Vryheid is ‘n uiters omvattende begrip. Dit word dikwels
slegs as indiwiduele vryheid geïnterpreteer, my reg om my ding te doen sonder
inmenging van die owerheid of ander persone. Sonder twyfel is die bevoegdheid
om belangrike self te neem, ‘n belangrike aspek van vryheid, maar wie dit as
die somtotaal daarvan sien, verskraal die begrip aansienlik.
Verskeie sake wat die afgelope tyd in die nuus was, bevestig
die belang van “vryheid om te”, nie net “vryheid van” nie. Die staatskas word
uit verskillende oorde onder druk geplaas, grotendeels as gevolg van swak
besluitneming. Die grootste eis in die land se regsgeskiedenis, die negentig
miljard rand eis teen Transnet se pensioenfonds, is onlangs deur die
Vryheidsfront Plus aanhangig gemaak. Dit spruit uit skadelike besluitneming in
die bedelings voor en na 1994. Die miljardêr, Mark Shuttleworth, eis ‘n
terugbetaling van tweehonderd en vyftig miljoen rand, omdat die staat se
valutabeheer maatreëls volgens hom ongrondwetlik is. As die eis slaag, is dit
‘n ope vraag hoe groot die vloedgolf van verwante eise sal wees. Die snelweë,
wat volgens beplanning uit e-tolgelde betaal sou word, het ongeveer negentig
miljard rand gekos. Dit is grootliks uit die staat se pensioenfonds
gefinansier. Op hierdie stadium loop die verlies op, namate tyd verbytik sonder
dat daar inkomste is.
Dié drie groot uitgawes staan op ‘n grondslag van ‘n
staatsdiens wat reeds deur korrupsie en onbekwaamheid uitgehol is. Wat van die
staatshuishouding sal oorbly as die drie “tydbomme” ontplof, is moeilik om te
voorspel. Niemand in Suid-Afrika sal die gevolge daarvan vryspring nie.
Soms is Afrikaners spesifieke teikens. Regeringspropaganda
en skoolleerplanne hou Afrikaners voor as die oorsaak van swartmense se
armoede. Daarvolgens is wetgewing oor grondbesit, arbeid en onderwys spesifiek
met dié doel ontwerp, sonder wysing na toestande in Afrika-lande waar
Afrikaners afwesig was. Pleks dat suksesvolle skole en kommersiële boerderye as
platforms vir toenemende bemagtiging van alle Suid-Afrikaners hanteer word,
word dit as oorblyfsels van onreg beskou. Hoewel dit moeilik is om bo twyfel te
bewys, is dit ook moeilik om ‘n verband tussen hierdie voorstellings en die
oormatig geweld in misdaad te ontken. Grondhervorming word op kommersiële
landbou gemik, ‘n terrein waar Afrikaners oorheers.
Die dilemma is dat Afrikaners hierdie sake kan raaksien,
vertoë rig, poog om onmisbaar te wees, poog om goeie gesindheid te wek deur die
regering in alle opsigte ter wille te wees, maar tog nie (menslik gesproke)
hulle lot in eie hande hou nie. Afrikaners se welsyn is van ‘n volksvreemde
regering en bevolkingsmassa se gesindheid afhanklik.
Vryheid is om finansiële besluite, ook op sentrale
regeringsvlak, te kan neem en die gevolge te dra. Dit is om, indiwidueel en
gesamentlik, hard te werk of slap te lê, en die gevolge te dra. Dit is om die
verlede krities en waarderend te ondersoek, sonder om vooraf skuldig bevind te
word. Dit is om ander in hulle strewes by te staan, omdat jou eie erken word.
Vryheid is ‘n omvattende begrip, iets waaroor Afrikaners nie
beskik nie.
Slegs die VF Plus het ʼn versoek vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar gedurende ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane / Potgietersrus) gerig en is uitgejou, het Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, Dinsdag gesê.
Maritz het die versoek gedurende ʼn gewone vergadering van die munisipale raad gerig na ʼn oomblik van stilte vir dr. Thla Thla toegestaan is.
“Piet en Tilla van Zyl, ʼn bekende renosterboer en sy vrou en bekendes in die gemeenskap is op 20 Augustus op hul plaas in die Immerpan-distrik vermoor.
