Thursday, September 22, 2016

Kyle De la Rey aangeval

JONG MAN TUIS OORVAL 

Twee verdagtes is in 'n huis in Kammapark betrap nadat hulle vanoggend die twintigjarige Kyle De la Rey oorval het.

De la Rey het die voordeur van die huis oopgemaak nadat die verdagtes geklop het.

"Die een man het vir my ma se selnommer gevra. Toe ek dit vir hom gee het hy gesê die nommer is verkeerd want daar is 11 syfers. 

"Die tweede man het vir water gevra en toe ek dit bring het hulle na my met 'n mes gesteek." - ROSLYN BAATJIES



KOERANTVERKOPER EN TUINIER IN HEGTENIS NÁ KAMMAPARK-AANVAL

’n Koerantverkoper (44) van The Herald en ’n tuinier (27) is vandag by ’n huis in Kammapark in hegtenis geneem nadat hulle die 20-jarige Kyle de la Rey in sy huis oorval en beroof het.

De la Rey glo dat die polisie se flink optrede te danke is aan sy ouma wat hulle vanuit ’n kamer op die boonste verdieping, waar sy glo weggekruip het, gebel het.

’n Bebloede De la Rey het aan ons verslaggewer vertel hoe hy deur die rowers met 'n mes in die hand gesteek is. - ROSLYN BAATJIES










Foto's: WERNER HILLS

Die Burger Oos-Kaap

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1013624972069228&substory_index=0&id=677138845717844

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1013735248724867&id=677138845717844