Saturday, August 5, 2017

Farm attacks and farm murders in SA: 1 January – 31 July 2017



Farm attacks and farm murders: 1 January - 31 July 2017 - Image - Vonkmedia
From 1 January to 31 July 2017 there have been 257 farm attacks, and 53 farm murders reported, in South Africa. It’s terrifying, it’s shocking, it’s routine. In 212 days, 53 people were brutally killed, many tortured, and families torn apart forever.
From January 2017, MSVS and Vonkmedia began to keep track of attacks and murders on farms, and in particular attacks and killings on white people in urban areas. Yes, you have read correctly, specifically attacks and murders on white people.
And before all the liberal people become hysterical, I’d like to say in advance, that I know it’s not just white people in South Africa who are killed, and yes, I know everybody lives with fear and violence all the time. Nobody denies it. Please keep your own statistics on whatever form of violence affects you.
Our research is about farm murders and farm attacks of all demographic areas, as well as killings and attacks on white people in towns and cities. Any other group is free to investigate any other attacks and murders, and we all want is to see the correct statistics revealed.
How do we get our information? We work closely with several Commandos, CPFs and community information groups nationwide who provide information to us. These people do incredible work, and without them, many more people would have lost their lives. All information is verified to make sure the information is correct and can be substantiated.
What does the situation look like after the first 7 months of 2017?
Bad. Heart broken. Frightening. Should you talk to the men and women of commandos and safety groups, you will feel the pain, because then you realize what’s really going on in South Africa. Many nights in a row, these men and women hide on farms, where they safeguard the farmers and their families. Where they wait for signs or information sent to them of possible attacks. Where they work with policemen and women to stop offenders, wiping out their families.
While you and I sleep soundly, these are the volunteers who try to prevent an attack on a farm. You see the trauma and despair in their eyes. Eyes that have seen too much death. If it were not for these people, the statistics would have been much higher, and the tragedy much bigger.
But great …. is the tragedy, yes great, 257 attacks in 212 days leading to 53 funerals. For most people, these statistics are something of a shock for a few minutes and the feeling of sadness, but then people move on. Forget about that. But how can we forget? We must not forget. We CANNOT BE INDIFFERENT ABOUT THIS. WE CANNOT SIGH AND MOVE ON, and we must NOT forget the victims.
What can we learn from the statistics?
• On average, the attackers come in groups of 3 – 4.
• The average age of farm attack victims is 58.
• The average age of victims of farm murders is 60.
• The oldest victim who survived an attack 89. Youngest victim who survived, a farm attack 6.
• The oldest victim of farm murders in the first six months was Bob Gawler (88) who was killed in Natal on July 28 on his farm De Mist.
• The two latest victims killed are CT Steyn (32) who was stabbed on a farm in Warden and Bafana shot dead on a farm in Heidelberg.
• 65% of the victims of farm murders and attacks were over 70 years old.
• In the first 7 months, 45 attacks took place during Friday nights and 44 nights during Thursdays.
• 28 attacks occurred during Sunday nights.
Attacks by province
Gauteng – 53 attacks
Limpopo – 48 attacks
North West – 41 attacks
KZN – 39 attacks
Mpumalanga – 25 attacks
Free State – 22 attacks
Eastern Cape – 14 attacks
Western Cape – 11 attacks
Northern Cape – 4 attacks
Farm attacks and farm murders: 1 January – 31 July 2017 – Image – Vonkmedia
The Agricultural Newspage claims that more than 20 000 South African farms are currently in the market. It’s the highest amount of farms in 20 years that farmers want to get rid of. So if 20 000 farmers no longer farm, and the rest are left to be killed … .. what’s the future for South Africa.
Farmers are the food suppliers. Without farmers, whether they stop farming or be killed, a country cannot feed the people. Why doesn’t anyone shout and argue about this?
In 1980 there were about 128 000 commercial farmers in SA. 2007 SARS records show that 39 966 farms are active commercial farms, of which 2 167 belong to large enterprises, 2 259 to Close corporations, 874 family trusts and 33 249 to individual farmers. Not google or StatsSA can tell me exactly how many farmers are left, but some sources speculate that the number of farmers is currently between 40 000 and 70 000.
Whatever the number, the fact remains that there is a total onslaught against our white farmers.
Save the Farmer …… Save the country ……
By Amor Gerber
MSVS
https://southafricatoday.net/south-africa-news/farm-attacks-and-farm-murders-1-january-31-july-2017/

Plaasaanvalle & Plaasmoorde: 1 Januarie – 31 Julie 2017

RED DIE BOER – RED DIE LAND

Vanaf 1 Januarie tot 31 Julie 2017 was daar reeds 257 plaasaanvalle en 53 plaasmoorde in Suid-Afrika. Dis skrikwekkend, dis skokkend, dis alledaags… In 212 dae is 53 mense wreed vermoor, baie is gemartel, families vir altyd uitmekaar geskeur. 