“Die reaksie van die ander politieke partye het my tot in my diepste wese geskok. Die EFF-raadslede het my uitgejou en van die ander raadslede het selfs gelag. Daar is so ʼn groot bohaai opgeskop omdat ek vir ʼn oomblik van stilte vir slagoffers van ʼn grusame moord gevra het, dat ek die menslikheid van sommige van die raadslede betwyfel,” het Maritz gesê.
“Geen ander party het my versoek ondersteun nie.
“Die VF Plus veroordeel grusame aanvalle op ons land se boere en hul werkers ten sterkste.
“Ons veroordeel ook ander politieke partye se argelose houding jeens hierdie geweldige probleem wat elke landsburger hetsy direk of indirek raak.
“Ons is veronderstel om ʼn voorbeeld stel, daarom is die optrede deur die Mogalkwena-raadslede skokkend en uiters kommerwekkend, het Maritz gesê.
Gewapende wagte wat die plaas en huis nag en dag patrolleer het Sondagoggend vir Jurgens van Zyl laat weet dat hulle onraad vermoed waarna hy later op sy ouers, Piet en Tilla van Zyl, se lyke afgekom het.
“Die egpaar is Sondagoggend vroeg in hul slaapkamer in die huis op hul plaas in die Immerpan-gebied tussen Roedtan, Zebediela en Mokopane, deur vermoedelik vyf mans oorrompel wat toegang tot die huis verkry het deur eers die agterdeur en daarna hul slaapkamerdeur af te breek. Piet is vyf keer met ‘n 9 mm Parabellum pistool geskiet en Tilla een keer,” sê ‘n familiebron.
Die Heritage Protection Group (HPG), ‘n misdaadbestrydingsorganisasie, het die moordenaars se spore tot by die Zebediela-teerpad gevolg waar dit doodgeloop het en hulle waarskynlik opgelaai is.
Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê dat niemand nog in hegtenis geneem is nie, maar het bevestig dat die polisie in Zebediela besig is met ‘n omvangryke soektog na ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes en dat twee moordsake en ‘n saak van huisroof tans ondersoek word.
“Die egpaar is in hul slaap in hul kamer op die Kalkpoort Wildsplaas oorval en albei is met wapens aangehou. Die huis is geplunder en hulle is in die proses doodgeskiet en waarna die moordenaars op die vlug geslaan het. Hul liggame is die oggend om 09:00 deur familie gevind.”
Dit is volgens die polisie nog onduidelik wat alles gesteel is omdat die huis steeds vir leidrade en vermiste goedere gefynkam word.
Piet het benewens die saai-, bees- en wildboerdery ook besighede besit, maar was passievol oor sy renosters. Hy het in die verlede swaar onder renosterstropers deurgeloop en al die renosters onthoring in ‘n poging om hulle te red, maar het in ‘n stadium gesê: “Die stropers is so arrogant dat hul steeds die renosters om die lewe bring. Ek gee moed op, dit kan nie so aangaan nie.” Daarna het hy die renosters suksesvol na ‘n ander heenkome verskuif.
“Die tragiese nuus is hartverskeurend vir my, vriende en familie, maar ook vir die gemeenskap omdat Tilla en Piet so ‘n groot impak gemaak het en soveel mense gehelp het. So onlangs soos Vrouedag was ek saam met hulle by ‘n fondinsamelingsfunksie by Mokopane Dienssentrum vir Bejaardes as deel van die Kierieklapperfees,” sê Urma Prinsloo van Mokopane wat 37 jaar ‘n vriendin van Tilla was. Prinsloo sê Tilla se hart was oop vir alles en almal en het altyd tyd vir mense, veral die wat swaarkry, gemaak. “Sy was vol liefde, die sout en goud van die aarde. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy was by verskeie diensorganisasies op die dorp betrokke waar sy ‘n groot rol met funksies en geldinsamelingsgeleenthede gespeel het. Kansa het haar ook na aan die hart gelê.”
Pieter van Niekerk, ‘n familievriend van 40 jaar sê: “Piet was nie die maklikste mens nie, maar reguit en iemand waarop jy altyd kon staatmaak.”
Hulle het ook twee dogters, waarvan een in Amerika woon, en vyf kleinkinders. Tilla se ma leef nog en albei het ‘n broer.
Die Van Zyls was baie veiligheidsbewus en altyd paraat volgens kennisse.
Ngoepe het ‘n dringende beroep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting wat tot die inhegtenisname van die moordenaars kan lei, na vore te kom. Skakel lt kol Sekanka by 082 565 8505, die naaste polisiestasie of die misdaadnoodlyn by 086 001 0111.
Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur ná die moord op ʼn bejaarde egpaar op hul plaas vroeg Sondagoggend.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel.
“Die verdagtes het hulle aangehou met pistole en die huis geplunder,” sê Ngoepe.
Hy sê die verdagtes het kort voordat hulle gevlug het die Van Zyl-egpaar doodgeskiet.
ʼn Familielid het hul liggame glo omstreeks 09:00 in die huis aangetref en die polisie ontbied.
“In dié stadium is dit nog nie duidelik wat in die voorval gebuit is nie, maar die polisie-ondersoek duur voort en meer inligting sal weldra bekend gemaak word.”
Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ngoepe het gesê enigeen met meer inligting word gevra om die polisie by te staan deur lt.kol. Sekanka te bel by 082 565 8505. Enigeen met meer inligting kan ook die misdaadnoodlyn bel by 086 001 0111.
Die veiligheidsituasie op Suid-Afrikaanse plase raak by die dag meer benard, met plaasmoorde en -aanvalle wat vanjaar drasties toegeneem het. Plaasaanvalle wat tot op hede vanjaar drasties meer is as in 2016.
Volgens mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, het 282 plaasaanvalle van Januarie 2017 tot 22 Augustus voorgekom; 56 mense is dood in dié aanvalle. ‘n Skokkende 28 aanvalle en sewe moorde het tot dusver in Augustus voorgekom.
In vergelyking hiermee het 244 plaasaanvalle in dieselfde periode in 2016 voorgekom, waarin 49 mense dood is.
In die afgelope week alleen het daar ‘n totaal van agt aanvalle in slegs vier dae plaasgevind, wat gelei het tot vermanings uit talle oorde vir boere om hulself te beskerm en veiligheidsmaatreëls op plase op te skerp. Ses van die aanvalle het op plase voorgekom, terwyl twee op hoewes in landelike gebiede plaasgevind het.
Regte benadering
Mnr. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, waarsku dat ‘n houdingsverandering uiters belangrik is vir boere se voortbestaan.
“Dit is nie ‘of dit met my gaan gebeur nie’, dit is ‘wanneer dit met my gaan gebeur’. Dit is ongelukkig die benadering wat ons moet hê,” sê Cameron.
In die nuutste aanval is mnr. Anton Muller gister (22 Augustus) tussen 01:30 en 02:00 op ‘n hoewe tussen Springs en Delmas aangeval.
“Vier aanvallers, waarvan drie gewapen was, het Muller vasgebind en gemartel. Hy is met ‘n strykyster gebrand. Die aanvallers het hom later deur sy huis gevat, verder gemartel en geld geëis,” sê Cameron.
Die aanvallers het ‘n Playstation en ‘n boor gesteel. Cameron sê pro-aktiewe optrede, beter kommunikasiestelsels en voldoende veiligheidsmaatreëls kan boere help beskerm teen die vlaag van geweld.
Landelike veiligheid
Volgens mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligingskomitee, sê die organisasie is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle en misdaad wat in landelike gebiede plaasvind. Hy raai boere aan om by die implementering van die landelike veiligheidstrategie betrokke te raak.
Dié strategie, wat in 2012 ingestel is, maak voorsiening vir plaaswagte wat in samewerking met die polisie misdaad kan bekamp en voorkom. “Die gemeenskap kan aansluit by plaaswagstelsels wat binne die raamwerk van die wet optree om misdaad te voorkom,” sê hy.
Cameron sê misdaad en aanvalle gaan in toeneem as gevolg van werkloosheid. “Ons moet waaksaam wees,” sê hy. Hy waarsku ook teen gemaksones. “Waar iemand op sy gemak is, is hy op sy kwesbaarste en daar kan hy die seerste kry,” sê hy.
Port Elizabeth – Three men have been arrested after a 62-year-old man was gunned down in his home in Jeffreys Bay during a robbery in the early hours of Saturday morning.
Police spokesperson, Captain Gerda Swart, said the man, who resided in Silver Tree Road, had apparently heard a noise downstairs at around 2.20 AM this morning, and had gone to investigate.
She said it is believed that the man, whose name has not yet been released, had become engaged in a scuffle with intruders who were breaking into his house. At least one of them is believed to have been carrying a firearm.
Swart said during the scuffle, shots had been fired and the homeowner had been fatally wounded.
