Die Gelofte
My broers en landgenote,
hier staan ons tans op hierdie oomblik
voor die heilige God van hemel en aarde
om aan Hom ‘n Gelofte te maak:
As Hy met ons sal wees met sy beskerming
en ons vyand in ons hande sal gee
dat ons hom oorwin,
dat ons die dag en datum elke jaar sal deurbring
as ‘n verjaarsdag en ‘n dankdag
soos ‘n Sabbat tot sy eer
en dat ons ‘n tempel sal stig tot sy eer
waar dit Hom sou behaag
en dat ons dit sal sê ook aan ons kinders
dat hulle met ons daarin moet deel tot gedagtenis
ook vir ons opkomende geslagte,
want die eer van sy Naam sal daardeur verheerlik word
dat die roem en eer van oorwinning
aan Hom gegee sal word.
Amen.
(Met erkenning aan oom Buks Barnard).
Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
NAHUM 1:15 AFR53
http://bible.com/5/nam.1.15.AFR53
GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee
Dit is 15 Desember 1838, Saterdag namiddag laat.
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...
die Trekkers wat rustig oor die Drakensberge in die omgewing van die huidige Oliviershoekpas die “Beloofde Land “ ingetrek het... hoe hul leier, Piet Retief na Dingaan is om oor grond te gaan onderhandel, hoe hy en sy 69 makkers verraderlik wreed op 6 Februarie deur Dingaan in sy hoofstad doodgeslaan en hul verminkte lyke op Dhlomo Amabuto (Moordkoppie) buite die stat gegooi is... hoe die Zoeloe-impi’s op 17 Februarie die niksvermoedende Trekkers by Moordspruit, Blaauwkrans en Weenen aangeval en 485 mans vrouens en kinders uitgemoor het...baie van die klein kindertjies aan die voetjies gegryp en hul koppies teen die wawiele vergruis het...
Hy dink aan die strafkommando van kommandant Piet Uys wat by Italeni in ’n hinderlaag gelok is en waar hy en andere gesterf het, asook sy 12-jarige seun, Dirkie ’n heldedood gesterf het toe laasgenoemde doodsveragtend ingejaag het om sy vader te gaan help toe die reeds geval het!
Hy dink aan ander Zoeloe-aanvalle, die nood, die honger, die siektes en die koue wat sy mede-Trekkers in die daaropvolgende maande moes ly en hy dink met trots aan die standpunt wat die Boervrou ingeneem het toe daar sprake was dat die Trekkers die land moes verlaat...terug oor die berge. Hul het gesê, “Ons bly net hier...die dood van ons kinders moet gewreek word!”
Hy onthou die dringende boodskap wat hom op die verre Oosgrens van die Kolonie bereik het waar hy self besig was om reg te maak om ook te trek…”Jy moet dringend kom help!”
Hy het dadelik reageer en slegs 23 dae daarna was hy by sy mense aan die bo-lope van die Tugela-rivier en binne dae is ’n strafkommando georganiseer en na beste vermoë toegerus. Hulle was verarm, klere verslete, kos en medisyne min, maar daar was ’n brandende gees om onreg te gaan regstel. In die wakis was daar die voorlaaiers, die buskruit en die Bybel...maar geen wit vlag nie!
Hy kyk oor sy manne waar hul afdaal na die plek waar, toe nog aan hom onbekend, ’n veldslag sou plaasvind waarvan die gevolge tot in die verre toekoms nog sou uitkring!
Agt dae gelede by ’n plek, nou bekend as Danskraal, naby Ladysmith, het ’n paar Engelse uit Port Natal (Durban) onder leiding van Alexander Biggar hul opwagting by hom gemaak.
Biggar wou weet, “ What are you doing here, Commandant?”
Sy antwoord: “We are going to punish Dingaan for the atrocities committed by him on my people!”
Die Engelsman het so oor die groepie Trekkers gekyk en met ’n handgebaar oor hulle heen, opgemerk, “With this Commandant?...you don’t know what you are doing! Dingaan has got a well-trained army of between 32 and 40,000 men...you might be outnumbered by about 50 to 1 in an armed conflict!”
Die man het sin gepraat.
Daardie aand, op 8 Desember het hy, Andries Pretorius en Sarel Cilliers, die Geestelike leier van die ekspedisie, sy watentklappe agter hulle twee toegemaak en vir mekaar die vraag gevra, “Wat nou?!”
Gedurende die nag het ’n gedagte wat reeds ’n geruime tyd gelede al by hom opgekom het, gestalte gekry toe hul albei besef hulle taak is byna menslik onmoontlik...alleen sou hulle kommando nie kon slaag nie, en mislukking sou die totale uitwissing van die Trekkers in Natal tot gevolg kon hê.
Daar was net EEN uitweg! Vertikaal na Bo...Na die Almagtige!
