hacked-to-death/

Sunday, August 21, 2016

Elderly woman killed at home 20/08/16

NEWSFLASH: Elderly woman killed at home
“The men broke into the elderly woman’s home and fled in her white Nissan Sentra.”
Gopolang Chawane |21 August 2016


An elderly woman was killed in her home in the east of Pretoria at the weekend.
A Meyerspark resident, who asked not to be named, said the elderly woman who lives a few houses away from her, was alone when she was attacked by an unknown number of men on Saturday afternoon around 16:00.
“The men broke into the elderly woman’s home and fled in her white Nissan Sentra.”
It is not yet clear why or how the woman was killed.
Police arrived at the woman’s home in Odendaal Street shortly after the attack.
She said it was unclear who contacted them.
“They knocked on the door, but when there was no response they left,” said the resident.
A second unit of police officers arrived a while later. They gained entry into the home and found the woman’s body.
The resident said the police were still at the scene by nightfall.
Police could not be reached at time of publishing, but more information would follow.

http://rekordeast.co.za/104860/newsflash-elderly-woman-killed-at-home/

Thursday, August 18, 2016

Farm attack: Andre Smith (19) stabbed


Wed-17-Aug-16 (Overnight) Andre Smith (19) attacked on a farm near Kuruman when he surprised suspects stealing diesel. Suspects stabbed him 6x and hit him with a pipe. He has been treated and released from hospital (NC, John Taolo Gaetsewe District, Ga-Segonyana Municipality)

Plaasaanval in Kuruman,  Andre Smith 19. Hulle wou Diesel steel, en hulle het hom 6x met n mes gesteek, en met n pyp geslaan. Hy was in die hospitaal maar is nou weer uit. Dit het gisteraand gebeur.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1219054874805715&id=1032912406753297

Wednesday, August 17, 2016

Boy (4) hit on head by rock flung through car window

Boy (4) hit on head by rock flung through car window
Dad warns other motorists to be vigilant at this busy intersection
17 Augustus 2016


Daniel Fleetwood (4) in hospital after he had been stitched up. Photograph supplied


The wound on the little boy’s head. Photograph supplied


The hole in the bakkie’s window. Photograph supplied

A four-year-old boy is in hospital after he was hit on the head by a rock flung through his father’s car’s window in what seemed to have been an attempted hijacking or smash and grab last night.
Daniel Fleetwood has seven stitches in the back of his head and pieces of glass will be removed today.
A brain scan was done last night and luckily the boy did not suffer any brain damage.
Daniel’s mother, Jacqueline, was also slightly injured in the surprise attack by the three men on the family’s car at the intersection of Great North and Dann roads behind Avion Park.
Dad Nolan, who wants to warn motorists, said he and his family – Jacqueline, Daniel, Carmen (14) and Chanelle (15) – were on their way to their Birch Acres home from his parent’s house in Pomona when the attack occurred at 7.45pm. It was Nolan’s mother’s birthday.
Nolan said they were waiting at the red traffic light with another car in front of them. He suddenly saw a man approaching their double-cab from behind. The next thing he knew, a man flung a rock in a plastic bag through the front passenger window, hitting both his son and wife on the front seat.
A second man tried to break the window on the driver’s side in the same way but did not succeed. All the vehicle’s windows were fitted with a smash and grab paint protection film.
The third man tried to climb onto the back of the bakkie.
From there things happened very fast, Nolan said. His car was in first gear but he could not escape forward because of the car in front of him. Without hesitation he drove over the island to get his family to safety and called for help.

A security company and CPF members quickly responded. Nolan then rushed his child to Arwyp Medical Centre.
Some of the bags with stones used were found on the scene. The attackers fled into Avion Park’s grounds.
Nolan said his one daughter recognised one of the attackers as a regular beggar at the busy intersection. As far as he knows no one has been arrested in connection with the incident.

http://kemptonexpress.co.za/125470/boy-4-hit-on-head-by-brick-flung-through-car-window/

Opvolg:Moord op Poena Botes (68)

Moord op Poena Botes (68) opvolg:
Inwoner van Vanderbijlpark doodgesteek
VANDERBIJLPARK. – Volgens die polisie is huisrooftogte aan die toeneem en wat egter kommerwekkend is, is dat sommige van die rowe noodlottig eindig soos wat Vrydagaand in Bonanné gebeur het.
Jannie du Plessis | 17 Augustus 2016

