Showing posts with label verkrag. Show all posts
Showing posts with label verkrag. Show all posts

Saturday, September 24, 2016

Attack & rape Elandsdrift

ARMED HOUSE ROBBERIES, RAPE AND SHOOTING - ELANDSDRIFT 
23 September 2016


At about 03:30 this morning the control center received a panic alarm from a property in Elandsdrift. Tactical Units responded and on arrival they found that three armed suspects had gained entry into a flat on the premises.  

They entered the flat through the bathroom window and overpowered the sleeping resident and her children. As if this was not enough they then raped the mother and molested her 13-year old daughter.  

When they finished ransacking the flat they took the children to the flat next door and told them to knock and ask for assistance. As soon as the other residents opened, the suspects gained entry and fired two random shots inside the flat. Thankfully nobody was shot.  

Our control center dispatched our partners ER24 who took the woman and child to hospital. The SAPS Provincial Task Team as well as Muldersdrift SAPS immediately got involved. 

The Iron Fist Squad visited the scene to obtain more information and information is shared between all the different SAPS units as well as our squads.  

They are ruthless and now not only shoot but also have started raping women and molesting children. Please be on RED alert. We give you the assurance that we are HUNTING and we will HUNT until we find them.

Source: Drift Reaction CC
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1242539509121712&substory_index=0&id=520197094689294

Rowers verkrag jong vrou, betas sussie | Maroela Media
24 September 2016   Nico Strydom

ʼn Jong vrou is verkrag en haar suster onsedelik aangerand, tydens ʼn aanval op ʼn hoewe in Elandsdrift, naby Muldersdrift aan die Wes-Rand.

Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder van Krugersdorp, het gesê drie gewapende mans het Vrydag in die vroeë oggendure toegang deur ʼn badkamersvenster tot ʼn lodge gekry.

Die rowers het ʼn seun op die onderste verdieping aangetref en hom met skoenveters vasgebind. “Hulle is toe na die boonste vloer, waar ʼn ma en haar twee dogters, wat onderskeidelik 21 en 12 jaar oud is, geslaap het.”

Volgens Maswanganye het hulle die 21-jarige dogter verkrag. “Hulle het die 12-jarige se klere uitgetrek, maar sy het so erg geskree, dat hulle haar gelos het.” Die mans het met ʼn skootrekenaar, drie selfone en kontant gevlug en is steeds soek.

Volgens die private veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, is hul beamptes omstreeks 03:30 na die hoewe ontbied. 

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/rowers-verkrag-jong-vrou-betas-sussie/

Monday, August 15, 2016

28-jarige student ‘gekaap en vermoor’

28-jarige student ‘gekaap en vermoor’
Deur Odette Kemp
14 Augustus 2016 21:01
Die lyk van ’n 28-jarige student is Sondagmiddag by Brighton-strand in Port Elizabeth gevind, ongeveer 15 uur nadat hy en sy vriendin gekaap en sy glo verkrag is. Die student se lyk is gevind ná ’n gesamentlike soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Foto: Werner Hills
Die lyk van ’n 28-jarige student is Sondagmiddag by Brighton-strand in Port Elizabeth gevind, ongeveer 15 uur nadat hy en sy vriendin gekaap en sy glo verkrag is. Die student se lyk is gevind ná ’n gesamentlike soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Foto: Werner Hills
Hy is na bewering deur ses mans gekaap en voor sy vriendin vermoor, waarna sy lyk 15 uur later in die see by ­Brighton-strand naby Blouwaterbaai gevind is.

Dié 28-jarige student aan die Nelson Mandela-Universiteit (NMU), wie se naam nog nie bekend is nie, is Saterdag omstreeks 21:30 saam met sy vriendin in Noordeinde gekaap.

Volgens ’n anonieme bron het die mans die twee in die kattebak van sy motor geprop en hulle na ’n kitsbank geneem waar sake glo skeef geloop het.

Hulle is daarna na die strand geneem, waar die verdagtes die student glo koelbloedig vermoor en sy vriendin na bewering om die beurt verkrag het.

“Die twee NMU-studente het in ’n motor gesit toe ses mans hulle genader en met ’n vuurwapen gedreig het,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Hulle is in die kattebak gedwing, waarna twee verdagtes met die motor weggery het.”

Naidu het bevestig dat die verdagtes hulle na ’n strand geneem het, waar die vrou na bewering verkrag is. Haar vriend is ’n paar meter van die motor doodgeskiet.

“Die verdagtes het later die vrou in Sentraal afgelaai en die voorval is [Sondag] in die vroeë oggendure by die polisie aangemeld,” het Naidu gesê.

Ná ’n soektog deur verskeie polisie-eenhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is die student se lyk in die see naby Brighton-strand gevind.

Die slagoffer se motor, ’n goue Polo Vivo met die registrasienommer HSC 308 EC, is nog soek. Volgens Naidu het die Baaise polisie onmiddellik ’n taakspan saamgestel om die verdagtes vas te trek.

“Die polisie versoek dat enigeen wat met die ondersoek kan help kapt. Klippie Killian (083 391 2377) of konst. Nkaza (082 442 1384) bel of 08600 10111 skakel. Alle inligting word as vertroulik behandel.”

Zandile Mbabela, NMU-woordvoerder, het Sondagaand in ’n verklaring gesê die universiteit is uiters geskok deur die voorval en sal hul bes doen om aan die meisie ondersteuning te verleen.

Bron: Netwerk 24
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/28-jarige-student-gekaap-en-vermoor-20160814