Daardie nag worstel Sarel Cilliers, bewus van die ernstige implikasies van ’n Gelofte aan God (gebaseer op die Skrif), oor die inhoud van ’n Gelofte, en die volgende oggend op 9 Desember by Danskraal word dit, na ernstige oorleg, ook met die ander Trekkers, as Gelofte aan God, aanvaar en so ook staande, met die hoof ontbloot en die hoed op die bors, die eerste keer gelees en met ’n “Amen”, bekragtig.
Pretorius dink aan hoe die gelofte die afgelope sewe dae elke oggend met eerbied en oorgawe afgelê is.
Die eerste waens is reeds deur die rivier toe van die verkenners wat elke dag vooruit gestuur is, van oorkant die bulte oos van die rivier op dolle vaart aangejaag kom. Hans de Lange (Hans Dons) rapporteer met die naderkom, net agter die bult, van ’n reuse-Zoeloemag... duisende van hulle!
Pretorius beveel dadelik dat hulle ’n walaer moet trek. Maar waar?
Sarel Cilliers wys na die oorkant van die rivier, waardeur hul sopas gekom het na waar ’n reuse-donga van 4 tot 5 meter diep reghoekig by die rivier aansluit, neffens ’n baie diep, kilometer lange seekoeigat, dig met riete begroei.
“Daar is die plek wat God reeds vir ons jare van tevore al begin voorberei het!” sê hy.
En Pretorius beveel: “Terug deur die rivier en trek laer in die hoek wat die donga met die rivier vorm.”
Hyself ry die bult uit in die rigting van die aankomende Zoeloes, en staan dan in vervoering by die aanskoue van die aankomende mag...netjies en ordelik, assegaaie glinsterend in die ondergaande sonlig, die pluime op hul koppe lig wiegend in die aandwindjie, die voete trap ritmies op die grond; Wit-, Swart- en Rooi skilde — elke regiment apart!
Tussen 15 en 20,000 in getal skat hy hulle!
Terug by die waens word die laer haastig, maar geordend getrek...hoe dikwels moes hulle dit nie al in die vorige dae op die trek doen nie? Veghekke word tussen en onder die waens geplaas en met kettings geheg. Doringtakke en ander versperrings word aangebring. Die drie kanonne (twee klein breëbek- kanonne en een skeepskanon) word strategies geplaas, die byna 1 300 stuks grootvee (perde en trekosse) word in die binnekring van die laer met rieme (neusrieme vir die osse) aan pale wat in die grond gedryf is, vasgemaak. ’n Stormloop deur verbouereerde diere sou fataal vir die ligte kakebeenwaens wees!
Oplaas word alles weer nagegaan:
Gewere word gelaai...daar is 3 tot 4 gewere per man. Dit is voorlaaiers wat van vooraf in die loop met net die regte hoeveelheid buskruit gelaai moet word, dit kry dan ’n pluis op om die kruit vas te hou en daarna word dit met ’n laaistok vasgestamp. Dan kom die loodkoeël of ’n aantal lopers ( ronde loodballetjies) wat ook met ’n pluis vasgestamp word...’n uiters omslagtige proses, veral nog as die vyand met groot spoed nader storm...dan word die ontbrandingbakkie by die vuursteen gereed gemaak, die haan word oorgehaal en dan eers kan die skoot afgetrek word! ’n Goeie skut kon weer herlaai vir n volgende skoot....binne ongeveer 2 minute!..(Vergelyk dit met vandag se masjiengewere!)... en hoe ver hardloop ’n fikse swart kryger nie in daardie tyd?!
Na ongeveer 6 tot 8 skote was die geweer onhanteerbaar warm en indien nie baie versigtig nie, kon nuwe kruit wanneer dit in die loop gegooi word, ontplof en ernstige wonde of selfs die dood veroorsaak.
’n Voorlaaier skop ook geweldig. Daar kan nie uit ’n lê-posisie geskiet word nie...want die kolf kan jou sleutelbeen afskop.
Die lopers is reeds gedurende die afgelope dae in die regte hoeveelhede in afgemete stukkies skaapderm, toegeknoop sodat dit maklik gelaai kon word.
Die buskruit (swart kruit ) word sorgvuldig uitgemeet en noukeurig toegemaak sodat water nie daarby kan kom nie. Dit is higroskopies en trek derhalwe maklik water, en word dan swart modder en is onbruikbaar.
Sou dit gedurende die aanval reën, kan dit fataal wees vir die Trekkers.
Lang sweepstokke met lanterns bo-aan, gevul met dierevet, word net buite die wa-kring in die grond geplant om lig te verskaf in die geval van ’n nagaanval.
Die Zoeloemag, duidelik verdeel in drie afdelings, het oorkant die rivier ontplooi.
Die aanvoerders, Dambuza en Ndlela, lg. Hoof van die Generale staf was nie heeltemal gelukkig nie. Hulle advies aan Dingaan was dat ’n afsonderlike groot Zoeloe-leër gestuur moes word om die walaers met die ou manne en vrouens en kinders in, aan die Tugela te gaan uitwis. Hulle het ook gedink aan beleëring van die Strafkommando op ’n terrein waar hulle maklik uitgehonger kon word en waar hulle ammunisie deur skynaanvalle uitgeput kon word. Hierdie raad is deur Dingaan in die wind geslaan.