Volgens inligting het Poena Botes (68), werknemer by ’n elektriese kontrakteur in Sasolburg, Vrydagmiddag 12 Augustus ongeveer 21:00 by sy huis aangekom in Krystalstraat 33, Bonanné. Terwyl hy in die huis ingestap het, het hy ‘n selfoonoproep ontvang waarna hy na buite gestap het met die sleutels van sy ander voertuig, ‘n Mercedes. Hy is buite by die motor deur die rowers oorval toe hy vermoedelik iets uit die voertuig gaan haal het wat verband gehou het met die oproep en hy die rowers daar betrap het. Die radio was uit die voertuig gesteel.
‘n Struweling het onstaan waarna Poena verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Poena het volgens inligting meswonde in die bors en nek gehad en sy keel was gesny. Hy is langs die huis by die Mercedes gevind met die sleutels van die motor nog in sy hande.
Poena se vrou, Sarah (47) was volgens inligting ook vasgebind en aangerand in die huis. Die rowers het Sarah se vyfjarige kleinkind na sy kamer gestuur. Na die voorval het Sarah haar kleinkind gestuur na die kombuis om ‘n mes te gaan haal om die toue los te sny. Sarah was baie geskok om haar man te verloor en dit nadat sy net die week tevore haar ma aan die dood afgestaan het.
Die booswigte is weg met Poena se ander voertuig, ‘n wit SsanYong Musso wat sowat drie ure later in Boipatong opgespoor is. Ander items soos sy selfoon en artikels in die voertuig was ook gesteel. Volgens Bernadette Erasmus, vriendin van die gesin, het die rowers die koskaste en vrieskas gestroop. Klein artikels soos potte en panne in die huis is ook geroof. Bryanette Landman Havenga, jarelange vriend van die Botes-gesin het op facebook geskryf: “Jou bloed skreeu,” wat duidelik is dat die moorde in ons dorp nou egter hand uitruk.
Bryanette vertel die Botes-familie was gereeld geteister met inbrake. Op 9 Augustus, ‘n paar dae voor diè voorval was daar ‘n inbraak waartydens die SsanYong Musso se battery gesteel is. Volgens Bryanette was die inbrekers so arrogant dat hul die mense se aandete ook opgeëet het. Die vrieskaste was ook leeggemaak.
Teen druktyd was daar nog nie finale begrafnisreëlings getref nie behalwe dat daar ‘n waak Vrydag by die huis sal wees. Die begrafnis sal waarskynlik Saterdag plaasvind.

http://vaalweekblad.com/11037/inwoner-van-vanderbijlpark-doodgesteek/

Poena Botes (68), wat Vrydagaand tydens ‘n huisroof met ‘n mes doodgesteek is.

Tuesday, August 16, 2016

Prayer ‘saves’ KZN women from four attackers

Prayer ‘saves’ KZN women from four attackers
16.8.2016 02:04 pm
Lauren Beukes

Val Waldeck and her sister Margy had a lucky escape from hijackers. Picture: Southlands Sun.
The sisters began chanting and praying during the attack, and the four suspects apparently stopped fighting back and froze before fleeing the scene.
Renowned author and pastor Val Waldeck, her sister and their elderly friend escaped from what could have been a hijacking on Friday night, August 12, reports Southlands Sun.
They believe they used the power of prayer to drive off four unknown men who attacked them at about 7.30pm.
The sisters were dropping off their friend at an old age home in Umbilo when Val’s sister, Margy got out to open the gate. She noticed a bakkie drive up and park a few yards behind them. “My sister, Margy, realised that she was in trouble and ran back to the car. They were faster than her and grabbed her as she flung herself into the car. Two men held her by the legs while the other tried to drag her out of the car. Her one arm was latched on to the steering wheel and she fought back with the other. But I would not allow them to take my sister,” said Waldeck.
“My main priority was to protect my sister and my friend, and together, through the power of God, we defeated them. To see the power of His name was stunning and we thank Him for His protection.”
Without fear, Waldeck, 70, fought the men to protect her sister. She grabbed the one man’s head, locking on to him as she dug her nails into his skin and punched him. “It all happened in total silence – they never spoke, we just fought. My sister managed to kick another man in his groin,” said the pastor.
A miraculous thing happened when the elderly passenger, 93, began to scream “Jesus”. Overcome with emotion, the sisters joined in and began chanting and praying. According to Waldeck, the four men stopped fighting back and froze. “It was amazing, we felt the Lord’s presence which gave us strength and power,” she added.
All four men apparently fled the scene. The sisters were left only with bruises.
– Caxton News Service

http://www.citizen.co.za/1252886/prayer-saves-kzn-women-from-four-attackers/#.V7MCjLeNhxA.facebook


