Saturday, May 13, 2017

Agenda 21 -- die strop trek al nouer om die blanke se nek


Burgerbeskermings deskundige, Simon Roche, sê: “Politieke en rassespanning in post-apartheid Suid-Afrika het so erg geraak dat die minderheid blanke bevolking nou die risiko loop om op 'n massaskaal vermoor te word.”

Dr. Greg Stanton, stigter van die menseregte groep Genocide Watch, wat die Rwanda volksmoord in 1994 akkuraat voorspel het, noem dit: ‘Staatbefonsde volksmoord’. Suid-Afrika is nie lid van die VN nie, maar het volgens die Amerikaners nogtans die model geword vir die United Nations Agenda 21 Sustainable Development program.

Wat behels dit?
* Dit beteken dat die regering van die betrokke land beheer moet oorneem oor alle grondgebied en geen besluite te laat in die hande van privaat eienaars nie.
* Indiwiduele regte moet plek maak vir die behoeftes van gemeenskappe soos bepaal deur die regering.
* Lewenstandaarde moet daal en geld en besittings van dié wat het, moet verdeel word onder dié wat nie het nie.
* En dan moet mense uit die landelike gebiede weggeneem word en na kommunes (die meenthuise was ‘n breinkind van Agenda 21) en digbevolkte gebiede wat naby werksgeleenthede en vervoer is, verskuif word.
* Agenda 21 is die instel van 'n sisteem van leefwyse wat ontwerp is om die mens se motivering en hoop vir die toekoms te vernietig en dit is besig om Suid-Afrika op te vreet.
* Die rol van die media is om die mense dom en oningelig te hou en hulle só te breinspoel dat hulle alles glo en niks bevraagteken nie.
* Werksbevordering en skooltoelating word gebaseer op breinlose raskwota-sisteme, en beleide wat bevolkingsvermindering ondersteun.

Agenda 21 is 'n lewensplan -- dit beperk jou keuses, dit beperk jou fondse, perk jou vryheid in en neem jou stem en jou seggenskap, weg. Dit laat onbeheerde immigrasie toe (kyk wat het in Europa gebeur) wat lewenstandaarde afbring en bronne dreineer sodat die bevolking vir alles afhanklik raak van die regering. Meer as 180 lande het daarvoor geteken, Suid-Afrika is nie deel daarvan nie.

Hierdie ding kom al sedert die 70’ger jare, maar het eers in 1992 koers gekry tydens die Earth Summit in Rio de Janeiro to president Bush dit onderteken het. Dit het ongemerk onder ons neuse aangegaan en is nou reeds in die eindstadium waar alle wapens weggevat gaan word.

Daar is niks so gevaarlik vir 'n totalitêre regime, soos wat ons hier het nie, nl. 'n gewapende bevolking wat hulleself kan verdedig. In SA is die VN se ideaal van totale ontwapening van die burgerlike bevolking, om die massa kwesbaar te maak vir die regerende party, amper voltooi.

In die stewig beheerde Agenda 21 gemeenskappe (soos Suid-Afrika), sien ons dat die regering die enigste voorsiener van geweld is, selfs in selfverdediging. Geen ander geweld, met die uitsondering van selfverdediging, word toegelaat nie.
Coligny is net 'n proesel van wat kom. Solank die ‘agtergeblewenes’ die geweld op blankes loslaat, sal nie die polisie, die weermag of sekuriteitsfirmas enigiets doen nie. Dit is deel van die groot gelykmaakproses -- dit wat Agenda 21 is.

Bron: Vaandel Uitgewers
12 Mei 2017