Alles was gereed en saam met die aandson, het die stilte oor die laer en ook die Zoeloes neergesak, so ook die miswolke wat skielik vanuit die ooste die laer en omgewing begin oordek het en klewerig aan die watent-seile begin kleef het.
Binne die laer is daar “Boeke Gevat” en aandgodsdiens gehou en vir oulaas is die Gelofte weer afgelê.
Toe het die aand- en lofgesange uit n groot mannekoor uit die laer opgeklink en was dit ironies genoeg, die eerste aanhoor van die Evangelie deur die duisende swart manne wat daar buite in die donkerte op hul skildvelle gesit het.
Na huisgodsdiens is elke man, elkeen met sy eie gedagtes, na sy voorafbepaalde plek en het die lang wag op môre begin, want môre was die Dag van Beslissing, of Lewe, of die Dood, niks tussen-in nie — en geen Wit vlag nie!
Die nag van 15 Desember 1838 was ’n koue mistige nag. So dig was die mis dat ’n mens nie jou hand voor die oë kon sien nie.
Soos die nag gevorder het, het dit digter en natter geword...waar die klammigheid eers net die watentklappe nat gemaak het, het dit meer en meer geword totdat dit in klein stroompies begin afloop en poeletjies op die grond begin vorm het.
Vrees het ontstaan dat dit kon begin reën, dat die kruit nat kon word !
Teen dagbreek was die mis nog net so dig.
Toe eensklaps, asof deur n reuse-hand, word die miswolke weswaarts weggeveeg en breek die mooiste Desemberoggend aan!
Dit was asof God vir almal wou wys dat Hy ’n God van Sy Woord is en Sy kant van die Ooreenkoms sou nakom!
Dit laat ’n mens onwillekeurig dink aan Jes.30:18:
“En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!”.
Sou dit verkeerd wees om, met groot respek, te sê dat God Self daardie nag met groot ongeduld gewag het dat die dag moes breek om Sy getrouheid te bewys?!
Die windjie het gaan lê en voor die trekkers was daar die vreesaanjaende gesig, duisende der duisende swart krygers wat op hul skildvelle sit (die Rooies), slegs 50 meter van die laer af.
Na die westekant, die Swartskilde ook in duisende en oorkant die Ncomo die Witskilde , ook in hul duisende, wagtende op die bevel om aan te val.
Die bekende oskop-halwe-maan taktiek van die Zoeloe leër sou ook hier geld!
Vanweë die posisie van die laer, aan twee kante begrens deur die donga en die rivier, is die aanvalsterrein van die Zoeloes beperk tot slegs die westekant van die laer. Hulle aanvalle sou soos in ’n nouerwordende tregter moet geskied, met noodwendige opeenhoping van krygers en gebrek aan behoorlike beweeglikheid; terselfdertyd ’n beter teiken vir verwoestende geweer- en kanonvuur!
Pretorius som die situasie vinnig op en besluit om die inisiatief te neem.
“Maar laat ons begin”, beveel hy, ”lê aan en vuur!”
Met die eerste sarsie stort die eerste swart golf op die laer aan, maar die akkurate vuur uit die voorlaaiers, eers koeëls en dan lopers maai die aanvallers af...sommige val feitlik teen die waens, maar niemand breek deur nie.
Die Zoeloes val tydelik terug, hergroepeer en val met hernude ywer aan...weereens word hulle teruggeskiet, lyke begin ophoop naby die laer.
Die lug word so donker van die kruitrook van die gewere en kanonne dat Pretorius bevel gee om vuur tydelik te staak sodat die sig kan verbeter!
Van Zoeloekant gesien, het sake nie juis in hul guns verloop nie:
In die eerste plek het die digte nat miswolke ’n nagaanval uitgeskakel en moes hul, skraal gekleed, in die nat en koue op hul skildvelle bly sit. Hulle was koud en styf na die vorige dae se opmars en die koue.
Die nat misweer wat die tentwaens aangeklam het, het ook die grond oppervlak nat gemaak en die potklei grond op die gevegsterrein glibberig laat word. In hul stormlope moes hul gaandeweg meer en meer oor die lyke van hul gevalle kamerade spring en op die gladde grondoppervlakte het dit moeiliker geword.
Maar weer en weer storm hulle in...net om elke keer deur die haelbuie koeëls, lopers en die skroot van die drie kanonne afgemaai te word...dit word ’n slagting!
Die Ncomo-rivier word Bloedrivier.
Hulle probeer om deur die diep donga te kom, waar hul op mekaar se skouers moet klim om deur te kom, maar tevergeefs. Sarel Cilliers kry die bevel om die donga skoon te skiet, en na die slag verby was, is oor die 400 lyke daar getel.
Die drie kanonne saai verwoesting; en deur oral oor op die aanvallende sowel as die reserwemagte wat wag om aan te val, te skiet word verwarring gesaai.