Roelof Botes (68) sterf na sy maag oopgesny is

Man sterf na sy maag tydens roof oopgesny is
Huldeblyke stroom in op sosiale media nadat ’n man van Vanderbijlpark, wat tydens ’n rooftog met ’n skerp voorwerp gesteek is, dood aangetref is.
Drie vermeende rowers het Roelof Botes (68) Vrydag omstreeks 20:00 in die agterplaas van sy huis in Bonanne oorval en sy maag oopgesny.
Sy vrou (50) en hul kleinkind was in die huis. Sy het nie gesien wat buite gebeur het nie.
Volgens sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die huis binnegegaan. Hulle het die vrou en haar kleinkind vasgebind en aangerand en die aandete wat reeds voorberei was, opgeëet.
Makhale sê Botes het verskeie steekwonde gehad.
“ ’n Skerp voorwerp is gebruik om hom te steek. Hy is in sy maag, bors en skouer gewond,” sê Makhale.
Die verdagtes het met die gesin se motor en huishoudelike items van die toneel gevlug.
Die polisie wou nie onmiddellik die slagoffers se name bekend maak nie. ’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-sterf-na-sy-maag-tydens-rooftog-oopsny-is-20160816

Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek

Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek 
MARK STEENBOK 
15:07 (GMT+2) Tue, 16 Aug 2016
Parys-moordsaak: Aanklagte teen vier teruggetrek | News Article
Van die beskuldigdes tydens 'n vorige hofverskyning (Dane Beisheim/OFM-nuus)
Parys - Die staat het vandag die moordaanklagte teen vier van die beskuldigdes in die Parys-moordsaak teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Phaladi Shuping sê aanklagte teen Fanie Oosthuizen, asook Wian, Wikus en Muller van der Westhuizen is teruggetrek. Shuping sê nog 'n beskuldigde, 'n 17-jarige seun, se verhoor sal afsonderlik hanteer word. Hy sal weer op 9 September in die hof verskyn. Aanklagte teen die ander ses verdagtes staan en hulle moet weer op 18 November vir ‘n voorverhoorsitting in die hof wees. 
Die groep mans word daarvan beskuldig dat hulle twee beweerde plaasaanvallers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, so erg aangerand het dat hulle aan hul beserings beswyk het. Die twee mans het na bewering op 6 Januarie ‘n 73-jarige boer, Loedie van der Westhuizen, in sy huis aangeval. 
Die EFF het ná die voorval beweer dit was nie ’n plaasaanval nie, maar dat die twee mans op Loedie se plaas was oor ’n loongeskil.

“In hierdie stadium is ons van mening dat daar nie enige vooruitsigte is om vier van die mans suksesvol van moord aan te kla nie,” sê Shuping.
OFM-nuus
- See more at: http://www.ofm.co.za/article/local-news/191063/parys-moordsaak-aanklagte-teen-vier-teruggetrek#sthash.F4U9ovKZ.dpuf


Farm Attack & Murder 6 Aug 2016

Sat-06-Aug-16 (08H00) Johan Stolz and family attacked on the farm Doringlaagte by 5 armed suspects. A male victim (Eugene) was shot and has been moved to ICU. Suspects fled on foot towards the Koster road. UPDATE Reports circulating that Eugene has passed away, RIP (NW, Bojanala District, Kgetlengrivier Municipality, farm Doringlaagte near the R52 Koster road)
▪ SA Rural Security

Attack on Mother & baby 13/08/16

UPDATE: Good news - we are reliably informed that the community pursued & caught the suspected perpetrator of this crime. It appears that he is suspected of involvement in other #SmashAndGrab cases also

----------------------------------------
Who else is sick & tired of crime? This silent civil war which is being enabled by government corruption & greed is out of control.

At #CICA we often feel like we are becoming numb to the total lawlessness & death which dominate our lives in #SouthAfrica & then we see this & we feel like exploding with anger.