Swart said the intruders had then fled the scene on foot. She said the Jeffreys Bay police had been immediately alerted to the incident.
"Alert community members reported suspicious persons in their yards, which was immediately followed up on and led to the arrest of one male suspect."
"Further investigations led the police to the homes of two other suspects in Ocean View. All three suspects were detained on charges ranging from murder to housebreaking and theft," she said.
Humansdorp Cluster Commander, Brigadier John Lebok expressed his condolences to the family for their loss and thanked the community for working with the police to bring the alleged perpetrators to book.
Lebok also commended the team of police officials for the speedily arrests.
Swart said the three suspects were due to appear in the Humansdorp Magistrate's Court on Monday, August 14, 2017.
#Moord: RIP Johan Marais . Wat n skok. Wanneer gaan die sinlose geweld ophou. Wanneer gaan die skelm gemors gestop word. Hier waar ek woon in Iowa los ons ons sleutels in ons motors. On los ons huise oop. As ek gaan kos koop los ons ons motors oop. Waar is ons land oppad heen. Jeffreysbaai was altyd n mooi en skoon dorp. Wat het geword van gereg. Eat het geword van wetsgehoorsaamheid. Dit is genoeg. Dit moet hier stop. Dink aan julle Marais gesin. Hartseer dag. Johan was altyd so vriendelik en het altyd gevra hoe gaan dit.
Bron: Jacques Du Plessis
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1554053817948001&id=100000301928969
Opvolg - ’n Buurtwaglid is Vrydagaand in Kraaifontein doodgesteek toe hy na ’n toneel vier strate van sy huis ontbied is.
Alec du Toit (30) is twee keer in sy longe en een keer in sy hart gesteek, het sy hartseer pa, Alexander, Sondag gesê.
Die voorval was Vrydag tussen 20:00 en 20:30 in Tennantsraat.
Alec het op ’n boodskap op die buurtwag se WhatsApp-groep gereageer oor twee verdagte mans wat in die buurt opgemerk is.
Hy was vir sowat ’n jaar lank ’n buurtwaglid.
“Hy was tuis toe hy ’n WhatsApp-boodskap ontvang oor verdagte mans wat vier strate van ons huis gesien is. Soos hy maar altyd is, het hy gery om ondersoek te gaan instel.”
Du Toit sê hy vermoed daar was ’n konfrontasie toe sy seun aangeval is. Alec se selfoon word vermis.
Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is een verdagte kort ná die voorval in hegtenis geneem en ’n tweede Saterdagoggend. Albei mans is in hul twintigs en sal binnekort in die hof verskyn.
Du Toit se vrou het eers Saterdagmiddag van haar seun se heengaan verneem omdat sy Donderdagaand ’n vier en ’n half uur lange operasie ondergaan het.
Hy het die dood op sy seun as onnodig en sinneloos beskryf.
“Hy het gewerk vir die gemeenskap.
“Hy het in belang van die hele gemeenskap opgetree – dit is al wat hy gedoen het. Hy wou net inwoners beskerm.”
Alec, wat as ’n verkoopsman vir ’n motorhandelaar gewerk het, was alom bekend as ’n vriendelike en saggeaarde mens wat almal net wou help. “Hy moes agt hande gehad het, hy moes ’n seekat gewees het.”
’n Nagwaak is Saterdagaand vir hom gehou. Een van sy klante het van Piketberg gery om dit by te woon.
Aanval op Herman en Meisie Botha op die Groblersdal / Loskopdampad laat vanoggend. Herman ernstig beseer en per helikopter afgevoer, Meisie so ver okey? Sowat 6 gewapende barbare betrokke met ‘n geel BMW. Ondersoek en opvolg aan die gang. Geen verdere info tans. Voormalige bevelvoerder van Groblersdal Kommando. Intussen oorlede.
Around 8:30 am on 6/8/17 there was a farm attack on the Barret farm near Kgapane. Six suspects heavily armed attacked an farm owner and the farm manager. Several shots were fired from the suspects side. The victims were tied up and beaten. Several valuables, cash, a vehicle and firearms were taken. The suspects fled in the stolen sliver Toyota corolla *BWG040L*. Please if the vehicle are seen do not approach. Suspects are heavily armed. No serious injuries were sustained. A big thank you to Tzn Saps, Canine security, Letaba Security and Northern security for the backup. Contact me 0798984539 if you have any information that might help us and Saps *