Oorkant die Ncomo wag die Witskilde, die Elite-mag van Dingaan, vir die regte oomblik om aan te val, maar die tydstip breek net nie aan nie...die Rooiskilde, nou versterk met die aankoms van die Swartskilde. maak nie genoeg vordering nie, om die waarheid te sê, die aanvallers is tot stilstand gedwing! .
Regs van die Witskilde, oorkant die rivier, is die Generale Staf van die Zoeloeleër, in ’n klein groepie bymekaar vanwaar boodskappers heen en weer na verskillende plekke op die slagveld hardloop om boodskappe te neem.
“Maar steek hulle daar los” beveel Pretorius sy skeepskanon-operateur.
“Jammer kommandant, maar die kanon kan nie so vêr skiet nie,” is die antwoord.
“Dit MOET vandag so ver skiet!” kom die antwoord. “Skiet!”
Die kanon word herlaai , op die Generale Staf gerig en gevuur!
Die skoot val tussen hulle, en dood ’n aantal, waaronder 2 van Dingaan se seuns!
Op hierdie tydstip besef Pretorius dat die geveg dié dag beëindig moet word. Indien dit nie die geval is nie, en die Zoeloes val net tot buite bereik van die geweervuur terug, kon daar die komende nag, ’n nagaanval wees, of die laer kon beleër word met noodlottige gevolge.
Pretorius maak ’n gaping in die walaer en 150 berede Boere onder leiding van Bart Pretorius, broer van kommandant Pretorius, bestorm die vyand. Hulle word egter teruggedryf in die laer en die geveg gaan voort.
Die Zoeloes val weer terug en die keer bestorm ongeveer 300 ruiters hulle, dryf ’n wig tussen die vyand in en verdeel hulle in 2 groepe; vertwyfeling pak hulle beet en hulle slaan skielik op ’n wilde vlug!
Die Zoeloe-opperbevel sien wat gebeur en stuur die Witskilde in. Hulle moes egter eers deur die driwwe bo- en onderkant die walaer gaan en met hul aankoms daar bots hulle met die wildvlugtende, verslane afdelings van die Rooi- en Swartskilde. Pandemonium breek los en die volgende oomblik, onder hewige kanon en geweervuur, slaan almal op die vlug!
Die slag was gelewer. Vir etlike ure nog agtervolg die ruiters die vlugtende massa en word daar nog baie gedood.
Die oorwinnaars keer eers teen die namiddag moeg en gedaan terug na die laer...
Rondom die laer en in die donga lê die lyke van ongeveer 3 000 swart krygers!
Aan Boerekant is daar geen verlies nie, slegs drie man, waaronder ook die kommandant, is lig gewond.
Voorwaar ’n wonderwerk!
Vanuit die laer die aand rys daar die lof- en dankgesange van ’n oorstelpte en dankbare volk, ’n volk wat op daardie dag, 16 Desember 1838 Geloftevolk geword het tot vandag toe, voorwaar ’n Eer, maar ook ’n onomstootlike Verantwoordelikheid.
Al die Eer aan die Groot en Almagtige God van Bloedrivier! Loof en verheerlik Sy Naam!
Waarom die “WONDER” van die slag van Bloedrivier?
Die besondere ligging van die laer tussen die donga en die rivier.
Dat met die lompe ou voorlaaiers die aanvalle gestuit kon word
Dat dit nie gereën het nie en die buskruit droog gebly het.
Dat die mis die nag so dig was dat ’n nagaanval onmoontlik was.
Dat die 1 300 stuks groot diere in die laer relatief rustig gebly het.
Dat die nat potklei die aanvallers se bewegings belemmer het.
Dat die Zoeloe-aanvoerders se planne om die agterlaers te gaan aanval deur Dingaan geveto is.
Dat die kanonskoot op die Generale staf so ver getrek het.
Die “wit ruiters” wat gedurende die nag deur die Zoeloes oor die laer sien sweef het (Zoeloe-oorlewering)
Die “roofvoëls” wat deur die Zoeloes “gesien” is wat tydens die geveg op hul afgeduik het (Zoeloe-oorlewering)
Die byna onverklaarbare wyse en tyd waarop die mis oopgetrek het.
Vandag kan ons saam met die digter (Dr Louw du Toit) bely...
“Kinders van ’n duur Gelofte
Aan die God wat steeds bestier
Hier staan ons geslag ontredderd
Voor ’n groter Bloedrivier.
Kom ons kniel nou soos weleer
In die ou Gelofte neer
Bid dat God Hom nog ontferm
En ons in die stryd beskerm”
Ongeveer ’n week later kom die kommando by die afgebrande en verlate Umgungundlovu aan ...die Zoeloe-volk het gevlug...
Buite die stat in die bosse lê die lyk van Ndlela, Opperbevelhebber van die dapper Zoeloe-leër, met ’n osriem verwurg...die dank van Dingaan aan een van sy Zoeloe- helde!
