Showing posts with label Plaasmoorde. Show all posts
Showing posts with label Plaasmoorde. Show all posts

Wednesday, August 30, 2017

Versoek vir oomblik van stilte vir vermoorde Limpopo-egpaar met bespotting en gelag begroet

2017-08-29

Marcelle Maritz
Slegs die VF Plus het ʼn versoek vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar gedurende ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane / Potgietersrus) gerig en is uitgejou, het Marcelle Maritz, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit en leier van die VF Plus in Limpopo, Dinsdag gesê.
Maritz het die versoek gedurende ʼn gewone vergadering van die munisipale raad gerig na ʼn oomblik van stilte vir dr. Thla Thla toegestaan is.
“Piet en Tilla van Zyl, ʼn bekende renosterboer en sy vrou en bekendes in die gemeenskap is op 20 Augustus op hul plaas in die Immerpan-distrik vermoor.
“Die reaksie van die ander politieke partye het my tot in my diepste wese geskok. Die EFF-raadslede het my uitgejou en van die ander raadslede het selfs gelag. Daar is so ʼn groot bohaai opgeskop omdat ek vir ʼn oomblik van stilte vir slagoffers van ʼn grusame moord gevra het, dat ek die menslikheid van sommige van die raadslede betwyfel,” het Maritz gesê.
“Geen ander party het my versoek ondersteun nie.
“Die VF Plus veroordeel grusame aanvalle op ons land se boere en hul werkers ten sterkste.
“Ons veroordeel ook ander politieke partye se argelose houding jeens hierdie geweldige probleem wat elke landsburger hetsy direk of indirek raak.
“Ons is veronderstel om ʼn voorbeeld stel, daarom is die optrede deur die Mogalkwena-raadslede skokkend en uiters kommerwekkend, het Maritz gesê.

Kontaknommer: 078 617 8682
http://www.vfplus.org.za/media-releases/versoek-vir-oomblik-van-stilte-vir-vermoorde-limpopo-egpaar-met-bespotting-en-gelag-begroet