#SmashAndGrab in #Johannesburg - baby was on the back seat - look at the injuries to this innocent soul who is just starting out on a fresh life journey. Now this child will be subconsciously traumatized & scared by #PTSD from #Crime

These monsters will pay. If not in this life, then in the next. They will return as impoverished cockroaches unless they stop their #evil #barbaric #darkages lifestyle.

It's time communities fight back

- Don't come to a dead stop at traffic lights. Plan ahead. Approach slowly so you time your arrival at the intersection with the lights changing to green.

- Carry pepper spray & tazers

- Form community sting operations at known smash & grab hotspots

- Raise community funding for CCTV coverage at known smash & grab hotspots to study the perps MO & patterns which in turn can be used to trap them

- Lock valuables in the boot

- Stay off your cellphone while driving - especially at intersections - Focus on your surroundings

- Practice situational awareness - train your instincts & reactions

GP, JHB SOUTH, GLENANDA, C/O COLUMBINE AVE & KLIPRIVIER DR

CICA SA
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=950990478360641&id=777851012341256



Pretoria couple attacked, assaulted in home 14/08/16


Pretoria couple attacked, assaulted in home



Photo: Stock
Police have launched a manhunt for two men armed with screwdriver after they assaulted a couple in their Garsfontein home.
Police spokesperson Sergeant Jan Sepato the armed men gained entry into the house on Friday at around 6pm while the woman was opening the door for her cats to come into the house.
“The two forced their way inside the house and demanded money. They assaulted the couple and also attempted to rape the woman in front her husband but she fought back.”
The suspects fled with two cell phones.
The couple, both in their fifties, have been admitted to hospital.
Also read:
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.zaor phone us on 083 625 4114.
http://rekordeast.co.za/104103/pretoria-couple-attacked-assaulted-in-home/#.V7FkaPwJ1gU.facebook 


Monday, August 15, 2016

Bluff mom and kids held at gunpoint 5 Aug 16

5 Aug 16
Bluff mom and kids held at gunpoint
A mother and her children were held up at gunpoint in a home invasion on the Bluff yesterday.
Blue Security operations manager Brian Jackson said three armed men had climbed over a wall to gain entry onto the Marine Drive property at just before 5pm.
“The gang then walked into the house through the unlocked kitchen door and held up the mother and her children. The robbers fled in the family’s car with jewellery, cellphones, a video recorder and cash. There were no injuries reported,” he said.
Brighton Beach SAPS attended the scene of the crime.
Jackson advised residents to always ensure that their properties are adequately secured.
“Locking security gates when you are at home during the day and in the evening, and installing layered security such as an electric fence and outdoor beams in the garden, provides an early warning system that can buy you time in an emergency. These multiple barriers act as a deterrent, making it more difficult for intruders to enter your property undetected, removing the element of surprise criminals rely on when committing house robberies,” he said.

▪ Boere Krisis Aksie (B.K.A.)
https://www.facebook.com/boerekrisisaksie/?fref=ts

▪ Blue Security


Man shot in the head in vicious robbery 05/08/16

Fri-05-Aug-16 (23H16) Gerhard le Roux (49) moved to hospital in a critical condition after being shot twice on a smallholding in the Paardekraal area of Krugersdorp. Suspects gained entrance to the residence through a window (GP, West Rand District, Mogale Municipality, Krugersdorp, Paardekraal, smallholding.
Full story:
Man shot in the head in vicious robbery
A 49-year-old man was critically injured after he was shot in the head over the weekend.
August 8, 2016
A 49-year-old man is in a critical condition after what was described as a farm attack incident over the weekend.

Gerhard le Roux was shot twice by an unknown suspect at his plot in Pinehaven at 11pm on 5 August.

The broken window of his bedroom was where the suspect allegedly gained entry to the property.

“The victim was alone at home and his house was ransacked but the police could not establish what was stolen during the attack,” Kagiso Police spokesperson, Warrant Officer Solomon Sibiya confirmed.

Le Roux sustained two gunshot wounds, one to the left hand and one to his head.

Paramedics from Netcare 911 stabilised Le Roux before he was rushed to Milpark Hospital.

The suspect and his accomplice are still at large and police are on the manhunt to find the dangerous perpetrators.

Police have launched an investigation into the matter and are appealing to any member of the public with information to call Krugersdorp Communications Officer, Sergeant Tshepiso Mashale on 079 509 9647.

