Thursday, September 15, 2016

Buks Pretorius (65) stabbed to death.

The elderly man that was found stabbed in his bed at his Krugersdorp-West home, unfortunately died due to injuries. He has been identified as Buks Pretorius.

Krugersdorp-mesmoord: Slagoffer se naam bekend
15 September 2016
Phillip Bruwer



Die naam van die man, wat in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval en vermoor is, is bekend gemaak.
Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, het die oorledene as Buks Pretorius geïdentifiseer. Hy was 65 jaar oud en nie 80, soos aanvanklik berig is nie.
Maroela Media het vroeër berig Pretorius is omstreeks 07:30 in ʼn plas bloed in sy bed, in sy huis in Beyersstraat in Krugersdorp-Wes, aangetref. Hy het verskeie steekwonde gehad en paramedici van Netcare 911 het hom op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
“Inligting oor die motief vir aanval en hoe laat dit plaasgevind het, word steeds ondersoek,” het Mashele Donderdag aan Maroela Media gesê. Die slagoffer kon nie ondervra word nie omdat hy weens sy ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem is voordat polisiebeamptes met hom kon praat.
Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie by 011 951 1151 of Crime Stop by 08600 10111 te bel met enige inligting wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/krugersdorp-mesmoord-slagoffer-se-naam-bekend/

Read the previous article here:
http://whitegenocideandotherinsouthafrica.blogspot.com/2016/09/elderly-man-in-80s-found-stabbed-in-his.htm