Op die koppie, Dhlomo Amabuto, om die wit geblykte beendere van Retief, hang nog sy bladsak met die ondertekende en wettige koopbrief van die duur gekoopte grondgebied, Natalia.
( Die dokument word vandag nog veilig bewaar in die Argiewe in Pretoria.)
http://www.gelofteland.org/index.php/ons-volk/23-kultuurdagboek/2026-bloedrivier-se-gebeure.html
Met die oorgawe van 1994 is Hemelvaart as openbare rusdag weggeneem en het Geloftedag sommer oornag “Versoeningsdag” geword. Ons het opgegroei met die wete dat Geloftedag ‘n dag is waarin ons die ingryping van die Almagtige in ons volk se lotsbestemming, met verootmoediging, erken en herdenk. Aan die menslike versoening wat nou gevier word, het ons geen erg nie – ons betaal elke dag daarvoor met die bloed en trane van ons mense. Uit verset daarteen volstaan ons as volk dus daarby om Geloftedag te herdenk. Front Nasionaal wil al ons mense aanmoedig om vanjaar jou gesin en jou vriende saam te neem na een van die meer as 140 Geloftefeeste wat landwyd op 16 Desember gehou word.
(Alfabeties volgens Provinsie)
GAUTENG
AKASIA/DE WILDT
Jopie Fourie Terrein
08:00
Spreker: Bennie van Zyl van TLU
Kontak: Gawie Rossouw – 0721341105
BAPSFONTEIN
Plot 244, Bashewa
Spreker: Prof Henk vd Wateren
Kontak: Wayne Gibbs – 0828180696
BRONKHORSTSPRUIT
Feesterein op die plaas Wacht-n-bietjieskop
Spreker: ds Jan van Staden
Kontak: Neels Pohl – 0823350896
CARLETONVILLE
Ou Voortrekkerterrein
Kontak: Hendrik vd Merwe: 0846997645
CULLINAN
Cullinan Boere Unie Saal
Spreker: ds Gerhard Nieman
Kontak: Mias Smit – 0722383696
ENDICOTT (OOS RAND)
Nooitgedacht Plaas, Ermelo Pad
Kontak: Pooi Botha: 082 894 2426
GERMISTON
APK Oos-Rand
Spreker: ds Barend Hefer
Kontak: Chris J van Vuuren – 0829010508
HEIDELBERG TVL
Kafferskraal
Kontak: Jakkie Jordaan – 0839410286
KLEINFONTEIN
Diens: Ds Dolf Brits
Kontak: Charel Bezuidenhout: 0822556531
KRUGERSDORP
Paardekraalfees, Pretoriuskraal
Spreker: dr Christo Pretorius
Kontak: At von Well: 0823483828
PRETORIA
• Voortrekkermonument vanaf 07:00
• Gereformeerde Kerk Wonderboom
Kontak: Kobus Kok: 0826701961
• Pretoria-Oos
Pioniersmuseum
Kontak: Dries du Toit : 012 803 3018
• Verwoerdburg
Rooihuiskraal Terrein
Spreker: Theuns de Wet / Diens – ds Eduan Naude
Kontak: Drienie Smal: 0722116656
• Kloof Geloftefees
APK Wonderboom
Spreker: Fritz van Graan
Kontak: Lydia: 0825501424
• Waverley
Gogganoster Skoolsaal
Spreker: Ds Frans Joubert
Kontak: Frans: 0734823295
RANDBURG/LINDEN/NORTHCLIFF/ROODEPOORT
Waterval Fees, Albert’s Farm
Spreker: ds Christo Naude
Kontak: Hennie: 0731607343
VAALDRIEHOEK
Lion’s Creek Lapa
Spreker: ds Gert van Heerden
Kontak: Robert Fourie: 0836532514
VANDERBIJLPARK
Hervormde Kerk
Spreker: ds Andre Swanepoel
Kontak: Este du Plooy: 0727692483
KWAZULU NATAL
DUNDEE/VRYHEID
Bloedrivier
Spreker: dr Victor d’Assenville
Kontak: Johan Fourie: 0823204133
DURBAN
NG Kerk Ballito
Spreker: ds Thomas Dreyer
Kontak: Thomas: 0832528242
KZN SUIDKUS
Pennington Leisure Resort
Spreker: Louis Radyn
Kontak: Willie Pretorius: 0726150588
MARGATE
APK Suidkus
Spreker: ds Nico Coetzee
Kontak: Kobie Jacobs: 0828963236
NEWCASTLE
APK Newcastle
Kontak: Tinus Mare: tinusmare@telkomsa.net
PIETERMARITZBURG
APK
Spreker: ds Christiaan le Roux
Kontak: Christiaan: 0823069241
