Moord op Poena Botes (68) opvolg:
Inwoner van Vanderbijlpark doodgesteek
VANDERBIJLPARK. – Volgens die polisie is huisrooftogte aan die toeneem en wat egter kommerwekkend is, is dat sommige van die rowe noodlottig eindig soos wat Vrydagaand in Bonanné gebeur het.
Jannie du Plessis | 17 Augustus 2016
Volgens inligting het Poena Botes (68), werknemer by ’n elektriese kontrakteur in Sasolburg, Vrydagmiddag 12 Augustus ongeveer 21:00 by sy huis aangekom in Krystalstraat 33, Bonanné. Terwyl hy in die huis ingestap het, het hy ‘n selfoonoproep ontvang waarna hy na buite gestap het met die sleutels van sy ander voertuig, ‘n Mercedes. Hy is buite by die motor deur die rowers oorval toe hy vermoedelik iets uit die voertuig gaan haal het wat verband gehou het met die oproep en hy die rowers daar betrap het. Die radio was uit die voertuig gesteel.
‘n Struweling het onstaan waarna Poena verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Poena het volgens inligting meswonde in die bors en nek gehad en sy keel was gesny. Hy is langs die huis by die Mercedes gevind met die sleutels van die motor nog in sy hande.
Poena se vrou, Sarah (47) was volgens inligting ook vasgebind en aangerand in die huis. Die rowers het Sarah se vyfjarige kleinkind na sy kamer gestuur. Na die voorval het Sarah haar kleinkind gestuur na die kombuis om ‘n mes te gaan haal om die toue los te sny. Sarah was baie geskok om haar man te verloor en dit nadat sy net die week tevore haar ma aan die dood afgestaan het.
Die booswigte is weg met Poena se ander voertuig, ‘n wit SsanYong Musso wat sowat drie ure later in Boipatong opgespoor is. Ander items soos sy selfoon en artikels in die voertuig was ook gesteel. Volgens Bernadette Erasmus, vriendin van die gesin, het die rowers die koskaste en vrieskas gestroop. Klein artikels soos potte en panne in die huis is ook geroof. Bryanette Landman Havenga, jarelange vriend van die Botes-gesin het op facebook geskryf: “Jou bloed skreeu,” wat duidelik is dat die moorde in ons dorp nou egter hand uitruk.
Bryanette vertel die Botes-familie was gereeld geteister met inbrake. Op 9 Augustus, ‘n paar dae voor diè voorval was daar ‘n inbraak waartydens die SsanYong Musso se battery gesteel is. Volgens Bryanette was die inbrekers so arrogant dat hul die mense se aandete ook opgeëet het. Die vrieskaste was ook leeggemaak.
Teen druktyd was daar nog nie finale begrafnisreëlings getref nie behalwe dat daar ‘n waak Vrydag by die huis sal wees. Die begrafnis sal waarskynlik Saterdag plaasvind.
http://vaalweekblad.com/11037/inwoner-van-vanderbijlpark-doodgesteek/
Poena Botes (68), wat Vrydagaand tydens ‘n huisroof met ‘n mes doodgesteek is.
Showing posts with label Bonanne. Show all posts
Showing posts with label Bonanne. Show all posts
Wednesday, August 17, 2016
Tuesday, August 16, 2016
Roelof Botes (68) sterf na sy maag oopgesny is
Man sterf na sy maag tydens roof oopgesny is
Deur Reneilwe Dhludhlu16 Augustus 2016 13:29
Huldeblyke stroom in op sosiale media nadat ’n man van Vanderbijlpark, wat tydens ’n rooftog met ’n skerp voorwerp gesteek is, dood aangetref is.
Drie vermeende rowers het Roelof Botes (68) Vrydag omstreeks 20:00 in die agterplaas van sy huis in Bonanne oorval en sy maag oopgesny.
Sy vrou (50) en hul kleinkind was in die huis. Sy het nie gesien wat buite gebeur het nie.
Volgens sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die huis binnegegaan. Hulle het die vrou en haar kleinkind vasgebind en aangerand en die aandete wat reeds voorberei was, opgeëet.
Makhale sê Botes het verskeie steekwonde gehad.
“ ’n Skerp voorwerp is gebruik om hom te steek. Hy is in sy maag, bors en skouer gewond,” sê Makhale.
Die verdagtes het met die gesin se motor en huishoudelike items van die toneel gevlug.
Die polisie wou nie onmiddellik die slagoffers se name bekend maak nie. ’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-sterf-na-sy-maag-tydens-rooftog-oopsny-is-20160816
Labels:
Bonanne,
Plaasaanval,
Plaasmoord
Location:
Bonanne, Vanderbijlpark, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)


