Thursday, December 8, 2016

Casper Venter (51) doodgeskiet.

Moot-man in huis doodgeskiet
8 Desember 2016
Nico Strydom


Casper Venter (51) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Villieria in Pretoria se Moot-gebied doodgeskiet.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurman van Venter het op sy lyk in ʼn leefgedeelte in die huis afgekom nadat Venter se vrou hom om hulp gebel het. Venter se vrou het ʼn skoot hoor afgaan en toe die buurman ontbied. Volgens Breedt het die voorval omstreeks 02:30 plaasgevind.

Renata Erasmus, woordvoerder van Life Med-ambulansdienste, het gesê Venter is op die toneel in Beyersstraat dood verklaar. Hy is in die bors geskiet.

Volgens Breedt vermoed hulle in dié stadium dat Venter moontlik ʼn inbreker betrap het en toe doodgeskiet is. “Ons ondersoek al die moontlikhede.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/moot-man-in-huis-doodgeskiet/