Afgryse oor moord op Van Zyl-egpaar
Gewapende wagte wat die plaas en huis nag en dag patrolleer het Son­dag­oggend vir Jurgens van Zyl laat weet dat hulle onraad vermoed waarna hy later op sy ouers, Piet en Tilla van Zyl, se lyke afgekom het.
“Die egpaar is Sondag­oggend vroeg in hul slaapkamer in die huis op hul plaas in die Immerpan-gebied tussen Roedtan, Zebediela en Mokopane, deur vermoedelik vyf mans oorrompel wat toegang tot die huis verkry het deur eers die agterdeur en daarna hul slaapkamerdeur af te breek. Piet is vyf keer met ‘n 9 mm Parabellum pistool geskiet en Tilla een keer,” sê ‘n familiebron.
Die Heritage Protection Group (HPG), ‘n misdaadbestrydingsorganisasie, het die moordenaars se spore tot by die Zebediela-teerpad gevolg waar dit doodgeloop het en hulle waarskynlik opgelaai is.
Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê dat niemand nog in hegtenis geneem is nie, maar het bevestig dat die polisie in Zebediela besig is met ‘n omvang­ryke soektog na ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes en dat twee moordsake en ‘n saak van huisroof tans ondersoek word.
“Die egpaar is in hul slaap in hul kamer op die Kalkpoort Wildsplaas oorval en albei is met wapens aangehou. Die huis is geplunder en hulle is in die proses doodgeskiet en waarna die moordenaars op die vlug geslaan het. Hul liggame is die oggend om 09:00 deur familie gevind.”
Dit is volgens die polisie nog onduidelik wat alles gesteel is omdat die huis steeds vir leidrade en vermiste goedere gefynkam word.
Piet het benewens die saai-, bees- en wildboerdery ook besighede besit, maar was passievol oor sy renosters. Hy het in die verlede swaar onder renosterstropers deurgeloop en al die renosters onthoring in ‘n poging om hulle te red, maar het in ‘n stadium gesê: “Die stro­pers is so arrogant dat hul steeds die renosters om die lewe bring. Ek gee moed op, dit kan nie so aangaan nie.” Daarna het hy die renosters suksesvol na ‘n ander heenkome verskuif.
“Die tragiese nuus is hartverskeurend vir my, vriende en familie, maar ook vir die gemeenskap omdat Tilla en Piet so ‘n groot impak gemaak het en soveel mense gehelp het. So onlangs soos Vrouedag was ek saam met hulle by ‘n fondinsamelingsfunksie by Mokopane Dienssentrum vir Bejaardes as deel van die Kierie­klapperfees,” sê Urma Prinsloo van Mokopane wat 37 jaar ‘n vriendin van Tilla was. Prinsloo sê Tilla se hart was oop vir alles en almal en het altyd tyd vir mense, veral die wat swaarkry, gemaak. “Sy was vol liefde, die sout en goud van die aarde. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie en sy was by verskeie diensorganisasies op die dorp betrokke waar sy ‘n groot rol met funksies en geldinsamelingsgeleenthede gespeel het. Kansa het haar ook na aan die hart gelê.”
Pieter van Niekerk, ‘n familie­vriend van 40 jaar sê: “Piet was nie die maklikste mens nie, maar reguit en iemand waarop jy altyd kon staatmaak.”
Hulle het ook twee dogters, waarvan een in Amerika woon, en vyf kleinkinders. Tilla se ma leef nog en albei het ‘n broer.
Die Van Zyls was baie veilig­heidsbewus en altyd paraat volgens kennisse.
Ngoepe het ‘n dringende be­roep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting wat tot die inhegtenisname van die moordenaars kan lei, na vore te kom. Skakel lt kol Sekanka by 082 565 8505, die naaste polisiestasie of die misdaadnoodlyn by 086 001 0111.
Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>> observer.elna@gmail.com
http://www.observer.co.za/afgryse-oor-moord-op-van-zyl-egpaar/

Meer bekend oor Roedtan-plaasaanval; verdagtes steeds soek


Argieffoto: Lorraine Claasen
Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog na ʼn groep verdagtes van stapel gestuur ná die moord op ʼn bejaarde egpaar op hul plaas vroeg Sondagoggend.
Maroela Media het vroeër berig Piet en Tilla van Zyl is Sondagoggend dood op hul plaas in dié provinsie aangetref.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur in die oggendure afgebreek en hulle oorrompel.
“Die verdagtes het hulle aangehou met pistole en die huis geplunder,” sê Ngoepe.
Hy sê die verdagtes het kort voordat hulle gevlug het die Van Zyl-egpaar doodgeskiet.
ʼn Familielid het hul liggame glo omstreeks 09:00 in die huis aangetref en die polisie ontbied.
“In dié stadium is dit nog nie duidelik wat in die voorval gebuit is nie, maar die polisie-ondersoek duur voort en meer inligting sal weldra bekend gemaak word.”
Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ngoepe het gesê enigeen met meer inligting word gevra om die polisie by te staan deur lt.kol. Sekanka te bel by 082 565 8505. Enigeen met meer inligting kan ook die misdaadnoodlyn bel by 086 001 0111.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/meer-bekend-oor-roedtan-plaasaanval-verdagtes-steeds-soek/

