Wednesday, September 28, 2016

Tannie Karin Horn (76) aangeval 29Aug te Eendract

@afriforum @steve_hofmeyr Ons het idees/hulp nodig met tannie Karin Horn se hosp rekening asb. Aangeval 29Aug Eendract. Geen medies https://t.co/IclklhPOvU
27 September 2016



@afriforum @steve_hofmeyr Reeds R170,000 betaal, sy het verswak, laaste 2 weke in ICU. Rekening nou reeds R280,000

@KurtOfficial Ons beplan n golfdag vir tannie Karin Horn(76) aangeval se trustfonds. Kan jy asb email besonderhede gee vir n uitnodiging?

Tweets deur Reinette Reyneke:

▶https://twitter.com/ReinetteReyneke/status/780732590378586112

▶https://twitter.com/ReinetteReyneke/status/780728751235760130
----------
Rowers Rand Bejaarde Aan
TOPICS: 76-jarigevrou Aangerand Op Eendracht
Evander Hospitaal Karin Horn
Rowers Rand Bejaarde Aan Tokkie Reinecke
05/09/2016
’n 76-jarige vrou is pimpel en pers geslaan toe vier mans haar in haar huis op Eendracht aangeval het.
Karin Horn het Maandagaand (29 Augustus) haar werker wat in ’n buitekamer op die erf woon, by die deur gewaar.
Sy het deur toe gestap en gesien daar is ’n onbekende man saam met hom.
Dié man het die werker gedwing om die agterdeur oop te maak waarna nog drie onbekende mans te voorskyn gekom het.
Hulle het die bejaarde na haar slaapkamer gesleep.
Hier het hulle geld geëis en wou weet waar is die kluis.
Die booswigte het haar met ’n voorwerp oor die kop geslaan en haar gewurg.
Hulle het haar werker se selfoon en skootrekenaar gesteel, asook haar selfoon en bankkaarte vóór hulle hul slagoffers in Karin se Nissan-bakkie ingedwing en met hulle weggery het.
Karin het vermoedelik haar bewussyn verloor terwyl hulle met haar rondgery het.
Hulle het toe langs die pad gestop, haar uit die bakkie gesmyt en vir dood agtergelaat.
Sy het dié skriknag in die donker begin stap en moes met tye kruip om by beskawing uit te kom.
Volgens haar vriendin, Tokkie Reinecke, het talle motoriste verbygery sonder om Karin te help.
Lede van die Leandra-polisiestasie het haar langs die pad gewaar en stilgehou.
Hulle het haar na die die kliniek in Lebohang geneem vanwaar sy na Evander Hospitaal gestuur is.
Die werker is ook aangerand en is op ’n ander plek afgelaai.
Die polisie het die gesteelde bakkie die volgende dag (Dinsdag, 30 Augustus) naby Lebohang gekry.
Die voertuig was uitgebrand.
* In ’n ander vooval naby Bethal, is Danie Beukes en sy vrou Maandagoggend (29 Augustus) op hul plaas aangeval.
Hy het sy vrou hoor skreeu en in vier mans met messe vasgeloop toe hy ondersoek ingestel het.
Die mans het gevra waar die eienaar van die plaas was en het die huissleutel geëis.
Hulle het die egpaar die huis ingedwing, hulle vasgebind en die huis deursoek.
Hulle het wapens en kontant gesteel en met die boer se bakkie gevlug.
Die Beukes-egpaar het ná ure geslaag om te los te breek en het die polisie ontbied. Bethal-polisiestasie se woordvoerder, konst.

Thomas Mogadime, het boere gemaan om alarms by hul huise aan te bring en vir hul huiswerkers paniek-knoppies te gee wat hulle kan gebruik in noodgevalle. – Jana Oosthuizen.

Karin Horn is erg aangerand.


Karin Horn (76) se bakkie is naby Lebohang gevind.

http://thebulletin.co.za/rowers-rand-bejaarde-aan/