Source:
▪ SA Rural Security



Bejaardes in huis in Dunnottar aangeval

Bejaardes in huis in Dunnottar oorval

Gewapende rowers het 70-jariges geskop en geslaan.

Lydia Rice | 15 Augustus 2016

‘n Bejaarde egpaar van Dunnottar is deur gewapende rowers in hul huis oorval, geskop en geslaan. Die 70-jarige huiseienaar is in die gesig met ‘n wapen geslaan waarna hy bloeiend vir meer as ‘n uur in ‘n kluis toegesluit is.

Die egpaar was saam met ‘n man wat hul TV kom herstel het op 11 Augustus om 19:00 by die huis toe twee rowers by die agterdeur ingeloop het.

Hulle het wapens, kontant, ou munte, messe en juwele gesteel en die bejaarde se twee ringe van sy vinger gestroop. Hulle het hom hierna in die kluis gedwing en toegesluit. Hulle het ook toerusting van die TV-werker gebuit.

Die bejaarde (wie se kopwond baie gebloei het) is na Life Springs Parkland Hospitaal geneem, maar is teen die naweek ontslaan.

Die twee rowers het deurgaans kalm in Engels met die drie slagoffers, maar Zulu met mekaar gepraat.

Volgens Adjudant Offisier Tommy Tomlinson van Dunnottar Polisiestasie het die rowers vermoedelik in ‘n wagtende voertuig gevlug. Enigiemand met inligting oor die voorval, kan die polisie by 011 737 9638 skakel.

http://heidelbergnigelheraut.co.za/17143/bejaardes-in-huis-in-dunnottar-oorval/#.V7G3NWkN77g.facebook



Plaasaanval op Mooinooi Plot B16 14 Augustus 2016

Plaasaanval op Mooinooi!!!!!!plot B16
14 Augustus 2016
Dankie Here dat U my en sune vanaand beskerm het n paar houe en kneusplekke is niks teen wat met ons kon gebeur het nie steeds ni lekker om deur vier swartes uit jou bed gepluk te word en n geweer teen jou kop te kry en te sien hoe skop hul jou kind ni maar ons is veilig dankie mooinooi buurtwag en polisie jul was vinnig dankie sune wat so braaf was om vasgebind na haar boetie by huis langsaan in die donker te gaan om ons los te maak love u dankie dat jy kalm was selfs toe jy gedink het ek is geskiet love u lots

Madibeng Misdaad Forum

https://m.facebook.com/groups/704980489571627?view=permalink&id=1078799812189691


Die opgradering van die Witkruismonument vind plaas die 30 September - 1 Oktober 2016. Daar gaan weer n optog wees soos soos altyd, maar kom ons gaan groter die jaar. Bring jou tent en kamp saam die 30ste September 2016, bo by die kruise. Die Vrydagaand doen ons weer die beligting. Almal wat moontlik kan of wil help asb ons het julle nodig. Bring jou sambreel, en stoel saam vir Saterdag. Persone wat reeds kruise ontvang het, is welkom om n kransie saam te bring, asook die wat reeds kruise ontvang het. Vir die optog het ons, "bikers" nodig wat die stoet sal lei na die kruise toe. Ek wil weer n beroep doen op almal, om hierdie opgradering nie te mis nie. Dit is ons mense se kruise wat daar geplant is, boere, vroue en kinders wat onnodig moes sterf, in n aanval. Persone wat belangstel om my te kontak, kan my skakel by 0604146129, of epos by tabita.fourie7@gmail.com. Bespreek vroegtydig. Persone wat ook belangstel om stalletjies te he, vir die dag, moet net vroegtydig dit reel.
Kom ons maak dit die jaar 2000 persone teenwoordig. Ek weet dat die ANC baie graag deel wil wees van die Witkruismonument, maar sorry hulle kan en mag nie. Dit is n Witkruismonument, en nie n reenboog monument nie.
Die aand wat ons die kruise verlig,wil ek vra dat elkeen wat nie daar kan wees nie, eer betoon aan die persone wat gesterf het in n plaasaanval, of in n dorp, deur n kers aan te steek waar dit sigbaar sal wees vir ander om te sien. Die aand as die kruise verlig word, is n gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Dit is n tyd om stil te raak, en dan kan jy nie anders as om te dink aan elkeen wie se kruise ons reeds geplant het, en waardeur daardie persone is. Sodra die kruise verlig is, sal ons n minuut stilte he, vir daardie families en vriende, wat treur oor hul geliefdes, asook vir die wie se kruise daar geplant is. Die saterdag wil ek vra, ry weer asb met jou voertuig se hoofligte aan, asook jou noodligte, en maak ook n kruis op jou voertuig se ruit. As jy n vlag wil saambring, is jy welkom. Dit kan in die optog oppad na die kruise toe gebruik word. Organisasies wat wil deel wees van die naweek is welkom. Bring ook wit ballonne saam, ons wil dit graag los by die kruise die dag. Plakkate is welkom.