Monday, August 15, 2016

Die opgradering van die Witkruismonument vind plaas die 30 September - 1 Oktober 2016. Daar gaan weer n optog wees soos soos altyd, maar kom ons gaan groter die jaar. Bring jou tent en kamp saam die 30ste September 2016, bo by die kruise. Die Vrydagaand doen ons weer die beligting. Almal wat moontlik kan of wil help asb ons het julle nodig. Bring jou sambreel, en stoel saam vir Saterdag. Persone wat reeds kruise ontvang het, is welkom om n kransie saam te bring, asook die wat reeds kruise ontvang het. Vir die optog het ons, "bikers" nodig wat die stoet sal lei na die kruise toe. Ek wil weer n beroep doen op almal, om hierdie opgradering nie te mis nie. Dit is ons mense se kruise wat daar geplant is, boere, vroue en kinders wat onnodig moes sterf, in n aanval. Persone wat belangstel om my te kontak, kan my skakel by 0604146129, of epos by tabita.fourie7@gmail.com. Bespreek vroegtydig. Persone wat ook belangstel om stalletjies te he, vir die dag, moet net vroegtydig dit reel.
Kom ons maak dit die jaar 2000 persone teenwoordig. Ek weet dat die ANC baie graag deel wil wees van die Witkruismonument, maar sorry hulle kan en mag nie. Dit is n Witkruismonument, en nie n reenboog monument nie.
Die aand wat ons die kruise verlig,wil ek vra dat elkeen wat nie daar kan wees nie, eer betoon aan die persone wat gesterf het in n plaasaanval, of in n dorp, deur n kers aan te steek waar dit sigbaar sal wees vir ander om te sien. Die aand as die kruise verlig word, is n gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Dit is n tyd om stil te raak, en dan kan jy nie anders as om te dink aan elkeen wie se kruise ons reeds geplant het, en waardeur daardie persone is. Sodra die kruise verlig is, sal ons n minuut stilte he, vir daardie families en vriende, wat treur oor hul geliefdes, asook vir die wie se kruise daar geplant is. Die saterdag wil ek vra, ry weer asb met jou voertuig se hoofligte aan, asook jou noodligte, en maak ook n kruis op jou voertuig se ruit. As jy n vlag wil saambring, is jy welkom. Dit kan in die optog oppad na die kruise toe gebruik word. Organisasies wat wil deel wees van die naweek is welkom. Bring ook wit ballonne saam, ons wil dit graag los by die kruise die dag. Plakkate is welkom.

Facebook: Tabita
https://m.facebook.com/Tabita-127079737409824/

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054594111325044&id=127079737409824
-------
Misdaad is ons almal se probleem, so ook plaasmoorde en aanvalle. Dit kies nie op grond van kleur nie, dit soek nie die rykes tussen die armes uit nie, en dit vra ook nie vir wie jy gestem het nie. Nog minder steur dit hom aan ouderdom. Babas en oumense word lankal nie meer gespaar nie. Om nie eens van geslag te praat nie. "N koeel tref geen onderskeid nie". Tog is daar steeds mense in ons liewe bloedbevlekte land wat reken misdaad, en plaasmoorde is nie hul verantwoordelikheid nie. Hoe onverklaarbaar, onbegryplik, eienaardig, absurd en as dit enigsins snaaks kon wees: lagwekkend. Daar is seker blankes wie se families nog nie deur verkragting, moord, gewapende rooftogte, kapings uitmekaar geruk is nie. Ek se "nog nie" - want voordat elke landsburger nie besluit om misdaad en moorde sy of haar erns te maak nie, word die onvermydelike net vir n oomblik uitgestel. Waar was die res van Suid-Afrika met die kruise se opgradering in 2015? Toe n handjie vol mense opgeruk het na die kruise toe, om nuwe kruise te plant. Tog is daar mense, wat sommige Saterdae geen moeite ontsien om honderde kilometers ver te ry om op Loftus of Ellispark vir rugby te skree nie! Dis werklik jammer, en pateties dat die hele land nie die pyn en verdriet kon meemaak die dag nie. Blankes is nog nie ernstig genoeg oor plaasmoorde nie! Mag die wat nie daar was nie, hul kop in skaamte laat sak. Of sit en wag totdat plaasmoorde / misdaad met hulle gebeur. Plaasmoorde gaan nie net stop, omdat daar 200 mense by die kruise opgedaag het nie. Daardie 200 mense moet 2000 word

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1054406624677126&id=127079737409824