Vanaf Januarie 2017, het MSVS en Vonkmedia begin om rekord te hou van aanvalle en moorde op plase en spesifiek ook aanvalle en moorde op witmense in stedelike gebiede. Ja, jy het reg gelees, spesifiek aanvalle en moorde op witmense. 
En voor al die liberale daar buite histeries raak, wil ek sommer vooraf mooi sê, ek weet dit is nie net wit mense in Suid-Afrika wat vermoor word nie, en ja ek weet almal leef met vrees en geweld elke dag. Niemand ontken dit nie. Hou gerus julle eie statistieke by oor watter keuse van geweld ookal.
Ons navorsing gaan spesifiek oor plaasmoorde en plaasaanvalle van enige demografiese groep, sowel as moorde en aanvalle op witmense in dorpe en stede. Dit staan enige ander groep vry om navorsing te doen oor enige ander aanvalle en moorde en ons almal sal graag die regte statistieke daaroor wil sien.

Hoe kry ons ons inligting? Ons werk baie nou saam met verskeie Kommando’s, CPF’s en gemeenskaps-inligtingsgroepe landswyd wat inligting aan ons verskaf. Hierdie mense doen ongelooflike werk en sonder hulle sou baie meer mense al hulle lewens verloor het. Alle inligting word geverifieer om seker te maak die inligting is korrek en kan gestaaf word. 

Hoe lyk die situasie na die eerste 7 maande van 2017? 
Sleg. Hartseer. Angswekkend. Praat jy met die manne en vroue van kommando’s en veiligheids groepe begin jou bors toe trek, want dan besef jy wat werklik in Suid-Afrika aan die gang is. Hierdie manne en vroue skuil menige nagte op plase waar hulle boere en hulle families oppas. Waar hulle wag vir aanvalle wat deur tekens of inligting aan hulle deurgegee is. Waar hulle saam met polisiemanne en vroue werk om oortreders stop, voor hulle families uitwis…
Terwyl ek en jy lekker lê en slaap, is daar mense wat vrywillig plaasaanvalle probeer keer. Hulle is die mense wat ook meestal eerste op ‘n plaasmoord se toneel is. Jy sien die trauma en magteloosheid in hulle oë, oë wat al te veel dood gesien het. As dit nie vir hierdie mense was nie, was die statistieke al baie hoër, die tragedie baie grooter.
Maar groot ….is die tragedie groot. 257 aanvalle in 212 dae wat tot 53 begrafnisse gelei het. Vir meeste mense is hierdie statistieke iets om oor te sug, vir ‘n paar minute hartseer te voel en dan beweeg hulle aan. Vergeet daarvan. Maar hoe kan ons vergeet? Ons MAG nie vergeet nie. Ons MAG NIE blasé word hieroor nie. Ons MAG NIE langer sug en aanbeweeg nie. En ons MAG NIE die slagoffers vergeet nie.

Wat kan ons leer uit die statistieke?
• Gemiddeld kom die aanvallers in groepe van 3 – 4.
• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle is 58.
• Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaanmoorde is 60.
• Oudste slagoffer wat aanval oorleef het, 89. Jongste slagoffer wat aanval oorleef het, 6.
• Die oudste slagoffer van plaasmoorde in die eerste ses maande is Bob Gawler (88) wat op 28 Julie op sy plaas De Mist in Natal vermoor is.
• Die twee jongste slagoffers wat vermoor is, is CT Steyn (32) wat op ‘n plaas in Warden doodgesteek is en Bafana wat op ‘n plaas in Heidelberg doodgeskiet is.
• 65% van die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle was bo 70 jaar oud.
• In die eerste 7 maande het 45 aanvalle gedurende Vrydag nagte plaasgevind en 44 gedurende Donderdae nagte.
• 28 Aanvalle het gedurende Sondag nagte plaasgevind.

• Aanvalle per provinsie
o Gauteng - 53 aanvalle
o Limpopo - 48 aanvalle
o Noord Wes - 41 aanvalle
o KZN - 39 aanvalle
o Mpumalanga - 25 aanvalle
o Vrystaat - 22 aanvalle
o Oos Kaap - 14 aanvalle
o Wes Kaap - 11 aanvalle
o Noord Kaap - 4 aanvalle

Die Landbou Weekblad beweer meer as 20 000 plase is tans in Suid-Afrika in die mark. Dis die meeste plase in 20 jaar wat boere ontslae van wil raak. So as 20 000 boere nie meer boer nie, en die res wat oorbly word vermoor….. wat is die toekoms vir Suid-Afrika. 
Boere is tog die kos voorsieners. Sonder Boere, of hulle nou ophou boer of vermoor word kan ‘n land tog nie die mense voed nie. Hoekom skree en raas niemand hieroor nie. 

In 1980 was daar ongeveer 128 000 kommersiele boere in SA. 2007 se SARS rekords wys dat 39 966 plase aktiewe kommersiele plase is, waarvan 2 167 aan groot ondernemings behoort het, 2 259 aan Beslote korporasies, 874 familie trusts en 33 249 aan individuele boere. Nie google or StatsSA kan tans vir my sê presies hoeveel boere is oor nie, maar sommige bronne bespiegel dat die getal boere iets tussen 40 000 en 70 000 is. 

Wat ook al die getal is, die feit bly staan dat daar ‘n totale aanslag op ons wit boere is. 

Red die Boer…… Red die land……

AMOR GERBER
MSVS
3 Augustus 2017


https://web.facebook.com/photo.php?fbid=1948601825428768&set=g.896203503795146&type=1&theater