Wednesday, December 7, 2016

Moorde en aanvalle statistieke 2016

Soveel sterf al vanjaar in plaasaanvalle
7 Desember 2016
Nico Strydom




AfriForum en TLU SA het Woensdag bekend gemaak hoeveel plaasaanvalle en -moorde daar reeds vanjaar was.

Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het gesê die syfers vir plaasaanvalle en -moorde toon in 2016 vir die sesde agtereenvolgende jaar ʼn kommerwekkende styging. Volgens dié inligting was daar al vanjaar minstens 334 plaasaanvalle en 64 plaasmoorde. In 2015 was daar 279 aanvalle en 64 moorde.

Van begin Julie tot einde November vanjaar was daar minstens 141 aanvalle en 18 moorde. Die meeste aanvalle en moorde het in Gauteng voorgekom. In dié provinsie was daar minstens 37 aanvalle en vyf moorde.

In die Vrystaat was daar minstens 32 aanvalle en drie moorde en in die Oos-Kaap minstens vier aanvalle en drie moorde.

In dieselfde tyd verlede jaar (begin Julie tot einde November) was daar minstens 139 aanvalle en 30 moorde landwyd. Weer eens was die meeste aanvalle en moorde in Gauteng, naamlik minstens 25 aanvalle en 10 moorde.

Van die minstens 1 849 plaasmoorde sedert 1990 was 1 187 van die slagoffers boere, 491 direkte familie van boere, 147 werkers en 24 besoekers.

Volgens Van Zyl is nóg groot bekommernisse die vergiftiging van vee en dreigende besettings. “Die groot groepe aanvallers, die betrokkenheid van buitelanders en die benutting van tegnologie deur aanvallers is ook kommerwekkend.”

Sien die onderstaande grafika:






Bron Maroela Media:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/soveel-sterf-al-vanjaar-in-plaasaanvalle/








Bron: Maroela Media
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/jongste-neigings-in-plaasaanvalle/