Facebook: Tabita
https://m.facebook.com/Tabita-127079737409824/

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054594111325044&id=127079737409824
-------
Misdaad is ons almal se probleem, so ook plaasmoorde en aanvalle. Dit kies nie op grond van kleur nie, dit soek nie die rykes tussen die armes uit nie, en dit vra ook nie vir wie jy gestem het nie. Nog minder steur dit hom aan ouderdom. Babas en oumense word lankal nie meer gespaar nie. Om nie eens van geslag te praat nie. "N koeel tref geen onderskeid nie". Tog is daar steeds mense in ons liewe bloedbevlekte land wat reken misdaad, en plaasmoorde is nie hul verantwoordelikheid nie. Hoe onverklaarbaar, onbegryplik, eienaardig, absurd en as dit enigsins snaaks kon wees: lagwekkend. Daar is seker blankes wie se families nog nie deur verkragting, moord, gewapende rooftogte, kapings uitmekaar geruk is nie. Ek se "nog nie" - want voordat elke landsburger nie besluit om misdaad en moorde sy of haar erns te maak nie, word die onvermydelike net vir n oomblik uitgestel. Waar was die res van Suid-Afrika met die kruise se opgradering in 2015? Toe n handjie vol mense opgeruk het na die kruise toe, om nuwe kruise te plant. Tog is daar mense, wat sommige Saterdae geen moeite ontsien om honderde kilometers ver te ry om op Loftus of Ellispark vir rugby te skree nie! Dis werklik jammer, en pateties dat die hele land nie die pyn en verdriet kon meemaak die dag nie. Blankes is nog nie ernstig genoeg oor plaasmoorde nie! Mag die wat nie daar was nie, hul kop in skaamte laat sak. Of sit en wag totdat plaasmoorde / misdaad met hulle gebeur. Plaasmoorde gaan nie net stop, omdat daar 200 mense by die kruise opgedaag het nie. Daardie 200 mense moet 2000 word

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054406624677126&id=127079737409824


Moord in Harties: Slagoffer se werker vas

Moord in Harties: Slagoffer se werker vas
Deur Hanti Otto en Susan Cilliers
14 Augustus 2016 23:26

Die werker wat alarm gemaak het ná die moord op Laurika Potgieter van Hartbeespoort is een van twee verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Die ander verdagte is ’n onvergenoegde voormalige werknemer van Potgieter se padwerk-onderneming, het Beeld betroubaar verneem.

Koos Pansegrauw, ’n vriend van Potgieter (44), het gesê sy is genoop om dié werker in Februarie te laat gaan weens haar benarde finansiële situasie.

Nadat die werker laat gaan is, het Potgieter glo dreigemente ontvang.

Die twee verdagtes verskyn Maandag in die hof in Brits op aanklag van moord en diefstal, het sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, gister gesê.

Potgieter se lyk is Woensdag in haar plaashuis in Rietfontein, Hartbeespoort, gekry. Sy is verskeie kere met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek en vermoedelik ook met ’n stomp voorwerp geslaan.

’n Rekenaar, skootrekenaar en selfone is geroof.

Volgens Moleko is die twee verdagtes ’n dag ná die moord in die Ten Rooms- informele nedersetting naby Hartbeespoort aangekeer.

“Die polisie het inligting ontvang oor iemand wat glo gesien is met twee selfone wat aan Potgieter behoort het. Die vermoorde vrou se selfone is glo daarna in sy besit gevind. Dié verdagte het in ondervraging erken hy was betrokke by die moord. ’n Tweede verdagte, wat as tuinwerker vir Potgieter gewerk het, is daarna aangekeer.”