RAMSGATE
Ramsgate Swemstrand
Spreker: dr Mike Heaney
Kontak: Wessel Pretorius: 0823186195
VOLKSRUST/NEWCASTLE
Majubaberg
Spreker: Meinhard Pieters
Kontak: ds Paul Buitendag: 0828538900
LIMPOPO
ALLDAYS
Rossthomsaal
Kontak: ds Bertus Badenhorst: 0849841742
BALTIMORE
Gemeenskapsaal
Spreker: ds Thys Muller
Kontak: Danie Ehlers: 0824984436
DENDRON
Driedoornhoek Geloftefeesterrein
Spreker: prof Andries Raath
Kontak: Francois Fourie: 08336266573
DUIWELSKLOOF
Hervormde Kerk
Spreker: Ds Gawie Wolmarans
Kontak: Piet Vermaak: 0790197701
ELLISRAS
• Sarahbell Feesterrein
Spreker: Paul Kruger
Kontak: Kobus vd Merwe: 0845157162
• Steenbokpan Boereverenigingsaal
Kontak: Chris Erasmus: 014 763 4533
• Matjiesfontein Geloftefees
Spreker: Willem Frost
Kontak: Pieter Lamprecht: 0823720598
GRAVELOTTE
Kwaggasnek Geloftefees
Spreker: Cobus van Jaarsveld
Kontak: Gerrie vd Merwe: 0834599080
GROBLERSDAL
DLU Saal
Spreker: Alwyn de Klerk
Kontak: Andre de Beer: 0781611967
HOEDSPRUIT
Laerskool Mariepskop
Kontak: Melanie Wright: 0847674608
KAYASEPUT
Kontak: George Potgieter: 0829035752
LEEUPOORT
Karavaanparksaal
Spreker: Dirk Herman
Kontak: Stoffel Bester: 0828237652
LEVUBU
Gemeenskapsaal
Kontak: ds Petrus Kriel: 0828982081
LOUIS TRICHARDT
Schoemansdal Feesterrein
Spreker: ds Wynand vd Westhuizen
Kontak: Abrie Wepener: 0826862552
MARBLE HALL
Spioenkoppie Feesterrein
Kontak: Gerhard Fourie: 0828930333
NABOOMSPRUIT
Feesterrein langs Hoërskool Hans Strijdom
Spreker: Willie van Rensburg
Kontak: Johan de Beer: 0727762081
OHRIGSTAD
Voortrekkerbegraafplaas daarna Boeresaal
Kontak: Marnus vd Wal: 0837515536
PIETERSBURG
• Doornkraal Feesterrein
Kontak: Johan Willemse: 015 297 5922
• Strydpoort
Kontak: Jeanette le Roux: 0820659738
POTGIETERSRUS
Geloftefeesterrein
Spreker: prof Willie Coetzee
Kontak: Rudi Kruger: 0828098825
RANKIN’S PASS
Swaershoek Terrein
Spreker: ds A vd Berg
Kontak: Danny Nel: 0823778003
STERKRIVIER
Hangklip Boeresaal
Spreker: Mauritz Hansen
Kontak: Bertus Moller: 0834484784
TZANEEN
• Letaba Geloftefeesterrein
Kontak: Dirk Joubert: 0733774622
• APK Tzaneen
Kontak : Allan Campbell: 015 307 5407
WARMBAD EN WATERBERGE
• NG Kerk Wes
Kontak: Jan Greef: 014 736 6676
• Mabula Geloftefees (Mabula Boeresaal)
Kontak: Theo Ahlers: 0828247321
• Berlyn Geloftefees
Kontak: Willem Wieringa: 072 368 2069
WATERBERG
Doornfontein Feesterrein
Kontak: Mentha Kriel: 076 395 8644
MMPUMALANGA
BADPLAAS
NG Kerk Badplaas
Kontak: Rene J van Vuuren: 017 844 1145
BELFAST
Belfast Geloftefeesterrein
Kontak: Gerhard Kotze: 071 609 9266
BETHAL/STANDERTON
Grootfontein Feesterrein
Spreker: Marcus Pawson
Kontak: Hannes Human: 017 647 5875
DELMAS
APK Delmas
Spreker: Dr Willie Burger
Kontak: Annatjie Botma: 083 415 1470
DULLSTROOM
NG Kerk Dullstroom
Spreker: ds Lukas Steenkamp
Kontak: Marie Bredell: 082 451 1896
ERMELO
• Holland Geloftefees
Kontak: Petrus Taljaard: 0824934137
• Smitsfield Geloftefees
Kontak: Leon Grobler: 0828079264
GREYLINGSTAD/VILLIERS/GROOTVLEI
Wilgefontein Feesterrein
Spreker: Buks Barnard
Kontak: Hannes Strydom: 0823515979
HENDRINA
Spreker: ds Sam Heine
Kontak: Anton Pelser: 0828041796
LEANDRA
Eendracht Geloftefeessaal
Spreker: ds Samuel Louw
Kontak: Samuel Louw: 0824654725
LYDENBURG
• Badfontein
