Tuesday, December 6, 2016

Noordwes-melkboer met messe aangeval

Noordwes-melkboer met messe aangeval
CHRISTAL-LIZE MULLER
08:45 (GMT+2) Tue, 06 Dec 2016


Gallo images
Delareyville - 'n Vooraanstaande melkboer in die Delareyville-distrik in Noordwes is in 'n stabiele, maar ernstige toestand in 'n hospitaal in Klerksdorp nadat hy gisteraand op sy plaas aangeval is.


Johan van Niekerk is verskeie kere in die nek, rug en bors gesteek, vermoedelik deur twee mans met messe. Voorsitter van Agri-Delareyville, Danie de Villiers, sê Van Niekerk het omstreeks 20:30 van 'n buurman se plaas teruggekeer en met sy bakkie by sy melkstal gestop. Hy is deur die booswigte oorrompel toe hy van sy melkstal na sy plaashuis gestap het. Volgens De Villiers was Van Niekerk se vrou in die huis.

Die egpaar se honde het buite geblaf. Van Niekerk se vrou het deur die huis se vensterruit gekyk waarom die honde onrustig is. Sy het haar man met twee ander mans gesien. Hulle het na die huis gestrompel. Sy was onder die indruk dat iets met haar man gebeur het en dat die twee mans hom gehelp het om by die huis te kom.

De Villiers sê Van Niekerk se vrou het uit die huis gegaan waarna die booswigte op die vlug geslaan het. Hulle het vermoedelik gedink sy is gewapen.

Hulp is ontbied.

Danie de Villiers2 (Die polisie en boere in die distrik was vinnig op die toneel. Honde is sonder sukses gebruik om spoor te sny. De Villiers loof die goeie samewerking tussen die polisie en boere.

Hy sê sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie.

OFM-nuus

http://www.ofm.co.za/article/local-news/212838/noordwes-melkboer-met-messe-aangeval