Showing posts with label Plaasmoord. Show all posts
Showing posts with label Plaasmoord. Show all posts

Sunday, June 24, 2018

PLAASMOORD- Schalonstraat kleinhoewes, Rustenburg

23/6/2018
19h30 -20h00

*NOORDWES*
*Rustenburg*
Schalonstraat kleinhoewes

*🛑PLAASMOORD*

'n 40 jarige man en sy gesin is vroegaand deur 5x aanvallers verras.  Ten minste een gewapen was met vuurwapen
Een verdagte het 'n springbok mussie gedra en een het krulhare gehad. Die man is  met sy dogtertjies se pienk haarlinte vasgebind en doodgeskiet, nadat hy en die res van sy gesin aangerand is. 
Die aanvallers het met selfone en ander goedere in die gesin se motor gevlug.
Sy vrou kon loskom en na die bure hardloop om hulp. Sy en kinders is lig beseer maar geweldig getraumatiseer deur hierdie brutale moord op hul pappa en eggenoot,  en die aanval.

*🛑FARM MURDER*

A 40 year old man and his family were surprised early evening by 5x attackers. At least one was armed with a fire arm. One wore a springbok beanie, and one had curly hair.
They tied up the father of the home with his daughters pink hair ribbons. And assaulted him and the rest of his  family. After which he was shot and killed.  The attackers loaded a lot of stuff in the families car and fled the scene. The Wife freed herself and ran to the neighbours for help.
She and the children sustained moderate injuries and is severely traumatised by the brutal murder of the father and husband, and the attack.

*👀kykuit/lookout👀*
*Wit/White*
*FORTUNER*
*Reg JTT179NW*

Bron: *#OorGrensVeiligheid*
In samewerking met RSA Nood
https://www.facebook.com/groups/veiligheidsisteem/
____________________
Plaasaanval gestraand Rustenburg. Persoon is P4. Sal later meer inligting gee.

*BOLO*

JTT179NW WIT FORTUNER,

5 verdagtes, BETROKKE IN PLAASAANVAL
Kyk asb uit vir voertuig wat geroof is te Rustenburg.

Kallie Schoonraad en sy gesin is gisteraand tussen 19H30 en 20H00 aangeval in hulle huis op Shylock buite Rustenburg deur vyf persone. Kallie is noodlottig gewond en van die gesinslede aangerand. Hulle het gevlug met heelwat goed in Kallie hulle se Fortuner.

Bron: WIT PLAASMRDE, NOOD WhatsApp-groep





Saturday, June 23, 2018

Plaasmoord: Bekende Bolandse aarbeiboer vermoor

Deur Jana Breytenbach
23 Junie 2018 19:00

Jeffrey Zetler Foto: Mark Wessels

Jeffrey Zetler (62), een van die bekende aarbeiboere van die Boland, is Saterdag op sy plaas, Mooiberge, vermoor.

Zetler was glo by sy kantore in die Brakelsdal-gebied naby Stellenbosch toe hy aangeval is.

Zetler hou sy geld by dié kantore wat steeds deel is van Zetler se eiendom. Hy is na verneem word gesteek en het aan sy wonde beswyk.

Na verneem word is dit ook Saterdag Zetler se vrou, Beverley, se verjaarsdag. Hulle het twee dogters wat nie op die plaas woon nie.
’n Ingeligte sê Zetler het glo van die werkers betaal, en die moontlikheid bestaan dat mense wat aan hom bekend was by die moord betrokke kon wees.

Hy is al vier keer tevore in sy kantoor beroof en het elke keer oorleef.

Zetler het in 2007 die vierde rooftog op sy plaas oorleef. Destyds is berig dat die gewapende rowers hom oor ’n naweek in sy inloopkluis vasgebind en sy motor gekaap het om weg te kom. Twee rowers is nie lank daarna nie aangekeer.

In die voorval in 2007 het tydelike werkers hom ingewag en in die kluis voorgekeer. Van hul makkers het buite wag gehou.
Destyds het hy vertel dat hy met die Here se hulp kalm gebly het.

Die rowers het hom op die grond laat lê. Die plaasbestuurder wat op die toneel aangekom het, is ook oorval.

Die rowers het met sy bakkie, kontant en ’n geweer gevlug. Die geweer is later buite die gebou gevind.