Kontak: Gerrie vd Merwe: 013 235 1248
• Noupoort
Kontak: Andre vd Wal: 0760722000
• NG Kerk Moedergemeente
Kontak: Ina Botha: 013 235 3101
MACHADODORP
Elandsfontein Feesterrein
Spreker: dr Koos Adendorf
Kontak: Izak Davies: 083 701 2243
MIDDELBURG
• Banke Geloftefeesterrein
Kontak: Willem Potgieter: 072 246 3159
• Middelburg Witkerk
Kontak: Jannie Schoeman: 082 3883 111
• Uitkyk Geloftefees
Kontak: Michiel Geldenhuys: 072 191 4325
• Olifantsrivier-Oos
Kontak: Neels Kruger: 0723424589
NELSPRUIT
NG Suid Geloftefeesterrein
Sprekers: ds Eksteen Botes / Boeta Claassen
Kontak: Diederick Scholtz: 0824001360
SECUNDA
Gereformeerde Kerk
Kontak: Werner Ernst: 082 663 9408
WITBANK
• Boerevolk Geloftefees
Kontak: Van J van Rensburg: 083 225 1405
• Witbank Geloftefees, Hervormde Kerk
Spreker: dr Pieter de Kock
Kontak: Leon Viviers: 082 894 5755
NOORD KAAP
BARKLEY-WES
De Kuile Geloftefees
Spreker: Werner Human
Kontak: Pieter Botes: 071 672 9653
DE AAR
APK
Kontak: ds Reyno Louw: 0764468683
FRASERBURG
CVO Skoolsaal
Spreker: adv Lourens Joubert
Kontak: Anmar Dumas: 053 381 3868
GROBLERSHOOP
Xheis Riverside Lodge
Kontak: Raymond: 082 336 9103
KIMBERLEY
APK Kruisgemeente
Kontak: ds Danilo Stolz: 084 444 4417
ORANIA
Oewerpark
Spreker: prof Koos Malan
Kontak: Jaco Kleynhans: 083 324 5631
UPINGTON
Volle Evangelie Kerksaal
Kontak: Yvonne de Jager: 082 338 0934
NOORDWES
ASSEN/BRITS
Swarthoek Geloftefees
Spreker: ds Adriaan Swart
Kontak: Dries Brits: 0828064320
BOKFONTEIN
Spreker: Stefan Pieterse (Afrisake)
Kontak: Herman Els: 0823772991
BOKKRAAL
Spreker: ds Soois Meiring
Kontak: Evert du Preez: 0836356528
BRAKKLOOF
Ou Brakkloof Laerskool
Spreker: Dirk Wijnbeek
Kontak: Louis Visser: 0763504010
BRITS
Brits Hoërskoolsaal
Spreker: ds Rossouw
Kontak: Cor Meintjes: 0827830720
DERBY
• ACVO Skool
Kontak: Willie vd Westhuizen: 079 528 4414
• Middelfontein Feesterrein
Kontak: Jaco de Jager: 082 854 9984
GROOT MARICO
Oberholzerskloof Feesterrein
Kontak: Hennie van Eck: 0832590223
HARTBEESPOORT
NG Kerk Hartbeespoort
Kontak: Riaan Badenhorst: 0836751483
LEEUDORINGSTAD
Brandhoek Plaas
Kontak: Ria Fouché: 082 882 0539
LICHTENBURG
• CVO Skool
Kontak: Hansie Theart: 082 922 5755
• Omkyk Geloftefees
Kontak: Johan Terblans: 0845143312
• Laerskool Burgersdorp
Kontak: ds Dawie Jacobs: 0834560831
MAKWASSIE
Beyersrus Gelofteterrein
Spreker: Japie Gouws (voors. ATKV)
Kontak: GAL Jonker: 0832278580
MOEDWIL
Windgatsaal
Kontak: Johnny Cloete: 0834177517
OTTOSDAL
Uitschot Gereformeerde Kerk
Kontak: Jannie Breytenbach: 0828729560
POTCHEFSTROOM
* Roepersfontein Feesterrein
Kontak: Fransie Nel: 0720228658
• Rooipoort Feesterrein
Spreker: Peet Nienaber
Kontak: Alet Fourie: 0769798310
RUSTENBURG
Hervormde Kerk Rustenburg Suid
Spreker: Victor Schultze
Kontak: Alet Potgieter: 0843324199
VRYBURG/SCHWEIZER RENEKE
Grootpan Geloftefeesterrein
Kontak: Cilliers Snyman: 0833834190
WOLMARANSTAD
Doornpan plaas
Spreker: Pieter vd Westhuizen (optrede deur Lance James)
Kontak: Willem Grobbelaar: 08326424725
ZEERUST
Rietvlei Feesterrein
Spreker: ds Philip Bredehann
Kontak: Danie Conradie: 0823229856
OOS-KAAP
Alexandria
Karel Landman Monument
Spreker: Willie Spies
Kontak: Marie Greyvensteyn: 0732323334
KOUGA
Hananja Akademie
Kontak: Wentzel Coetzer: 0725345914
