Showing posts with label bejaarde. Show all posts
Showing posts with label bejaarde. Show all posts

Wednesday, September 28, 2016

Tannie Karin Horn (76) aangeval 29Aug te Eendract

@afriforum @steve_hofmeyr Ons het idees/hulp nodig met tannie Karin Horn se hosp rekening asb. Aangeval 29Aug Eendract. Geen medies https://t.co/IclklhPOvU
27 September 2016



@afriforum @steve_hofmeyr Reeds R170,000 betaal, sy het verswak, laaste 2 weke in ICU. Rekening nou reeds R280,000

@KurtOfficial Ons beplan n golfdag vir tannie Karin Horn(76) aangeval se trustfonds. Kan jy asb email besonderhede gee vir n uitnodiging?

Tweets deur Reinette Reyneke:

▶https://twitter.com/ReinetteReyneke/status/780732590378586112

▶https://twitter.com/ReinetteReyneke/status/780728751235760130
----------
Rowers Rand Bejaarde Aan
TOPICS: 76-jarigevrou Aangerand Op Eendracht
Evander Hospitaal Karin Horn
Rowers Rand Bejaarde Aan Tokkie Reinecke
05/09/2016
’n 76-jarige vrou is pimpel en pers geslaan toe vier mans haar in haar huis op Eendracht aangeval het.
Karin Horn het Maandagaand (29 Augustus) haar werker wat in ’n buitekamer op die erf woon, by die deur gewaar.
Sy het deur toe gestap en gesien daar is ’n onbekende man saam met hom.
Dié man het die werker gedwing om die agterdeur oop te maak waarna nog drie onbekende mans te voorskyn gekom het.
Hulle het die bejaarde na haar slaapkamer gesleep.
Hier het hulle geld geëis en wou weet waar is die kluis.
Die booswigte het haar met ’n voorwerp oor die kop geslaan en haar gewurg.
Hulle het haar werker se selfoon en skootrekenaar gesteel, asook haar selfoon en bankkaarte vóór hulle hul slagoffers in Karin se Nissan-bakkie ingedwing en met hulle weggery het.
Karin het vermoedelik haar bewussyn verloor terwyl hulle met haar rondgery het.
Hulle het toe langs die pad gestop, haar uit die bakkie gesmyt en vir dood agtergelaat.
Sy het dié skriknag in die donker begin stap en moes met tye kruip om by beskawing uit te kom.
Volgens haar vriendin, Tokkie Reinecke, het talle motoriste verbygery sonder om Karin te help.
Lede van die Leandra-polisiestasie het haar langs die pad gewaar en stilgehou.
Hulle het haar na die die kliniek in Lebohang geneem vanwaar sy na Evander Hospitaal gestuur is.
Die werker is ook aangerand en is op ’n ander plek afgelaai.
Die polisie het die gesteelde bakkie die volgende dag (Dinsdag, 30 Augustus) naby Lebohang gekry.
Die voertuig was uitgebrand.
* In ’n ander vooval naby Bethal, is Danie Beukes en sy vrou Maandagoggend (29 Augustus) op hul plaas aangeval.
Hy het sy vrou hoor skreeu en in vier mans met messe vasgeloop toe hy ondersoek ingestel het.
Die mans het gevra waar die eienaar van die plaas was en het die huissleutel geëis.
Hulle het die egpaar die huis ingedwing, hulle vasgebind en die huis deursoek.
Hulle het wapens en kontant gesteel en met die boer se bakkie gevlug.
Die Beukes-egpaar het ná ure geslaag om te los te breek en het die polisie ontbied. Bethal-polisiestasie se woordvoerder, konst.

Thomas Mogadime, het boere gemaan om alarms by hul huise aan te bring en vir hul huiswerkers paniek-knoppies te gee wat hulle kan gebruik in noodgevalle. – Jana Oosthuizen.

Karin Horn is erg aangerand.


Karin Horn (76) se bakkie is naby Lebohang gevind.

http://thebulletin.co.za/rowers-rand-bejaarde-aan/

Thursday, September 15, 2016

Aanvallers slaan bejaarde so hard dat hy bloed opgooi

Inbrekers slaan bejaarde so hard dat hy bloed opgooi
Die voorval het plaasgevind toe drie inbrekers toegeslaan het op ’n bejaarde egpaar se huis.
15 September 2016

Inbrekers het Dinsdagoggend ’n bejaarde man so hard met ’n breekyster (crowbar) oor die kop geslaan dat hy bloed opgegooi het.
Die voorval het plaasgevind toe drie inbrekers toegeslaan het op ’n bejaarde egpaar se huis in Bertie Meyer Singel, Minnebron.
Volgens die egpaar se 40-jarige seun, het sy ouers ongeveer 4.30vm wakker geword van ’n lawaai by die agterdeur.
“My pa (65) het gaan ondersoek instel en gesien dat die agterdeur en veiligheidshek oopgebreek was.”
“My ouers het die SAPD, wat redelik gou opgedaag het, gekontak en die lede het die erf en die huis deursoek, maar daar was geen teken van die inbrekers nie.”
Volgens die seun het sy pa homself daarna gereed gekry vir werk en was hy om 5.30vm in die kombuis besig om sy ontbyt te eet.
“My pa is heeltemal onkant betrap toe drie mans by die agterdeur ingebars het.”
“Een het hom dadelik hard met ’n breekyster oor die kop geslaan.”
“My pa is daarna na die sitkamer geneem waar sy hande met die telefoon se draad vasgebind is.”
“Een van die inbrekers het na my ma, wat nog geslaap het, se kamer gegaan en haar beveel om uit die bed te klim.”
“Sy is ook na die sitkamer geneem waar haar hande en voete vasgebind is.”
“Een van die mans het by my ouers gebly terwyl die ander twee waardevolle items asook elektriese ware op my ouers se Corsa bakkie gelaai het.”
“My ma moes vir hulle sê waar die sleutels van die voertuig en die hek is en hulle is vort met die bakkie en die gesteelde goed,” het hul seun vertel.
“My ma kon daarin slaag om haar hande en voete los te maak, waarna sy na buite gegaan het.”
“Bure van hulle was op pad werk toe en sy kon hulle selfoon gebruik aangesien my ouers se fone ook gesteel is.”
Die huiseienaar is na ’n plaaslike hospitaal geneem en is later oorgeplaas na die neurologiese eenheid van ’n hospitaal in Benoni.
“My pa het harsingskudding opgedoen en moes ook steke aan sy kop kry om die wond te heg.”
“Dit gaan beter met hom alhoewel hy ook sukkel met die gehoor in sy een oor.”
Die voorval word deur die SAPD ondersoek.
• Die name van die slagoffers asook hul seun is bekend, maar word om veiligheidsredes nie gepubliseer nie.

http://brakpanherald.co.za/137728/inbrekers-slaan-bejaarde-so-hard-dat-hy-bloed-opgooi/?utm_content=bufferef8d1&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=buffer