Bron: Netwerk24
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bekende-bolandse-arbeiboer-vermoor-20180623

Saturday, April 8, 2017

Farm Murder: Mr. Van Es (55) stabbed to death

Lookout for a stolen Silver Chevrolet utility with a white canopy, Reg# FYD 843 MP. Suspects are armed (MP, Barberton)

Sat-08-Apr-17 (01h15) Pieter Jan van Es (55) stabbed to death after 5 suspects gained access to the residence. The other resident were not hurt during the incident. Suspects fled with household items, including a TV, and the victims vehicle (MP, Ehlanzeni District, Umjindi Municipality, Barberton, Farm Moseley) [OGI] {#plaasaanval #farmattack #farmmurder #plaasmoord}

PLAASMOORD, 08/04/2017, 01:15, PLAAS MOSELEY R40, BABERTON, MP, IDENTITEIT WEERHOU, 'n Huis roof was gerapporteer vanoggend teen ongeveer 01:15 op die plaas Moseley op die R40 pad. Vyf onbekende mans,  waarvan 3 gewapen met vuurwapens, het die plaas betree, en ingebreek by die opstal. 3 Persone was in die huis aanwesig, tydens die aanval. n Stoeiery het ontstaan en een van die inwoners is in die aanval met n skerp voorwerp gesteek. Hy het beswyk aan sy beserings. Die verdagtes het ekektriese toebehore (TV) geroof. Die TV is in 'n gesteelde bakkie, 'n Silwer Chevrolet Utility, met 'n wit kappie(Canopy), gelaai.

BOLO UITKYK!!!! FYD 843 MP, Silwer Chevrolet Utility (geen opsporingstoerusting). Alle rolspelers is reeds verwittig.

[OORGRENSE VEILIGHEID]
Verspreibaar mits onveranderd gelaat

SA Rural Security
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1449582985086235&id=1032912406753297

----------

Man doodgesteek in plaasaanval
8 April 2017
Landi Malan


Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Man is vroegoggend doodgesteek tydens ʼn plaasaanval in Mpumalanga.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 01:15 op die plaas Moseley in Barberton in Mpumalanga plaasgevind.
“Na bewering het vyf mans, van wie drie gewapen, op die plaas ingebreek. Daar was twee mans en een vrou in die huis,” het Hlathi verduidelik.
“Daar het ʼn struweling tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan en Pieter Jan van Es (55) is met ʼn onbekende skerp voorwerp gesteek en is op die toneel dood,” het Hlathi gesê.
Volgens Hlathi is die ander twee persone ongedeerd. Hy het bygevoeg dat die slagoffers uiters geskok is en nog nie in staat was om volledige verklarings af te lê nie.
“Die verdagtes het elektroniese toerusting gesteel en dit in die slagoffer se Chevrolet-afleweringsvoertuig gelaai en op die vlug geslaan.”
Die voertuig se registrasie nommer is FVD 843 MP.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof en moord is aanhangig gemaak.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-doodgesteek-is-plaasaanval/

Sunday, February 19, 2017

Man steeds vermis ná KZN-plaasaanval

19 Februarie 2017
Maroela-redaksie


Roger Solik (63) word steeds vermis nadat hy en sy vrou Vrydag op hul plaas in die Nottingham Road-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is. Christine (56) se liggaam is later die dag gevind.

“Die Nottingham Road-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Bure het Vrydag na die huis gegaan om ondersoek in te stel toe die egpaar nie enigsins gesien is of hul selfone geantwoord het nie.”

Volgens Zwane het die bure, met hul aankoms, gesien daar is by die huis ingebreek en die polisie is ontbied. “Polisiebeamptes het bloedvlekke in die huis opgemerk. Die egpaar is aangerand en ontvoer.”

Die Impendle-polisie het later die liggaam van ʼn vrou gevind. Haar hande was vasgebind. Maroela Media verneem Christine se liggaam is in die Inzinga-rivier gevind.”

Die egpaar se motor is by Taylors Halt gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor waar Roger homself bevind, om dadelik met hulle in verbinding te tree. Hy ly na bewering aan Alzheimer se siekte.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-steeds-vermis-na-kzn-plaasaanval/

Tuesday, August 16, 2016

Roelof Botes (68) sterf na sy maag oopgesny is

Man sterf na sy maag tydens roof oopgesny is
Huldeblyke stroom in op sosiale media nadat ’n man van Vanderbijlpark, wat tydens ’n rooftog met ’n skerp voorwerp gesteek is, dood aangetref is.
Drie vermeende rowers het Roelof Botes (68) Vrydag omstreeks 20:00 in die agterplaas van sy huis in Bonanne oorval en sy maag oopgesny.
Sy vrou (50) en hul kleinkind was in die huis. Sy het nie gesien wat buite gebeur het nie.
Volgens sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die huis binnegegaan. Hulle het die vrou en haar kleinkind vasgebind en aangerand en die aandete wat reeds voorberei was, opgeëet.
Makhale sê Botes het verskeie steekwonde gehad.
“ ’n Skerp voorwerp is gebruik om hom te steek. Hy is in sy maag, bors en skouer gewond,” sê Makhale.
Die verdagtes het met die gesin se motor en huishoudelike items van die toneel gevlug.
Die polisie wou nie onmiddellik die slagoffers se name bekend maak nie. ’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-sterf-na-sy-maag-tydens-rooftog-oopsny-is-20160816