Sy word oorleef deur drie dogters.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/moord-in-harties-slagoffer-se-werker-vas-20160814

Man met skroewedraaier gesteek, vrou veg terug

Man met skroewedraaier gesteek, vrou veg terug

Deur  Andrea Küsel
14 Augustus 2016 22:08
’n Vrou van Garsfontein in Pretoria het verbete teruggeveg toe twee aanvallers haar wou verkrag nadat hulle haar man styf vasgebind het.

Hy is met ’n skroewedraaier gesteek.

Die rowers het ingekom toe die vrou Vrydag 20:10 die agterdeur vir hul troeteldiere oopmaak, sê kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder.

Die egpaar is albei iets in die 50.

Die rowers wou kluissleutels en geld hê.

“Die man is met ’n skroewedraaier aangeval en hulle het die vrou probeer verkrag. Daar het ’n worsteling uitgebreek en die rowers het nie daarin geslaag nie,” sê Sepato.

Hulle is toe weg met net twee selfone.

Volgens bure wat nie hul name genoem wil hê nie, het die huis se alarm eers afgegaan toe die rowers uit die huis is. “Ons vermoed die rowers was tot 40 minute lank in die huis besig.”

Volgens een buurman was die man so styf vasgebind dat sy vingers begin blou word het.

Die egpaar is hospitaal toe geneem.

Sepato sê die rowers het die heining geknip.

Bure sê hulle voel weerloos omdat hul erwe aan Solomon Mahlangurylaan grens. “Enige persoon kan oor die muur spring.”

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-met-skroewedraaier-gesteek-vrou-veg-terug-20160814

28-jarige student ‘gekaap en vermoor’

28-jarige student ‘gekaap en vermoor’
Deur Odette Kemp
14 Augustus 2016 21:01
Die lyk van ’n 28-jarige student is Sondagmiddag by Brighton-strand in Port Elizabeth gevind, ongeveer 15 uur nadat hy en sy vriendin gekaap en sy glo verkrag is. Die student se lyk is gevind ná ’n gesamentlike soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Foto: Werner Hills
Die lyk van ’n 28-jarige student is Sondagmiddag by Brighton-strand in Port Elizabeth gevind, ongeveer 15 uur nadat hy en sy vriendin gekaap en sy glo verkrag is. Die student se lyk is gevind ná ’n gesamentlike soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Foto: Werner Hills
Hy is na bewering deur ses mans gekaap en voor sy vriendin vermoor, waarna sy lyk 15 uur later in die see by ­Brighton-strand naby Blouwaterbaai gevind is.

Dié 28-jarige student aan die Nelson Mandela-Universiteit (NMU), wie se naam nog nie bekend is nie, is Saterdag omstreeks 21:30 saam met sy vriendin in Noordeinde gekaap.

Volgens ’n anonieme bron het die mans die twee in die kattebak van sy motor geprop en hulle na ’n kitsbank geneem waar sake glo skeef geloop het.

Hulle is daarna na die strand geneem, waar die verdagtes die student glo koelbloedig vermoor en sy vriendin na bewering om die beurt verkrag het.

“Die twee NMU-studente het in ’n motor gesit toe ses mans hulle genader en met ’n vuurwapen gedreig het,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Hulle is in die kattebak gedwing, waarna twee verdagtes met die motor weggery het.”

Naidu het bevestig dat die verdagtes hulle na ’n strand geneem het, waar die vrou na bewering verkrag is. Haar vriend is ’n paar meter van die motor doodgeskiet.

“Die verdagtes het later die vrou in Sentraal afgelaai en die voorval is [Sondag] in die vroeë oggendure by die polisie aangemeld,” het Naidu gesê.

Ná ’n soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is die student se lyk in die see naby Brighton-strand gevind.

Die slagoffer se motor, ’n goue Polo Vivo met die registrasienommer HSC 308 EC, is nog soek. Volgens Naidu het die Baaise polisie onmiddellik ’n taakspan saamgestel om die verdagtes vas te trek.

“Die polisie versoek dat enigeen wat met die ondersoek kan help kapt. Klippie Killian (083 391 2377) of konst. Nkaza (082 442 1384) bel of 08600 10111 skakel. Alle inligting word as vertroulik behandel.”

Zandile Mbabela, NMU-woordvoerder, het Sondagaand in ’n verklaring gesê die universiteit is uiters geskok deur die voorval en sal hul bes doen om aan die meisie ondersteuning te verleen.

Bron: Netwerk 24
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/28-jarige-student-gekaap-en-vermoor-20160814