QUEENSTOWN
Queenstown Geloftefeesterrein
Kontak: Kallie Knoetze: 0844136066
VRYSTAAT
ALLANRIDGE/ODENDAALSRUST
Saamtrek Geloftefeesterrein
Spreker: Anri Wheeler
Kontak: Jaco Grobbelaar: 0824172517
BETHLEHEM
Laertrek Geloftefeesterrein
Spreker: Sam de Klerk
Kontak: Wessel Lourens: 0824448818
BLOEMFONTEIN
• Bron van Herinnering
Spreker: Willie Engelbrecht
Kontak: Ds LJ Strauss: 0760610129
• Bloemfontein Suid – Plaas: Williamstrip op pad na Jagersfontein
Kontak: Johan Schlebusch: 0515750710
• Bergkraal Fess (naby Maselspoort)
Kontak: ds Robbie du Toit: 0844016117
• Rietfontein (distrik Verkeerdevlei)
Kontak: Marianne Oosthuizen: 0832290456
BOSHOF
NG Kerk Boshof
Kontak: Ds HJM Breedt: 0829249088
BOTHAVILLE
• NG Kerk Meyerhof
Kontak: Dalene Brink: 0731951540
• Loskuil Skool
Kontak: Frikkie Nel: 0828295723
• Voorbegin Wildplaas
Kontak: Natashia: 0184730668
CLOCOLAN
Clocolan Skougronde
Spreker: dr Arnold van Dyk
Kontak: Dawie Strauss: 0519437218
FRANKFORT
Geloftefeesterrein Van Rheenenskop
Kontak: Kobus Hattingh: 0829454137
HARRISMITH
• Groenfontein, Verkykerskop
Kontak: Bertie van Niekerk: 0839828324
• Feessaal Retiefklip
Kontak: Muller Fourie: 0828364864
HEILBRON
Vegkop
Spreker: dr Nicol Stassen
Kontak: Jasper vd Bijl: 0824537357
HENNENMAN
Samekoms Feesterrein
Kontak: Christoff Botha: 0725803601
KOPPIES
• Greenlands Geloftefeesterrein
Kontak: Matty Lotter: 0832630456
• Rooiwal Geloftefeesterrein
Kontak: Ben Vosloo: 0794950180
KROONSTAD
• NG Moederkerk
Kontak: Dries Otto: 0829233113
• Onder-Heuningspruit Geloftefeessaal
Spreker: prof Arno van Niekerk
Kontak: Carl Visagie: 0834627378
• Randjieslaagte plaas
Kontak: Annemarie Nigrini: 0836313362
• Welvaart Feesterrein (op pad na Lindley)
Kontak: Nico Lategan: 0833160561
LINDLEY
Groenvlei Feesterrein
Kontak: Kobus vd Berg: 0824156924
ORANJEVILLE OMGEWING
Saambou Feesterrein
Kontak: Gerrit du Plooy: 0829449290
PETRUSBURG
APK Petrusburg
Kontak: Willem Venter: 0823364431
PHILIPPOLIS
Gereformeerde Kerk
Kontak: Johanna Pohl: 051 773 0066
SENEKAL
NG Moederkerk
Kontak: ds Stephan Coetzee: 0823867675
THEUNISSEN
Hoërskool Theunissen
Kontak: Andre Ferreira: 057 733 0644
VILJOENSKROON
Dewetsdrif Feesterrein
Spreker: prof Isak Oosthuizen
Kontak: Nico van Aarde: 0827759560
WELKOM
Hoër Tegnies Skoolsaal
Kontak: Weitz Botes: 0827808518
WINBURG
NG Kerk Verkeerdevlei
Kontak: Hansie Human: 0833058446
WES-KAAP
CLANWILLIAM
Seekoevlei Feesterrein
Spreker: ds Soon Sevenster
Kontak: Hendrik le Roux: 0823752247
GLENTANA OUTENIEKWA
Kobus Hattingh-saal
Kontak: Stoffel Bester: 044 8790003
HARTENBOS
Amfiteater
Spreker: Dr Danie Langner
Kontak: Schalk van Vuuren: 083 628 7900
MOSSELBAAI
Stadsaal
Spreker: Flip Buys
Kontak: Piet Joubert: 0825627508
OUDTSHOORN
Oude Muragie Feesterrein
Spreker: Kobie van der Hoven
Kontak: Basie Wasserman: 044 2791891
PLETTENBERGBAAI
NG Kerk Wittedrif
Kontak: ds Chris du Preez: 044 535 9439
TIERFONTEIN
Geloftefeesterrein
Kontak: Dirk Gouws: 0836611060
TYGERBERG
EGK Tygerberg
Kontak: Derik Strauss: 0844086434
VANRHYNSDORP/VREDENDAL/NIEUWOUDTVILLE
Lankverwacht Gasteplaas – 20 km buite Vanrhynsdorp op pad R27 na Nieuwoudtville
08:00
NAMIBIë
VIERLINGE (KUNENE STREEK)
Bakenkop, Vierlinge Boerevereniging
Kontak: Francois: (+264)811491537